Bejaarde lê ure buite huis ná rooftog

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde vrou van Port Elizabeth het Donderdagoggend ure lank vasgebind buite haar huis gelê voordat ʼn tuinier op haar afgekom en haar te hulp gesnel het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die vrou, vermoedelik 78 jaar oud, is in die vroeë oggendure deur ses aanvallers in haar huis in ʼn kompleks in Lovemore Heights oorval en beroof.

“Die vrou het glo die aand televisie gekyk en in die woonkamer aan die slaap geraak. Sy het omstreeks 00:30 wakker geskrik van ʼn geluid toe ses verdagtes haar huis binnegekom het,” sê Janse van Rensburg.

“Twee verdagtes het by haar in die woonkamer gebly terwyl die ander vier die huis geplunder het. Die twee verdagtes het die vrou met ʼn mes gedreig en inligting geëis oor waar die kluis is. Daar was egter nie ʼn kluis in die huis nie en die verdagtes het haar vasgebind.”

Die ses het met elektroniese toerusting, juweliersware en ʼn sak vol persoonlike items gevlug.

Janse van Rensburg sê die vrou kon daarin slaag om steeds vasgebind na die kombuis en daarna na buite te kruip in ʼn poging om hulp te kry. Dit is egter eers toe ʼn tuinier in die kompleks ná 08:00 vanoggend haar hulpkrete gehoor het dat sy te hulp gesnel is.

Volgens Janse van Rensburg het die vrou geen ernstige beserings in die voorval opgedoen nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand wat die polisie van inligting kan voorsien om hulle in hul ondersoek te help, word versoek om kapt. Chris Rowan by 082 442 1457 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Genieve ·

Nee,nee nee nou raak dit baie erg iemand sal moet help met ons oumense asb help net

? leser ·

in ‘n kompleks, waar kom hulle in en waar gaan hulle uit dat niemand iets sien nie, bure is vinnig om my skelmpie te sien, maar wanneer dit by inbrekers kom, het niemand iets gesien nie

JohanL ·

In die geval grens die betrokke wooneenheid in die kompleks se grensmuur aan ‘n oop stuk grond – wat ek dink weliswaar deel van ‘n plot/plaas is. Daar is elektrifisering by die kompleks op al die grensmure – maar ja, ons weet mos nou ongelukkig skelms kom oor/verby dit. Dit is ongelukig so dat ‘n kompleks ook net soveel kan doen – dan is die onus op die individu om verdere maatreels te tref. En net so kan ons as individue ook net soveel doen.

Baie sterkte aan die vrou in haar herstelproses om na die emosionele trauma, aan te kan gaan met haar lewe.

Andreas ·

Mens is bedags ook geensins veilig nie. My vrou was twee dae gelede vir ‘n tyd uit, ek sit agter die rekenaar die oggend so tienuur se kant. Die volgende oomblik lui die voordeurklokkie by die onderste vlak, daar waar die ingang langs die garagedeure na die portaal gaan en ‘n stel trappe na die boonste vlak op loop.

Dit lê op die klokkie, lank, ek spring op en gaan kyk na die beeld van die CCTV wat na die voorkant van die huis gerig is op die monitor in die woonkamer. Daar staan twee manne, ‘n korterige wit outjie en ‘n effe langer swart persoon met ‘n drasak. Nie lank nie, pluk die wit een aan die voordeur, toe gaan kyk hy of die garagedeur gesluit is. Die die man is ernstig en baie moeilik. Ek wou nog op die balkon bokant die garage en voordeur uitgaan en daar van bo-af stem dikmaak, besluit daarteen.

Nou beloer ek weer die monitor en sien die twee is weg, toe gaan kyk ek by die sitkamer se venster uit en sien die swart persoon staan op die sypaadjie, maar die ander ou is weg. Iets beduie my die ou is oor die muur en erns langs die huis. Ek skakel die alarm sensors buite die huis aan, onmiddellik skree die sirene, toe ek weer kyk vlie die wit ou oor die muur en daar spaander die twee in die pad af. Die sekuriteitsmaatskappy was ook vinnig by.

Andreas ·

Ek het hierdie kommentaar gestuur, nie om simpatie nie, maar mense daarop te wys as die booswigte jou kan bykom, of jou huis betree, soos bv as ek die voordeur sou oopmaak, is dit nag. Dan het hulle jou van vlug, ‘n wapen of jou paniek na jou sekuriteit afgesny, dan is jy aan hul tyd en genade oorgelaat.

Teresa ·

Nou kyk nou dit vat 6 volwasse mans om 1 vrou wat skadeloos is aan te val en dit nog terwyl sy slaap (hoe lafhartig) – Ons moet bid mense en ons moet baie hart bid

Lynette ·

Beer, die tannie het mos gesien hoeveel was daar. Sy het die polisie vertel. Wat maak nie sin nie?

Anoniem ·

Ek bly op ‘n plot. Geen veiligheids heining of beams of sulke goed nie. Het ek ‘n ander opsie? Nee. Is ek bang? Ja. MAAR.. ek het geleer om te BID.

Ek bid elke aand en vra die Here om ‘n Engel met ‘n vlammende swaard vir my by die hek te plaas wat die plek kan oppas. Dat die Stem van Leeu van Juda Stam soos ‘n leeu se gebrul deur die geestesrealm sal weerklink dat die bose sal skrik en weghardloop. In kinderlike geloof bid ek tot God want op my eie is ek verlore.

Daar staan in die Bybel sonder geloof kan geen mens God behaag nie. Dis al wat ek kan doen. En dan .ek veilig. Natuurlik is ek waaksaam en hou deure en goed gesluit, maar my vertroue is in die God van Psalm91

MARYNA ·

Anoniem….jou geloof is niks sterker of groter as myne nie,dis louter GENADE dat jy nog niks oorgekom het nie…
Maandag 11h00…helder oordag…het my hond histeries begin blaf en vanwaar hy was bydi hek,kon ek niks gesien het nie.
OOK NIÉ beams,nie sekuriteitskamera’s of alarms nie…EN RAAI WAT EK BID SAG. 2:5 ÉLKE DAG OOR MY EN MY EIENDOM…en raai wat? TOE ek my motordeur OOPMAAK OM TE KYK WÁT AANGAAN…toe staan ñ yslike groot afrikaan REGVOOR mý…

Jaaaa…ek hét GEGIL soos n maervark en die man verjaag,JAAAA my sekuriteitshek was REEDS OPGELIG en ontspoor, ten spyte van,VEILIGHEID om dit te keer…

Goddank ekt,niks oorgekom nie, niks skade gehad nie…MAAR DIE HERE WAARSKU MY NÁ 20’jaar NÓÚ, KRÝ maar jou beams,kamera en ou alarmpie, satan is baie meer lustiger as wat ons vermoed…

Sonia ·

Ek bid op dieselfde manier – die Bybel sê In Hebreërs 1:14 engele is dienende geeste wat vir diens uitgestuur word terwille van dié wat die saligheid sal beërwe en ook op Ps 91:11 en 12 kan ons ons beroep. Dis al wat ons van ons kant kan doen – die res is in die Here se Hande

Delia ·

Sy het geen beserings opgedoen nie?????
Wat van die geweldige emosionele trauma..
Dit tel vir my as n besering.

Margaret ·

Ja, verseker! Partykeer is dit die erger deel van die besering.

GM ·

@Wonder- sekuriteitkomplekse beteken deesdae niks nie. Die kriminele trek dikwels in ‘n eenheid in, beroof ‘n paar huise, en trek dan net weer uit. Dis een van die metodes.
Menigte wagte laat ook enige iemand in en uit die kompleks beweeg, en hul tyd word op hul selfone spandeer. Ons het bv. ‘n stelsel waar besoekers jou bel en jy kan die hek vanaf jou foon oopmaak. Daarna kry jou besoeker ‘n kode om in te tik as hul wil uitgaan. As die kodes nie reg werk nie, sal die wagte sommer vir die mense die hek oopmaak sonder om die eienaar in kennis te stel, maar ons word verantwoordelik gehou vir ons gaste se doen en late.
Dis net van die probleme waarmee ons sit.

Cherokee ·

Ek het 6 weke gelede ‘n sekuriteitsgroep wat deur my aangestel is 10 jaar gelede (2009) afgedank met een maand kennis as gevolg van onvoldoende sekuriteit. ‘n Nuwe groep aangestel wat meer gevorderd is betreffende elektroniese fasiliteite. Julle betaal hul salarisse. Indien julle niks daaromtrent doen nie, sal dit nie verander nie. Neem aksie.

Pierre ·

6 van hulle teen 1 oue dame… sies skaam julle… Gemors.. !!!

Jozi ·

Dis ‘n kompleks, hoe gebeur dit vra sommige lesers.
Maklik! In baie gevalle woon die oortreders langs jou, bo jou of oorkant jou eenheid.
Ons het self begin van die jaar by ‘n luukse kompleks ingetrek, wonderlike sekuriteit, elke ding.
Leef lekker, voel veilig, loop in die aand buite rond, deure staan oop, want die ‘skelms” kan.mos nie inkom nie.
En daar breek “hulle” wraggies onlangs by ons bure in. Miďdel.van die nag, niemand hoor niks nie.
Dis hoe dit is – betaal deur jou nek om seker te maak jou gesin is veilig net om tot die wrede besef te kom ” hulle” is saam met ons aan die binnekant.

Bid&Waak ·

Dis goed om te bid. Maar die Bybel sê jy moet ook waak. Nou ek gee nie om, wat die geleerdes oor die Bybel vir my wil sê nie. Vir my beteken waak om jy en jou familie te probeer beskerm. In ons area het dit absoluut nag geword wat misdaad beteken. As jy nie ‘n afspraak het by my huis nie, kom jy nie verby my hek nie, ek gee nie om wie jy is nie. Ek kyk eers op my kamera wie se kind is jy. En ek gee nie om watter kleur jy is nie, ek skakel my veiligheids maatskappy onmiddelik as ek jou nie erken, of jy nie iets te make het by my huis nie. Of jy nou in ‘n ” Estate ” bly of jy in n’ kompleks woon, met wagte, die wagte word ” peanuts ” betaal, en sal nie skroom om vir die regte bedrag, iemand deur te laat nie, so diegene wat daar bly, het ‘n vals vorm van hoop dat hulle veilig is. Dis hartseer en jammer dat bejaardes altyd ‘n sagte teiken is. Ek is bly die dame is nie ernstig beseer nie. Jammer vir trauma wat die bejaarde dame moes deurgaan.

Sophia ·

Mense wat in komplekse bly raak baie mak! Ek bly self in een, en een van die reels is dat as jy in die kompleks ingaan of uitgaan, dan WAG jy totdat die hek weer toe is voordat jy ry. En hoeveel keer gebeur dit nie dat mense dit maar net ignoreer nie?! Ek het gistermiddag so teen sesuur van die werk afgekom en daar was twee anderkleuriges wat by die hek gestaan en wag het. Ek het ingegaan en ‘n entjie verder gestop (nie naby die hek nie) en die hek dopgehou. Hulle wou eers induik, maar het gesien ek gaan nerens voordat die hek weer toegaan nie. Hulle is toe daar weg.

VanAfrika ·

Ons sekuriteitshek maak dadelik agter jou motor toe. n Tweede kar kan jou nie volg nie, hulle moet n remote he om jou te volg. Die hek en glasdeur vir voetgangers maak bedags met jou selfoon oop en 10uur saans word dit met n ketting en slot gesluit. In die jaar en 6 maande wat ek daar bly het hulle 1 keer by iemand ingebreek en twee keer probeer inbreek. Ons het n sekureiteswag wat elke uur van die nag op die drie vlak stoep moet loop en inspekteur en by die brand blussers op elke vloer moet hy n n “device” by n slot in druk om te monitor dat hy sy rondtes doen. Die slot is reg by my deur en as ek nog wakker is hoor ek hom sy rondtes doen. Met die laaste inbreek probeerslag het hy die diewe gesien en soos n besetene agter hulle aangehardloop maar hulle is ongelukkig oor n 10ft muur. As iemand by die sekureiteits hek staan en hoeter blaas, kom wat wil hy sal nie dat hulle inkom tot hulle n sel nr het vir die persoon wat hulle moet kom haal nie, ek moet sê die mannetjie is nogal op en wakker.

anton ·

Nee wat, ek is 10 x meer veilig in my huis as wat mense dink hulle is in n sekuriteits kompleks of iets soortgelyks!!!
Die oomblik as die skelms saam met jou bly, beteken daai komplekse net mooi niks!!!

Andreas ·

‘n Persoon van ‘n sekurieteitsfrima in Nelspruit sê my vanoggend hulle hanteer gemiddeld 35 oproepe van inbrake weekliks. Daar is in die omgewing van 5 sulke maatskappye in Nelspruit, so mens kan raai hoeveel inbrake daar weekliks in totaal is. As mens dink hoeveel stede en dorpe daar in die land is, dan moet die aantal en totale waarde van items en goedere weekliks betrokke ‘n astronomiese bedrag beloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.