Bejaarde lig beseer toe trein bakkie tref

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn 70-jarige man het ligte beserings opgedoen toe ʼn trein teen sy bakkie gebots het in Bloemfontein in die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het naby Kerkstraat in Hamilton plaasgevind. “Met paramedici se aankoms op die toneel het ons twee erg beskadigde voertuie gevind.”

Volgens Meiring is die bejaarde man uit sy bakkie verwyder voor hy op die toneel behandeling ontvang het. Hy is na die Rosepark-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Meiring het gesê die bestuurder van die ander voertuig is nie in die ongeluk beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dave ·

Nou kon die treindrywer dan nie kyk waar hy ry nie! Seker weer deur ‘n onbevoegde bestuur. :-(

Dave ·

Nou kon die treindrywer nie kyk waar hy ry! Seker weer deur ‘n onbevoegde bestuur. :-(

Babs ·

Ek verstaan nou nie so lekker. Trein moes van die spoor geloop het om die bakkie te tref. Bestuurder van ander voertuig nie beseer – is dit nou die treindrywer ?

Drieks ·

Ek verstaan nie Dave. Geen trein stop ooit vir niks. Die motoris het ‘n fout hier gemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.