Bejaarde man in hof wat glo vrou vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Dieter Bergs (78) wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou Genee (70) in Maart vermoor het, het Donderdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn, het Netwerk24 berig.

Volgens die berig is die saak uitgestel tot Januarie 2015, aangesien die staat nog nie sy saak afgehandel het nie.

Bergs van Parktown-Noord in Johannesburg is in September vrygelaat op borgtog van R10 000.

IOL berig die polisie het aanvanklik gedink dit was ʼn huisbraak. Bergs het glo ʼn heupbesering opgedoen tydens die skietery, maar ondersoekbeamptes het later glo die patroondoppies en sy vuurwapen aan mekaar verbind. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Is hulle seker dis wat gebeur het? Kon die boewe nie die geweer gebruik het en dit neergegooi het en gehardloop het nie? Hoe word mens so naby aan 80 jaar en jaag dan sulke nonsies aan? Hoe lewe n mens so lank saam met iemand en dan doen jy dit aan haar? Wat wou hy op daai ouderdom doen; haar dood maak en al haar geld uitleef op reeds “emmerskop ouderdom” of op daai höegere ouderdom groener weivelde gaan soek as “mamma” uit die prentjie is. Kierie in die een hand en geweer in die ander, kan dit wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.