Bejaarde man in Krugersdorp-huis aangeval

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man in sy 80’s in ʼn in kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Woensdagoggend by sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand, met ʼn mes aangeval is.

Sers. Tshepiso Mashele, woordvoerder van die Krugersdorp-polisie, het aan Maroela Media gesê die man is omstreeks 07:30 in ʼn plas bloed in sy bed by sy huis in Beyersstraat in Krugersdorp-Wes aangetref. Hy het verskeie steekwonde opgedoen.

“Inligting oor die motief vir die grusame aanval en hoe laat dit plaasgevind het, is nog skraps en word ondersoek. Die slagoffer kon nog nie ondervra word nie omdat hy weens sy ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem is voordat polisiebeamptes met hom kon praat,” het Mashele gesê. Dit is nog nie duidelik of die man alleen in die huis was tydens die aanval nie.

Paramedici van Netcare 911 het die man op die toneel gestabiliseer, voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die Krugersdorp-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie by 011 951 1151 of Crime Stop by 08600 10111 te bel met enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan.

OPVOLG: Bejaarde sterf ná mesaanval in bed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa B ·

Hoe gewetenloos is die spul net nie. Om so wonderlike ouderdom te bereik en in jou eie”veilige” plekkie nou so wreed aangeval te moet word. Mens voel so magteloos. Geen wonder van die mense neem gereg in eie hande nie. Ek hoop en bid dat die oom heeltemal sal herstel.

Denise ·

Ag nee hoekom n weerlose mens so aanrand en wie gan betaal vir die hospitaal onkostes nee kyk dit raak nou T en die gemors gan net aan met hulle walglike dade!!! Sterkte aan die oom waar is die familie?

Maggie van Zyl ·

“N ou mens van oor die 70 / 80 kan nie meer terugbaklei nie. Hy is in sy kamer aangerand, dus weereens terwyl hy geslaap het. Dit is wanneer die lafaardsmeestal toeslaan. Hierdie gaan net om die Blankes uit te wis.. Genocide. As hy wou net wou inbreek en steel kon hy/hulle dit gedoen het sonder om te moor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.