Bejaarde man in Vanderbijlpark vermoor; vrou aangerand

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde egpaar is Saterdag helder oordag in hul huis in Vanderbijlpark oorval. Die man is vermoor en die vrou erg aangerand.

Ao. Simon Mafokazana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar is deur die loop van Saterdagoggend deur twee rowers in hul huis in De Foreststraat gekonfronteer, nadat die verdagtes ʼn venster gebreek het om toegang tot die huis te verkry.

Volgens Mafokazana het die rowers die vrou aangerand en in ʼn badkamer vasgebind voordat hulle haar man elders in die huis aangeval het. Hulle het die man verwurg en met enkele items uit die huis op die vlug geslaan.

Mafokazana het gesê die mans het vermoedelik nie vuurwapens by hulle gehad nie, maar kon nie bevestig of hulle wel ander wapens by hulle gedra het nie. Hy kon ook nie onmiddellik die name en ouderdomme van die slagoffers bekendmaak nie, maar het gesê die egpaar was in hul 70s.

Corne Cronje, AfriForum se veiligheidsvoorsitter in Vanderbijlpark, het aan Maroela Media gesê hy weet van die voorval, maar baie min inligting is tans beskikbaar. Volgens Cronje het die verdagtes selfone en R600 kontant uit die huis gesteel. Hy sê die vrou is glo in ʼn ernstige toestand.

Mafokazana het gesê ʼn saak van moord en huisbraak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa ·

Sterkte aan die familie. Mag die moordenaars spoedig gevang word en gevonnis word.

Cherokee ·

Andersom. Hulle is moordenaars deur en deur. Koelbloedige moordenaars. Moet dit nie probeer wegpraat nie.

Liewe heksie ·

Sapd te besig om gemors op university op te pas hoe gaan hul ooit n skelm vang ons land is van hero na zero sterkte aan family

Peet ·

Die enigste oplossing is verpligte doodstraf as jy enigiemand beroof met ‘n wapen. ..mes…pistol. ..etc en almal wat daarby betrokke is! Klaar!

Stev ·

Ek wil nie die doodstraf sien terug kom nie. Kan jy jouself vir een oomblik indink om daardie tipe mag in die hande van ons huidige Zanc te plaas. Intussentyd moet GPF in areas opgeskerp word en meer sigbaar wees. Mense, julle moet kyk na veligheid om julle huise, bewapen jouself en word ‘n kenner van die wette, wees altyd op die uitkyk (soos hulle in engels sê, “always be in a orange state of mind”). Dit is tyd om op te staan vir jou regte om te lewe.

Hierdie is baie hartseer om te lees, ou oom en ou tannie, iemand se geliefde oupa en ouma, iemand se geliefde pa en ma, iemand se geliefde familie. So wreed, so onnodig. Sterkte aan almal in hierdie familie, Mag die Here julle hande vashou deur hierdie moeilike tyd.

Ek wens ek kan sê wat gesê moet word….

Scalla ·

Moordenaars met of sonder wapens en dan teiken hul nog boonop sagte teikens, gewetenlose lafaards, sterkte aan die familie.

Victorious ·

Die skelms raak baie mak want hulle word nie gevang nie. Nou werk hulle sommer in die dag! Wat gaan aan met regering dat hulle Niks doen nie??????

Sylvia ·

Nee wat. Ons het mos nou DNA en ander baie gesofistikeerde metodes en deskundiges wat BO ENIGE TWYFEL kan bewys dat iemand waaragtig skuldig was aan opsetlike moord. Ja, daar moet altyd gekyk word na versagting . Maar as iemand waaragtig willens en wetens beplan het om iemand te vermoor tot sy eie voordeel, en soms nog onmenslik gemartel word, soos ons daagliks in die koerante lees, in veral in plaasmoorde, is daar net een ding wat sal werk. DOODSTRAF. Vir wat moet ons mense in die tronke lewenslank lewenslank onderhou? Dit kos ons land ‘n fortuin. Net na die eerste paar tergstellings, sal mense 2x begin dink. Dit moet net luidkeels aangekondig word. Moord sal steeds gepleeg word, maar ek glo dit sal baie vining minder word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.