Bejaarde man langs vrou vermoor

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

ʼn Bejaarde man van Johannesburg is Woensdagoggend langs sy vrou in hul bed met ‘n skerp voorwerp doodgesteek toe twee mans by hul kothuis ingebreek het.

Ao. Thomas De Bruyn, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 03:00 by ʼn huis in Sophiatown gebeur. Die egpaar woon in ʼn kothuis agter in hul dogter se erf. “Een van die vensters was glo op ʼn skrefie oop en die verdagtes het vermoedelik daardeur by die huis ingekom,” het hy gesê.

Die 71-jarige man is twee keer met ʼn skerp voorwerp, vermoedelik ‘n mes, gesteek en gewurg. Sy 73-jarige vrou is ook gewurg. Die verdagtes het daarna met ʼn televisie, DVD-speler en juwele op die vlug geslaan.

Die man is op die toneel dood. “Ons kan nie nou met sekerheid sê of hy aan die steekwonde beswyk het of verwurg is nie, maar ʼn nadoodse ondersoek sal die oorsaak bepaal,” het De Bruyn gesê.

Die vrou is na ʼn hospitaal gehaas. Dit is nie duidelik hoe ernstig haar beserings is nie.

De Bruyn kon nie die slagoffers se name bekendmaak totdat al hul familie in kennis gestel is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bart ·

Ja, ek WIL kru en kras praat…want die Volksmoord gaan aan en aan…! BARBARE!

annette duvenhage ·

En hoe lieg hulle nie oor die statestieke nie….

Debs ·

Christine, hulle is te veel van ‘n lafaard om alleen te gaan steel en moor….. moet mos altyd in ‘n groep gaan. Ek wens hulle word vining vasgetrek…. maar ja dis weereens ons nasie wat hier kortkom…..

Drieks ·

Elke nag as ek geluid hoor, dink ek dit is my beurt om vermoor te word.

Marian ·

Ons is ook woensdag 30 september 15 beroof in ons woonstel in Alberton tesun 12H00 en 5h00 ons darm niks oor gekom nie vele van besittings en kontand gesteel en toe gesluit in huis voertuig huis sleutels ook gevat

Hansie Slim ·

Watse Afrikaners bly Sophiatown? Ek vra maar want julle skrou volksmoord en so aan. Ek moet dankie sê vir almal wat kommentaar lewer elke dag. Dit sit ‘n glimlag op my bakkies elke dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.