Bejaarde man met AK47 betrap

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat ʼn AK47 en ammunisie in sy besit gevind is. Volgens die polisie is die man bejaard.

Die polisie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê beamptes van Pietermartizburg se openbare orde-eenheid het Maandagaand klopjagte in Msinga uitgevoer in ʼn poging om die verspreiding van onwettige vuurwapens in die provinsie hok te slaan.

“Beamptes het omstreeks 23:30 by die verdagte se huis ingestorm en op die vuurwapen en ammunisie afgekom,” het die polisie gesê. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en moet binnekort in die Msinga-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit is seker die geweer waarvan die giggilende Jacob so knaend sing wat deur sy kameraad gehak is.

CHRISTA ·

Die beste van als is- HULLE het al hierdie AK47 ingevoer!! Nou word dit op hulle vrinne, vrindinne en aanhangers gebruik!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.