Bejaarde man met doringdraad vasgebind tydens plaasaanval

Argieffoto: Maroela Media

ʼn Volskaalse soektog is Donderdagoggend van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat ʼn bejaarde egpaar op ʼn plaas in Mpumalanga aangeval en beroof het.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê alle veiligheidstrukture van AfriForum se plaaslike buurtwag in Machadodorp is omstreeks 08:00 in werking gestel toe die plaasaanval aangemeld is.

“Dries en Mariaan Schoeman is vermoedelik deur drie of vier mense op ʼn plaas tussen Waterval-Boven [Emgwenya] en Machadodorp [eNtokozweni] oorval. Ons weet nie presies hoe laat die voorval gebeur het nie. Dries is buite die huis aangetref waar hy glo met doringdraad aan ʼn houtpaal vasgebind was. Mariaan is in die huis gevind waar sy aangehou was,” het Müller.

Die egpaar is onder meer met ysters aangerand. Dries het vermoedelik skedelbreuk opgedoen en moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Nelspruit geneem word. Na wat verneem word, is hy in ʼn ernstige toestand. Mariaan is nie ernstig beseer nie, maar getraumatiseerd.

Dit is nog nie duidelik wat alles gesteel is nie, maar vier selfone is tydens die voorval gebuit.

Die polisie en AfriForum se Machadodorp-buurtwag en ander spanne is op die spoor van die verdagtes wat te voet gevlug het. Een van die verdagtes is vermoedelik ʼn voormalige werker op die plaas.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die Waterval-Boven-polisie ondersoek in dié stadium ʼn saak van huisroof.

“Inligting oor die voorval is nog min want die polisie kon nog nie die slagoffers behoorlik ondervra nie aangesien albei in die hospitaal is. Die vrou is ook hospitaal toe geneem om vir skok behandel te word. Die tyd van die aanval en hoeveel verdagtes betrokke was, word nog ondersoek,” het hy gesê.

Hy het gesê die polisie het wel verneem dat die vrou daarin kon slaag om haarself los te maak, waarna sy hulp ontbied het. Dit lyk ook of die huis geplunder is, maar dit is nie in dié stadium duidelik wat presies vermis word nie. Hy het gesê die vrou se ouderdom is onbekend. Die man is 70.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

zeno ·

Lafaards,kan nie een,een iets doen nie, want dan weet hulle,hulle gaan hul dinges sien.

jan van riebeeck ·

hulle gaan in elk geval hulle dinges sien wag maar , daai area is bekend as a plek waar jy nie moet moeilikheid soek nie , die boertjies daar is warm

Thea ·

En dit alles vir vier selfone…… geen woorde nie. Ons lewe is siek en niks word hieraan gedoen nie inteendeel dit word net erger. Hulle gaan ons almal uitmoor en die see injaag.

A** ·

wanneer gaan ons begin saam staan? soos altyd kla ons maar doen niks omtrent die saak nie..as almal kan saam staan kan ons beslis die geveg wen!!!!

Paul ·

Lees die berig aandagtig. Die vier selfone is wat bevestig is wat gesteel is, maar die huis is verder geplunder ook, maar daar is nog nie detail oor wat nog alles gesteel is nie.

Theresa ·

Lyk my misdaad raak nou aanloklik vir die vrouens ook. Tweede geval in ‘n kort ruk waar ‘n vrou by is. Baie sterkte aan die bejaardes. Wat ‘n verwronge mens doen so iets aan ‘n ander?!
Hoop jul sterk gou aan.

w ·

Hu lykit mense. Moet ons nie maar ons wend tot boendoehowe ni. Lyk of dit vrugte afwerp

Michael ·

Wie is die verdagtes wat die mense aanval gee beter beskrywing suid afrika is n diverse land met wit mense swart mense indiers ,chinese hoe moet mense in die omgewing weet waarna en vir wie om op die uitkyk te wees.

jan van riebeeck ·

sluit aan by jou afriforum buurtwag dan sal jy alles weet

Darryl ·

#Michael..Hulle sal nie sê nie..dis “race profiling”…rasisties…en watter snert nog..Maroela se hande is gebind..hulle lisensie sal summier opgeskort word, gelukkig is ons boere slim genoeg om die demografiese aanvallers te identifiseer….

Michael ·

Ek stem nie saam racial profiling is waneer n ras geteiken word en veralgemeen word verduidelik wat is verkeerd om te se die vier aanvallers was swart mans Malema se n ding soos dit is en ek respekteer hom daarvoor maar ons wit klompie is te bang om asem te haal wat nog van n ding sê soos dit is

Stephen. Namibia ·

Daar is baie lande wat SA Boere met oop arms sal ontvang. Suid Afrikaners moet hard en ernstig daaraan dink om ter wille van hulle kinders en kleinkinders se toekoms n heenkome elders te soek.
Dit is skrikwekkend om elke liewe dag te sien hoe plaas aanvalle op die witman toeneem.
Dit is niks anders as n georganiseerde poging om die witman uit SA te dryf nie.

Daar is geen toekoms meer vir die witman in SA nie. Wonder wat sal Julius doen sonder die “wit kapitaal” wat hom en miljoene ander aan die lewe hou.
Sy idiotiese uitlatings die afgelope week by die Eiendoms forum in Kaapstad laat mens sidder as jy dink hierdie persoon kan moontlik die volgende SA President wees. Moenie die krag van die jeug onderskat nie. Hier is waar sy grootste ondersteuners basis le.

Hy sal die land terugneem na die uitgediende Kommunistiese stelsel waar alles aan die Staat behoort met katastrofiese gevolge.

Ria ·

Huisroof???! Ag asseblief!! Dis n moordbende wat gaan om dood te maak!Dis poging tot moord!

Paul ·

As hul doel was om die mense dood te maak, hoekom het hulle dan nie? Die mense was hulpeloos, vasgebind, maar tog het die aanvallers hulle nie doodgemaak nie. Hoe kan jy dan sê hul doel was om dood te maak?

Ria 08 ·

Huisroof???! Ag asseblief!! Dis n moordbende wat gaan om dood te maak!Dis poging tot moord!

Johan. H. ·

Ek gaan nerens, hardloop julle maar as julle wil.. En hierdie selfbeskikking ,is nog groter bollie,, Hou op hardloop..Dink hoe maklik sal hulle ons oorrompel as ons almal in se maar oranje bly, Dink tog uit die boks, Ons is n doring in hul vlees omdat ons nie gekonsentreerd sit nie,,, Sluit aan by alle moontlike beweging wat jy kan , en sterk hul finansieel ,,, Stop om die lotte in testop al is dit met kombersies en krismis skoenboksies ens, Hulle wardeer dit ieg nie, Mm moet asb nie nou weer die werwyder nie,,tog

Paul ·

Hulle “ondersoek ‘n saak van huisroof”. Daar is nog nie aanklagte nie. Hoekom is daar nog nie aanklagtes nie? Want daar is nog nie mense geidentifiseer as verdagtes nie. Aanklagte kan slegs gebring word wanneer daar iemand is om dit teen te bring.
Indien die polisie verdagtes kry, sal hulle aangekla word van huisroof, en waarskynlik ook poging tot moord of aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit kom later.

Wilna Scholtz ·

Definitief poging tot moord. Do jammer vir die mense. Sterkte

Waarom ·

Hulle gaan nie gevang word nie, wat help dit in elke geval. Kom niks oor nie.

Wilna Scholtz ·

Definitief poging tot moord. So jammer vir die mense. Sterkte

Johan ·

Om ‘n vrou aan te rand man aan paal met doringdraad vas te maak en daar is geen poging tot moord nie, net huisroof….Pateties.!!!!!

Allan ·

Aanranding met ysters, skeutelbreuk, moet per helikopter na die hospitaal geneem word en is in ‘n erenstige toestand, maar dit word “HUISROOF” genoem.

Lyk my as jy blank is word dit “HUISROOF” genoem, en as jy anderskleurig word dit “POGING TOT MOORD” genoem.

Nou verstaan ek hoekom, volgens die polisie se jaarlikse “statistiek”, die moorde en aanrandings getalle afgeneem, maar “huis inbraak” toeneem.

Mooi SAP, ons is trots op julle onvermoë en “fake nuus (stellings)”

Wilna Scholtz ·

Definitief poging tot moord. So jammer vir die mense. Sterkte

Piet Skiet ·

Hierdie tipe aanvlle gaan nie vinnig of gou stop nie. Hoe vinniger ‘n burger oorlog in die land uitbreek hoe beter, die balans moet herstel word.

Dries ·

Dis wat die Nee-stemmers in ’92 reeds gesê het. Hier sit ons 25 jaar later. 3,000 Boere vermoor. Omtrent 1,200,000 van alle rasse vermoor. Miljoene verkrag. Staatsinstansies (Eskom, SAL, SAUK) in hulle moer.

‘n Burgeroorlog sou baie minder pynvol gewees het en SA sou reeds weer sterk oppad gewees het.

Ons leef in FW, Roelf, Kortbroek, Max, ens. se sg. “reënboog utopia”. – ‘n behoorlike mislukking. Die keiser staan behoorlik kaalgat en die son het reeds alles verkaiing wat onbetaamlik is!!

Alida ·

Ek het vroeer vdag kommentaar gelewer. Waar is dit? Omdat ek die winkel se naam genoem het waar selfone vir R150 verkoop word?

Alida ·

Maak dit saak wat die ras van die kriminele is. Het n blanke al ooit 2 ou mense met doringdraad vasgemaak vir n selfoon of enige van die barbaarse moorde gepleeg?

Letitia ·

Net n regstelling, die berig het n paar feite verkeerd. Ek was op die toneel. My oorlede man se ouers. My skoonma is gister middig deur n gewese werknemer aangeval, en vasgebind by die huis. Toe skoon pa daar kom is hy oorval toe hy haar besig was om die drade waarmee hy haar vasgebind het af te sny, hulle is na n bloekom bos buite die huis geneem en daar vasgebind. Vanogged kon my skoonmoeder los kom en hulp kry by die bure. Hy is per helikopter na Witbank geneem vir verdere behandeling. Die huis is geplunder. Hulle het die hele nag in die koue bos gele. Dit is die waarheid. Maroela Media kan met Kaptein Louw kontak maak in Waterval Boven

Allet Venter ·

Ek is so jammer. Dankie vir die waarheid. Ek hoop hulle herstel gou en volkome.
Sterkte

Charles Rossouw ·

Waneer hoor mens van blanke mans wat weerlose swart mense aanval in hul huise??? Nooit.

Alida ·

Charles ek wens hulle wil daai vraag in die parlement vi Zuma vra. Hoeveel blankes het al in troppe van 7 of 8 op bejaarde swart mense toegeslaan en hulle doodgemartel? Sal seker weer giggel soos n hienna.

SP ·

Daar is nie n misdaad soos huisroof nie,dis net die polisie se manier om misdaadstatistieke te verwater deur dit verskillende name te gee.

Thinus ·

Daar is gebeur te veel van die anvalle en die wat dit uitvoer is te goed voorbereid en toegerus om dit toe te skryf aan n paar opertuniste kriminele. Hulle kom met AK74’s en ander wapens, martel, moor, vat amper niks behalwe wapens nie en as hulle n voertuig vat los hulle dit oor die algemeen op n verlate plek. Hierdie voel soos n beplande tereuraksie wat bedoel is om die boere aan te hits on iets te doen sodat Zuma die verskoning sal he om sy “radikale transformasie” planne deur te stoom roller en dan land sonder vergoeding te vat, of dit nou n plaas of n erf is..

Des ·

Kommer wekkend om terug te gaan en te verneem 1: Hoe ongelooflik baie plaasanvalle daar op n daaglikse basis is, en 2: hoe daar met al die Plaasaanvalle in die laaste tyd sake van “huisroof” oopgemaak is. Geen wonder die regering erken nie die boere word geteiken nie, want “statistieke” dui bloot op “huisroof”. Wonder of dit opsetlik gedoen word om toe te smeer dat daar n komplot is teen die blanke boere?

Nita ·

Des, ek stem 100 persent met jou saam. Dis presies wat hier aangaan.

Johann ·

Die insette is gelees van bo na onder. HOEKOM moet die blankes hardloop en elders ‘n heenkome gaan soek. Snert. Dit is ONS plek die ook waarvoor daar hard baklei is en baie bloed gevloei het. Onthou die Vrouens het gese “Ons sal kaalvoet oor die Drakensberg loop” Dingaan het vir die Boere gese “Julle wapens buite die stat” Niemand het daar oorleef. Paar jaar terug moes ons wapens terughandig, is dit nie dieselfde Scenario. Gaan ons maar hande in die lug gooi en weggee waarvoor ons geveg, baklei, finansieel gebou en ondersteun het of sonder slag of stoot maar net vir hulle GEE.

John ·

Die lewe van Afrikaners was ongelooflik problematies na die Depressie toe duisende boeregesinne na die stede gestroom het en in armoede vasgevang was. Misdaad het hoogty gevier en arm boere is oorgesien vir werk terwyl uitlandse sakemanne met groot genoegdoening eerder anderskleuriges aangestel het, teen laer besoldiging natuurlik. Maar die wiel het gedraai soos hy immer doen. Alle plase in elke streek moet deur Afriforum geannaliseer word, van raad bedien word en ‘n veiligheids-/risiko-raamwerk opgestel word… as ons mense wil oorleef. Elke vreemdeling is deesdae ‘n potensiele draer van ‘pes’. Onthou die wiel draai steeds… en die huidige regime is nie die eienaar van hierdie planeet of kontinent of land nie… bloot die huidige heerser gebaseer op onverantwoordelike aanwas en wat duidelik die verkeerde aanhoudend aanblaas.

Wouter Brink ·

Alles het begin toe alles so maklik weg gegee is so hulle weet hulle kan net vat, aanrand en moor soos hulle wil, niks gebeur nie want hulle word nooit opgespoor nie. Ons land is in so groot gemors miskien moet ons ook doen wat hulle doen en kyk wat gebeur. Huisroof is die grootste snert wat die polisie kon aan dink maar ja dis mos so hulle kom weg met alles.
Dis tyd dat ons ook saamstaan en ophou kerm en kla oor wat gebeur en opstaan teen wat aan die gebeur is in ons land

Peet J ·

Ek woon op ‘n kleinhoewe en Donderdag oggend 2h 00 was by my stoor ingebreek so te sê al my gereedskap gesteel:- Elektriese sirkel tafelsaag, Twee boormasjiene, Twee hoekslypers, Mobiele kompressor, 12 volt voertuig battery , domkrag , hand sirkelsaag en skuurmasjien . Die onderstegedeelte van die slot is gebreek (potyster) en die staaldeur is oop forseer het nie assuransie sal nou maar al die items weer moet aanskaf.

SARIE VAN HEERDEN ·

Niks verbaas my meer nie want dis duidelik daar is skepsels met ‘n ekstra geen. Maak dood, vermink, verkrag, doen alles wat die gewone ordentlike geskape mens nie sal doen nie. Ons is NIE almal dieselfde nie al wil “die wat weet” ons herhaaldelik, daagliks daarvan probeer vertel. Net vertel want oortuig sal hulle nie regkry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.