Bejaarde man op kleinhoewe met swaard gesteek

Argieffoto: Maroela Media

ʼn 75-jarige man en sy vrou is Vrydagaand op ʼn kleinhoewe in die Bokfontein-omgewing buite Mooinooi in Noordwes aangeval en beroof.

Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media gesê die egpaar het reeds geslaap toe drie verdagtes, van wie een met ʼn swaard gewapen was, omstreeks 20:00 toegeslaan het.

“Toe die egpaar wakker word, het die drie verdagtes om hul bed gestaan. ʼn Gestotery het tussen die man en een van die verdagtes uitgebreek, waartydens die man met die swaard in sy hand gesteek is,” het Myburgh gesê.

Die verdagtes het met ʼn skootrekenaar en drie selfone op vlug geslaan. Die man is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Sy toestand is stabiel.

Die Mooinooi-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Irma ·

Iewers verstaan rk blykbaar iets nie. As die rede huisroof was het hulle hoegenaamd nie nodig gehad om die 2 bejaarde mense wakker te maak nie. Hulle kon die huis leeg gedra het, maar nee daar moet eers konfrontasie gesoek word voordat hulle items vat en daarmee vlug. Papier is darem geduldig !

Koos ·

Mens kan nie iemand beroof wat slaap nie . Roof impliseer jy neem iets met geweld af. As jy dit wegdra terwyl hy slaap word dit diefstal genoem.

Rickert ·

Koos – Goed en wel roof verwys na die feit dat iets met geweld afgevat word, dit is dus ‘n bejaarde man en die egpaar was eers gekonfronteer voordat die verdagtes die huis verlaat het. Om ‘n huis te betree met ‘n wapen soos ‘n “Swaard” en dus nie die wapen te gebruik vir selfverdediging nie en doelgerug die eienaars eers te konfronteer – wat op daardie stadium aan die slaap was – verwys na meer as net huisroof. Die bedoeling van geweld op plase en kleinhoewe is in die orde van die dag en ‘n werklikheid vir Suid-Afrikaners.

Ruan ·

Net huisroof? Die man is gesteek met n swaard… Dit lê meer na poging tot moord toe ook. Net God se genade dat hulle nie ernstig beseer is nie. ✝️

WitBlits ·

Net ‘n saak van huisroof word ondersoek!
Kom gewapen met ‘n swaard en val die oom aan.
Voeg asb by daardie aanklag poging van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, betreding en intimidasie!
Dit was seker ‘n oom van die minderheidsgroep en daarom sal daar niks verder van kom nie, as die oom geskiet het sou hy seker ook maande in die tronk gesit het!
Seker maar hoe dinge in Mooinooi werk……….

Andrea van Vuren ·

Die boewe gaan met ‘n waarskuwing loskom om maar weer te gaan moor en roof! Dis mos wat Malema wil hê!

Grassie ·

Die aanvalle op bejaarde witmense neem teen ‘n geweldige tempo toe. Ek wonder of dit so beplan is om paniek te saai en of dit bloot lafhartigheid is.

Potparra ·

Grassie ek dink dit word periferiese aanvalle genoem, waar die randgebied van die (wit) bevolking geteiken word voordat daar na binne beweeg word.

Fanie ·

Dis nie lafhartigheid nie dis burgeroorlog maar net hulle neem deel besig om al die blankes uit te moor

Nikita ·

n Oorlog zone….ek kan dit nie verstaan dat party mense nog so sorgvry lewe nie. Hulle was seker nog nooit gekaap, beroof of aangerand nie. Of hulle lees en kyk nie die nuus nie. Die dood kom soos n dief in die dag/nag….wanneer jy dit nie verwag nie. In meeste gevalle kom misdadigers (moordenaars) in groepe….net soos hyenas. Dis so ontstellend om te lees as daar weer iemand vermoor was. Ek wens diegene wat so sorgvry lewe, wil besef wat hier aangaan en baie meer paraat wees. Ons het veiligheidshekke in huis…twee….een in kombuiskosyn en ander een in gang voor die slaapkamers. By voordeur staalhek…slot bo, middel en onder…dieselfde by agterdeur se staalhek. Volle huisalarm & beams. Groot hond in huis, klein honde buite. Asseblief…die mense wat nog steeds dink dit kan nie met hulle gebeur nie…word wakker uit julle droomwereld…julle besef nog nie die werklikheid nie. Wees veilig.

D V ·

Mnr Ek wag wees rustig en moet nie opgewonder raak. Die aanvallers kom nooit 1 1 nie. Hulle kom altyd in getalle soos 3 tot vyf of meer. Hulle kom in oormag. Een man kan aleen nie teen hul veg nie. Jy gaan een óf twee aan vat maar dan is hulle op jou. Vra eeder vir skerming van God drie enig en wees paraat soos jy kan.

Liezl ·

Mooi so “ek wag” Jy klink reg vir aksie en baie paraat!!! Sterkte en laat weet hoe dit gaan ….ons wag ook

Tiaan ·

Liezl, ek hoop jy is ook gereed of sit jy in ‘n veilige land oorsee of in ‘n veiligheidskompleks?

Fotos op rekord ·

Versprei fotos, plaas op rekord asseblief. Ons moet begin argiewe opbou, dit gaan na die wereld toe.

Chris Ws ·

Die wereld lag vir ons.Dis juis die “wereld” wat die anc aan bewind help bring het.Sal hulle ons kom help teen die anc?Vergeet dit!
Kry jouself en familie paraat en skiet sonder om vrae te vra as hy /hulle binne jou huis is.

Beide reg ·

Wees gereed soos Chris sê, maar vertel die wereld ook. Die wereld is ‘n groot en diverse plek met baie sienings, daar is baie simpatie onder veral die middelklasse in Europa en Amerika.

jankoos ·

Hoe spreek jy n probleem aan as die media en regering weier om die feite bekend te maak oor wie verantwoordelik is vir die aanvalle

Andrea van Vuren ·

My kinders in Kanada weet baie meer as ons wat in die land aangaan. Sy vra dat ons hierdie gruwelike wandade aan familie en vriende oorsee moet stuur. Hulle sal sorg dat dit versprei word. Hier word ons deur die media geblok.

Tik tok tik tok ·

ASB mense Gaan soek Atlas 7 op Facebook op en gee jul deel daar Hulle is mense wat ons boere nodig het om te help en hul sit nie op die stoep nie Gaan luister na die man please Amen

Lindie ·

Ek kan Nie verstaan dat ons mense so rustig voort lewe Sonder alarms, veiligheid in en om jou huis Nie. Ek bly Nie eers op n plot of n Plaas Nie maar Ek het beams, door contactors n alarm. 3 sekuriteits hekke binne in my huis praat Nie eers van buite Nie. Ek en my gesin se kamers, toilet en badkamer is in die Middel verder hekke om ons dit lyk Soos n tronk in my huis. Ek bid tot ons Hemelse Vader Elke dag Vir beskerming en salf my huis binne en buite uit gereeld. As Ek winkels toe gaan loop Ek net met n bank kaartjie in my hand sal nooit durf met n handsak rond loop Nie. Dan loop Ek so en Kyk Vir mense hul Ry met oop Kar ruite, Geen veiligheid by hul huise Nie ens. Dan lees Ek die berigte van ons mense wat so vermoor word en dat die booswigte toegang tot die huis gekry deer net n venster te breek , nerens word ooit van gelees dat alarm of beams buite af gegaan het Nie so dit will se daar was Geen sekuriteit by die huise Nie. Is dit Dan net Ek wat die erns van die saak on te “survive” in Suid Afrika kop toe vat.

Donald ·

Nee jy is nie maar onthou baie mense is so gebreinspoel dat hulle nie die gevare sien nie. Hulle leef in reenboog lalla land. Tip die kar wagte gee aan die bedelaars by die robots. Skenk aan Mandela funds in plaas van om na n wit plakkerskamp te gaan weet seker nie eers daar bestaan sulke goed nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

So Lindie……jy dien ‘n lewenslange vonnis uit in jou self-geboude tronk waar jy die hoofbewaarder is, al die sleutels saam jou dra, en elke aand seker maak elkeen van jou gevangenis is veilig in hulle selle toegesluit vir die nag? Wat het jy gedoen om hierdie vonnis te verdien?

ES ·

Lindie, ek stem 100% saam met jou. Ons het self beams, alarms, veiligheidshekke ens. Ons ry nooit met ons vensters oop nie en ons probeer so paraat as moontlik wees. Ek sien te gereeld in die middae, as ek huis toe ry van die werk af hoe baie mense dit waag om met hul vensters heeltemal oop te ry. Veral verby Yeoville – Berea – Hillbrow gedeeltes. Ek is self amper 3 keer daar beroof, met toe vensters! Mense maak hulself slagoffers deur om nie die nodige voorsorgmaatreels te volg om hulself te beskerm nie.

Ai ·

Ai, Lindie, dit klink verskriklik. Voor ek so lewe, gaan ek liewer land uit. Klink na ‘n beter proposisie.

Pastoor ·

Nee Lindie jys versigtig. Ek bly ook in n tronk 3 veiligheidshekke. Tralies voor elke venster
Contact points beams en armed response. Buite elektriese heinings doringdraad 6 voet mure met rolle doringdraad bo op. Bid elke dag ps 91 en volle wapen rusting en die Bloed. Dit is hoe dit is. Die met oop erwe. Ek weet nie

AJ ·

Bewapen en verdedig jou SELF … niemand anders gaan jou help nie.
Die regering het reeds ‘ingeplof’ en het geen beheer nie. Dit gee gemeenskappe die geleentheid om self beheer te neem.
Werk saam met die bure en stig netwerke wat deur samewerking groot areas kan beveilig. As ons saamstaan kom ons verder as wat elkeen in sy eie klein hoekie probeer wegkruip.
Beplan veiligheidheidswoonbuurte rondom Afrikaanse skole en kerke. Koop die eiendomme en bestuur dit soos ‘n kibboets.
Produseer jou eie elektrisiteit, water en voedsel.
Doen onderlinge ruilhandel tussen Afrikaanse mense en besighede dan vermy jy 15% belasting!
MAAK PLANNE … hou op kerm en kla. Die buiteland voel vere!

Gys ·

Op meeste van die berigte word daar beweer dat die huis eienaars het wakker geword met die inbrekers om hulle bed of by hulle bed. Wanneer gaan die huis eienaars begin leer om hulle kamer deure te sluit. Dit gee jou die nodige tyd as hulle die deur begin afbreek om gereed te maak. Huis goed kan vervang word maar nie lewens nie.

Alida ·

Hier is weer baie raadgewers en slim mense vandag. Wees eerder dankbaar die mense is nie vermoor nie. Mense kies hul eie leefstyl. Dit was poging tot moord nie huisbraak nie.

Jannie ·

Dit help nie jy se jy is reg vir hulle as julle veiligheid nie reg is nie. “Mense”, Oom, Tannie, plaas eienaar, kry ‘n alarm stelsel wat jou vroegtydig waarsku, hoeveel keer lees ons dat die booswigte hulle kry in die slaapkamer. Dit beteken dat daar nie ‘n alarm of tekens was van veiligheid nie. Ons lewe in ‘n wereld waaar net die Here ons kan beskerm, die Polisie gaan dit nie doen nie. Miskien moet ons eerder kyk na ‘n vondsinsameling om ‘n Maatskappy te kry wat vir die eienaars ‘n alarm stelsel teen ‘n billike prys kan voorsien om hulle ten minste ‘n kaans kan gee om hulle in ‘n kamer og plek veilig kan maak tot tyd en wyl die sekereids maatskappy of hulp opdaag.

JSG ·

Stem saam. Met die kostes van ‘n alarm stelsel in ag geneem, is dit seker nie verbasend dat daar so baie ou mense geen alarm stelsels in hul wonings het. Hou van jou idee dat veiligheid maatskappye sulke mense moet borg, veral in hoë risiko gebiede.

Tiaan ·

Liezl, ek hoop jy is ook gereed of sit jy in ‘n veilige land oorsee of in ‘n veiligheidskompleks? Mense wat in goeie woongebiede of lande is of sterk veiligheidsmaatskappy beskerming het moet begrip ontwikkel vir die veiligheidsituasie van die gewone persoon en boere wat nie julle luukshede het nie, en nie mense hier aanval wat oor ons veiligheid bekommerd is nie.

Theresa ·

Stem saam, behalwe dat veiligheidskomplekse soms ‘n nes van misdaad binne huisves. Glad nie meer so veilig was wat dit moet wees nie.

Liezl ·

Oooh, hier kan ek vir jou antwoord. Ja, vir jou eerste vraag en nee vir jou tweede. Het ek begrip, ja 100%, want ek is net ‘n gewone mens op ‘n gewone plaas met ‘n gewone man as ‘n boer. Ek is lief vir dit waarvoor ons baie hard gewerk het, ek is lief vir my land en ek is bekommerd oor elkeen se veiligheid, dis hoekom ek hier is, dis hoekom ek kommentaar lewer. En as daar kommentaar is waarvan ek hou, sal ek dit beaam. Hopelik is jy ook vir ons en nie teen ons nie. Ons moet saamstaan Tiaan, dis al hoe ons hierdie sal kan bekamp. Ek weet nie wat jy bedoel met luukshede nie…..ons het ‘n verskriklike alarmstelsel en diefwering wat ons oor die jare bekom het, met ons eie geld. En ek is dankbaar dat ons dit wel kon doen. Dit is regtig nie so baie geld as jy net diefwering, en ‘n veiligheidshek by jou slaapkamer dalk het? Dit is ‘n begin.

Hanna ·

wanneer gaan die mense besef hulle moet klein hondjies aanhou, niemand sal naby ons bed kom met my 2 jack russels nie!1

Jannie ·

Hanna, Geen hondjie (klein) gaan jou beskerm as hulle reeds in die huis is nie, hulle kom so stil in dat jou hond dit nie eens hoor nie. Die een hond is nie diesefde as die ander een nie. As hy met ‘n geweer in die kamer staan, sal jou klein hondjie nie ‘n verskil maak nie. Alarm Alarm Alarm.

Anoniem ·

Ek is nuuskierig om te weet: het misdaad toegeneem in lande soos UK, Frankryk en Italië wat oorstroom word deur immigrante?

Anoniem ·

Stig n maatskappy wat bestuur kan word met die regte mense hoeveel mastskappye het alle ras wekers almal weet dan hoe alarms ingesit word en hoe dit werk maar beter nog doen dit self maar net my.opinie

Ernest Rossouw ·

SNAAKS……ek lees nêrens dat Witmense die oortreders is van hierdie misdade wat op plase en klenhoewes plaasvind nie…..ek wonder hoekom……sou dit diskriminasie wees..??

Liezl ·

Tiaan, ek sit hier in die WesKaap op ons plaas en in my eie veiligheidskompleks. Het genoeg geld spandeer aan sekuriteit. Hoekom vra jy my so baie vrae. Ons moet almal paraat wees. Ons moet saam staan, hopelik sal jy ook saam met ons staan? Of hoe? Hoekom so aanvallend?

Waarom alleen ·

Ek kry hierdie mense baie jammer, maar waarom op aarde bly ‘n 75 jarige man en sy vrou alleen op ‘n kleinhoewe? Ek weet daar moet nie iets soos aanvalle wees nie, maar mense moet ophou om naëef te wees. Hierdie dinge is ‘n werklikheid en ongelukkig deel van ons daaglikse bestaan. Natuurlik moet daar iets aan gedoen word, maar intussen moet mense seker maak dat hulle nie soft targets is nie.

Pieter ·

@Liesl, dit lyn asof Tiaan jou verkeerd verstaan maar asof hy wel aan jou kant is. Ek is baie bly jy tref voorsorg, hou so voort en ons moet almal saamstaan. Ek hoop alle lesers is ten alle tye gereed om aanvallers af te weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.