Bejaarde man op plaas oorval, beroof

(Foto: SA Polisie)

ʼn Aanvaller is nog soek ná ʼn bejaarde man vandeesweek op sy plaas buite Groblersdal in Limpopo oorval is. Hy is geïdentifiseer as Christof Kruger.

Kruger het Dinsdag omstreeks 17:30 van die dorp, waar hy ʼn werker afgelaai het, na die plaas teruggekeer. ʼn Man met ʼn klapmus en handskoene het hom oënskynlik ingewag en oorval. Sy hande en voete is glo met draad vasgebind en sy hand is onder meer beseer waar hy met ʼn panga geslaan is.

Dit is in dié stadium onduidelik presies hoeveel aanvallers betrokke was. Die moontlikheid dat nóg twee mans by die voorval betrokke was, word glo ook ondersoek.

Kruger is die huis binnegeneem, waar die aanvaller geld en die kluissleutels geëis het, het Marius Müller, AfriForum se nasionale operasionele koördineerder, gesê. Nadat Kruger gesê het hy het nie ʼn kluis nie, het die rower sy beursie met kontant, sy skootrekenaar en selfoon gebuit.

Hy is daarna na buite die huis geneem en glo aan ʼn boom vasgemaak, waarna die rower gereedskap geëis het om die sonpanele op die plaas los te kry. Hy het eindelik ook met altesaam ses van dié panele gevlug.

Kruger het homself omstreeks 19:15 losgewikkel gekry en hulp ontbied. Hy is nie ernstig beseer nie.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig oor die voorval en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Renee ·

Wanneer gaan ons saam staan dat die, dinge gestop word. Genoeg is nou genoeg.

HPV ·

Renee, dit is nie ons verantwoordelikheid maar wel die politici waarvoor ons almal gestem het. Plaas druk op jou politieke party om minder te praat en meer te doen.
Wat ons wel kan doen is om onsself te bewapen (wapen aan jou te dra) en terug te veg.

sweis ·

Tragies dit blyk dat hierdie omie wat op n plaas in suid afrika bly nie eers n wapen het nie waar was hy dan die afgelope 25 jaar op mars?

Titan ·

Iets in die berig maak nie sin nie, een aanvaller kan ontmoontlik nie op sy eie met 6 son panele, skootrekenaar en ‘n selfoon vlug nie. Definitief moes hy hulp gehad het, Misdadigers is in elk geval lafhartig om so ‘n roof op eie stoom aan te pak.

Staansaam ·

As jy op ʼn plaas in SA bly, en jy het nie die volgende in plek nie: wapen vir selfverdediging, alarmstelsel, opleiding in wapen hantering en selfverdediging, ens. die lys is lank, dan is dit ʼn kwessie van tyd, jy sal beroof of vermoor word, dis net ʼn kwessie van tyd. Sterkte aan die wat nog nie wakker geskrik het nie.

Staansaam ·

As jy op ʼn plaas in SA bly, en jy het nie die volgende in plek nie: wapen vir selfverdediging, alarmstelsel, opleiding in wapen hantering en selfverdediging, ens. die lys is lank, jy sal beroof of vermoor word, dis net ʼn kwessie van tyd. Sterkte aan die wat nog nie wakker geskrik het nie.

Staansaam ·

As jy op ʼn plaas in Suis-Afrika bly, en jy het nie die volgende in plek nie: wapen vir selfverdediging, alarmstelsel, opleiding in wapen hantering en selfverdediging, ens. die lys is lank, dan is dit ʼn kwessie van tyd, jy sal beroof of vermoor word, dis net ʼn kwessie van tyd. Sterkte aan die wat nog nie wakker geskrik het nie.

Boer ·

Staan saam, ek lees jou komentaar , en dit is die waarheid, maar dit is mos nie veronderstel om sò te wees nie. Niemand kan 24 uur van díe dag agter homself kyk nie. Iets moet gedoen word om ons wat op plase is te help, of iewers gaan n bom bars. Wil net sê, ek het alles wat jy genoem het in plek…..hoop dit is genoeg wanneer dit dalk volgende my beurt is

PJC ·

Ongelukkig moet jy uiters paraat wees in die nuwe SA anders word jy deel van die statistiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.