Bejaarde man se liggaam in rivier aangetref

Argieffoto

Die liggaam van ʼn bejaarde man, vermoedelik in sy 80’s, is Woensdag in ʼn rivier in Randpark in Johannesburg aangetref.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê plaaslike soek-en-reddingspanne is na die toneel ontbied nadat ʼn plaaslike inwoner die liggaam van die man in die water opgemerk het.

Volgens Siddall was lede van die soek-en-reddingspan reeds besig om die man se liggaam uit die rivier toe haal met die aankoms van ER24-nooddienste by die toneel.

“Paramedici kon nie onmiddellik vasstel hoe lank die man se liggaam al in die water was nie,” sê sy. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nié bekend nie. Dit is nie duidelik of die polisie in dié stadium enige gemene spel vermoed nie.

Die polisie het ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nita ·

Ek stem volkome saam. As n familielid van my verdwyn het. Wil ek nou mos weet of dit n wit of n swart mens is, voor ek Johannesburg toe jaag. Dis rerig verspot. Met misdaad ook ek wil weet of dit n wit boer of n swart boer is, wat vermoor is. Maar julle sien met die soort politieke korrekteid, is die res van die wereld glad nie bewus daarvan, dat baie meer wittes deur swartes vermoor word, as andersom nie.

Behalwe ·

Behalwe waar rassisme ter sprake is dan weet ons wie die sondaar is en wie die ‘human’ is. Dit werk ook slegs van ‘minderheid’ na ‘meerderheid’. Ek kry so skaam dat ek my houtpak wil aantrek . . .

SA Moordmuseum ·

Van die bietjie inligting salmons nie weet of dit gemene spel is nie maar dis nie on oontlik nie want SA is n moordkuil vir bejaardes en die wereld moet dit weet, daarom moet ons n moordmuseum soos die apartheidsmuseum skep sodat die wereld kan uitvind wat aangeen in hierdie ‘reenboognasie’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.