Bejaarde man sterf in KZN-brand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde man is Saterdagmiddag dood toe ʼn brand by ʼn woonstelgebou in Isipingo, ongeveer 20 km suid van Durban in KwaZulu-Natal, uitgebreek het.

“Die man het glo vorige beserings gehad wat sy bewegings beïnvloed het,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, gesê. “Hy het na bewering nie gou genoeg kon ontsnap toe die brand uitgebreek het nie.”

Volgens Rossouw het die man 100% brandwonde oor sy hele liggaam opgedoen en hy is op die toneel dood verklaar.

Die brand het by die woonstelblok in Citrusweg in Isipingo uitgebreek.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.