Bejaarde man sterf in raaiselagtige omstandighede

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Bisarre huisbrand het tot die dood van ʼn bejaarde man gelei terwyl ʼn bejaarde vrou ernstige brandwonde opgedoen het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:40 na die huis in Sury Aville, Newcastle in KwaZulu-Natal ontbied. “Met ons aankoms was daar geen teken van ʼn brand nie, maar omstanders het ons in die huis in geneem.”

Die brand het binne die huis plaasgevind en dit wou voorkom of dit al ʼn hele ruk geblus was. “’n Bejaarde man is op die kombuisvloer aangetref. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en dit het geblyk hy is al ʼn wyle lank dood.”

ʼn Bejaarde vrou is in die slaapkamer gevind. Sy het ernstige brandwonde aan haar bene opgedoen. “Sy was in ʼn toestand van skok en erge pyn. Volgens die vrou het die brand reeds Saterdag plaasgevind, maar is die nooddienste eers ontbied toe vriende by die huis opgedaag het.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Soos jy sê Lida, met sò min inligting kan jy niks meer as slegs jou skok daaroor uitspreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.