Bejaarde man sterf toe brand in huis uitbreek

Argieffoto. (Foto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP)

’n Vyf-en-sewentigjarige man het Woensdagmiddag aan sy beserings beswyk nadat ’n brand in sy huis in Rocklands, Bloemfontein, uitgebreek het. Hy is reeds op die toneel dood verklaar.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, was paramedici net voor 17:00 na die toneel ontbied. Die polisie en brandweer was toe al reeds op die toneel.

“Met die paramedici se aankoms op die toneel was die brand reeds geblus. Hulle het die bejaarde man in sy huis gevind. Hy was reeds dood,” vertel Van Huyssteen.

Volgens Van Huyssteen was die oorledene die enigste persoon in die huis tydens die voorval.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het ’n navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.