ʼn Paar vlugte van die laekostelugredery Mango is Woensdag vertraag nadat ʼn man gesterf het net nadat hy op die vliegtuig by OR Tambo Internasionale Lughawe geklim het.
“Die bejaarde man was ʼn passasier op Vlug JE241 wat om 06:30 na Durban sou vertrek,” het Hein Kaiser, woordvoerder van die lugredery, aan Maroela Media gesê. “Mango betuig sy medelye met die familie en vriende van ons gas.”
Die man het glo opgeklim en ineengestort. Paramedici het tevergeefs probeer om hom by te bring en hy is op die toneel dood verklaar.
Hart … of skok hoe die vliegtuig binne lyk?
Eben jou opmerking is ongevraagd en onsensitief.