Bejaarde man tydens huisroof geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde man is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy en sy vrou Vrydagaand in hul huis deur ʼn onbekende aantal gewapende rowers oorval en die man geskiet is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het gesê die voorval het in Wartburg, ongeveer 35 km vanaf Pietermaritzburg gebeur. Die rowers het die egpaar, vermoedelik in hul 70’s, met vuurwapens aangehou en hulle van juweliersware, ʼn skootrekenaar, televisie en twee voertuie beroof.

Volgens Mbele het die rowers die man geskiet voordat hulle op die vlug geslaan het.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die man het wonde aan sy hande en arms opgedoen. Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Een van die egpaar se motors wat gesteel is, is later verlate in Pietermaritzburg gevind, het Mbele gesê. ʼn Saak van huisroof word ondersoek en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Steeds verbaas ·

Waar is die saak van poging tot moord? Of die doel on ernstig te beseer? Onwettige hantering van n vuurwapen. O nee die polisie ondersoek huisroof.

Cherokee ·

Ag jong daai is net die berigskrywers se roetine-sinnetjie agter elke soortgelyke berig. Dit beteken nie noodwendig dat die poelieste sò agter is met wat aangaan nie.

Steeds verbaas ·

Cherokee dit is juis die probleem wat ek het. Die media maak dit vir die boosdoeners maklik omdat hul gruwel dade op koerantvoorblaaie gepaai word . Tyd dat die media die dade aanspreek vir wat dit is.

chris slabbert ·

Doodstraf refferendum asb. Glo my tronk is ni n afskrikmiddel vir hierdie druggies ni. More is hulle uit op parool!!! Hoeveel van die MINDERHEID is oor???

Genoeg ·

Ons moet belasting staak en selfbeskikking doen, die land wil Ons net uitmoor.

Karin Geyser ·

En die arne veiligheidswag wat in Centurion op rowers geskiet het word aangekla van poging tot moord na ‘n dwaal koeel ‘n kind in ‘n kar getref het?

Annemarie ·

Mense moet ophou om net internet ondersteuners van Vryheid te wees!! Staan op en doen iets daadwerklik! Waar was die blanke ondersteuners tydens die hofverrigtinge in Middelburg??? Nee!! Dis mos makliker om langs die kantlyn of in die sitkamer te sit en kommentaar lewer… Ons moet begin saamstaan en opstaan as en vir ons Volk se Vryheid!

Ashlee ·

Was jy daar Annemarie? Glo nie. En weereens maklik om te blaf of hoe girlfriend.

Moeg ·

Ag asb tog !!!!! Vir hoe lank dink die media en res van die brein dood leiers moet ons nog glo dat die aanhoudende aanslag op ons mense onder n “roof” mantel geplaas moet word ? Die realiteit is , hulle kom om te moor !!!! Maar as daar nou n rekenaar of n foon rondle vat ons hom ook maar .

Cherokee ·

Piket, die karre waarvoor jy nou blaf is ure gelede al verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.