Bejaarde man vas wat 7-jarige ‘verkrag’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 76-jarige man van Lilydale naby Bosbokrand in Mpumalanga het Maandag in die hof verskyn in verband met die verkragting van ʼn 7-jarige meisie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Vrydag deur die polisie vasgetrek. Volgens Hlathi het die beweerde verkragting aan die lig gekom toe familielede van die slagoffer vreemde gedrag by haar waargeneem en haar daaroor uitgevra het.

“Die meisie het aan haar familie gesê dat die verdagte haar verkrag het, voordat hy haar R2 gegee het en gesê het om niemand te vertel wat gebeur het nie. Die familie het dadelik die saak by die polisie aangemeld en die man is nog dieselfde dag in hegtenis geneem,” het Hlathi gesê.

Hy het gesê die saak is gister in die Mkhuhlu-landdroshof tot 12 Desember uitgestel wanneer die verdagte om borgtog sal aansoek doen. “Die polisie veroordeel ten sterkste sulke voorvalle waarin kinders verskriklike dade aangedoen word deur dieselfde mense wat veronderstel is om hulle te beskerm,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Pompies ·

As jy op ouderdom 76 beskuldig word van verkragting, hoeveel van hierdie dade het die persoon al gepleeg voordat iemand na te vore gekom het.
Geweld en misdaad teenoor vrouens en kinders verdien die swaarste straf.

Simon ·

Piet Pompies,
Wat van as die ou 45 was, sou hy dan geen krimineel wees nie maar op 76 dan wel? Hoe werk dit?
As iemand van 76 so n lang reeks van oortreding sou he soos jy nou vermoed na aanleiding van n ENKELE geval nogal – sou dit laaaankal uitgekom het.
Iemand van 76 is nie noodwendig seniel en/of n krimineel nie.
Hy is dieselfde as jy net ouer as jy.

Denise ·

Ek stem Piet Pompies dit is erg hoe kinders en vrouens mishandel en verkrag word dit is SKOKKEND !!!!!

eleanor ·

Hoekom is die woord verkrag in aanhalingstekens, redaksie? Kan ‘n sewejarige so iets fabriseer?

regtig! ·

Dit kan eers sonder hakkies staan as ‘n hof hom skuldig bevind het. Dit sou regtig woes gegaan het as daar verkragting na elke saak aangemeld gestaan het, party dames (asb nou nie ‘n dogtertjie van die ouderdom nie, hul kan dit nie fabriseer nie) maak sulke aantygings om iemand vir iets terug te kry. Die regstelsel beskerm die gewone mens van dit, die reg meot egter sy loop neem, so dan word dit verkragting sonder hakkies.

NetaQ ·

Haai oeeee rerig… Die polisie veroordeel ten sterkste sulke gevalle… SNERT MAN!!!!! Ek wens Maroela Media wil my kontak dat ek vir hulle kan vertel hoe ‘n wiskunde onderwyser wat op sexual grooming klag nog steeds op vrye voet is van Maart 2016 af. Snert!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.