Bejaarde man verdrink glo in gimnasiumswembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 73-jarige man het Donderdagoggend in die swembad van Westville Virgin Active in Durban vermoedelik verdrink.

Paramedici op die toneel het tevergeefs vir 45 minute probeer om die man by te bring nadat personeel in die gimnasium die man omstreeks 09:00 met sy gesig na onder in die swembad sien dryf het.

“Teen die tyd wat paramedici op die toneel opgedaag het, het die personeel hom reeds uit die water gehaal en was hulle besig om KPR [kardiopulmonêre resussitasie] toe te pas,” het Farrith Jamieson, woordvoerder van RescueCare, gesê. “Paramedici het by die personeel oorgeneem en gevorderde behandeling toegepas. Ongelukkig was alle pogings om hom by te bring onsuksesvol. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Virgin Active was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.