Bejaarde met hamer aangeval op kleinhoewe

Die aanvallers se wegkommotor is later in die gebied gekry maar die verdagtes was egter skoonveld. (Foto: Verskaf)

Waarskuwing: Die foto’s in die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Bejaarde man van Mooinooi in Noordwes en sy vriendin is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis op ʼn kleinhoewe in Bernardsvlei aangeval.

Boet Pienaar (89) en sy vriendin Jessie Lewis (57) is gedurende die aanval vasgebind en aangerand. Pienaar is ook met ʼn serp gewurg.

Jan Smith, ʼn raadslid van die VF Plus in die Madibeng-distrik, het Vrydag aan Maroela Media vertel Pienaar het vroeër dié aand beweging op die erf opgemerk waarna hy die plaaslike buurtwag ontbied het.

Die buurtwag het die kleinhoewe gefynkam waarna hulle later weer gery het toe hulle niks verdag opgemerk het nie, verduidelik Smith.

Pienaar en Lewis is toe weer terug in die huis in. Die twee was later aan die gesels toe Pienaar iets in die hoek van sy oog opmerk. Dit is toe dat hy drie aanvallers in die huis gewaar.

Dit is nie in die stadium duidelik hoe laat die aanvallers toegeslaan het nie. Smith vertel wel dat die aanvallers deur ʼn glasdeur toegang tot die huis verkry het.

Boet Pienaar in die hospitaal. (Foto: Verskaf)

Die aanvallers het Pienaar en Lewis gevolglik vasgebind waarna hulle op geld en vuurwapens aangedring het. Pienaar het gesê dat hy nie geld in die huis het nie waarna die aanvallers albei aangerand het. Pienaar is met ʼn hamer op sy arms en bene geslaan. Die aanvallers het ook ʼn serp om sy nek gedraai.

Volgens Smith het die aanvallers daarna op die vlug geslaan en die slagoffers kon daarin slaag om hulself los te wikkel en hulp te ontbied.

Die aanvallers se wegkommotor is later verlate in die gebied gevind. ʼn Motorfiets van Pienaar is ook in die veld gevind, sê Smith.

Pienaar se hond is ook deur die loop van die aand vergiftig.

Pienaar sterk tans aan in ʼn hospitaal in Brits. “Hy is oud, maar die oom is nog sterk,” voeg Smith by. “Emosioneel lyk hy goed onder die omstandighede.”

Hy sê verder die burgerregte-organisasie AfriForum sal Pienaar met berading bystaan.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof asook poging tot moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Die VF Plus veroordeel die voorval ten sterkste, het Smith afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Dries du Toit ·

Aggenee Hemel. Die duiwel is los in SA en dit traak die regering niks. Ons het nie beskermingsdienste nie. Cele is nie ons mense nie. Selfbeskiking is ons enigste uitweg al is dit hoe moeilik

KrokodilBotha ·

Mense wat nog dink die Polisie sal hul plig doen , Hallo, jou koffie is lankal koud. Dis nie meer 1988 nie. Begin na jou eie veiligheid kyk.

Anni ·

Hu mut di polisie nou na almal se veiligheid om sien???????? Ek verstaan ni, dis di ANC regering Wat verantwoordelik is vir Al hierdi bollie in di land. Dis hulle Wat als maklik en lekker maak vir die skelms, MOORDENAARS!!!!!!!!!! DI mense het mos buurtwag gebel, ni di polisie ni

Dries du Toit ·

Krokodil. Kinders en ou mense kan nie na hul eie veiligheid kyk nie. Dit is JOU en my plig ou maat. Daarvoor het ons ons eie regering en grondgebied

Nettie ·

@Dries du Toit – het jy die berigte oor “Eureka” gevolg? Nou wat laat jou dink ‘n self-regeerde staat sal deur die ANC-regering toegelaat word???

KaterinaKat ·

Nettie ek stem saam.Hulle sal dit nooit maar Nooit toelaat nie. Die enigste opsie is dat boere n paar huisies op elke plaas aanbring, so 5, dat daar klein gehuggies kan wees vir witmense. Se maar so 20-25 mense. Keep it low profile, small, on the lowdown..so sal ten minste sommige mense kan oorleef, miskien. Op groter skaal gaan dit die regering se aandag trek. Dis al raad waaraan ek ka dink. Dit sal ten minste sommige van ons veiliger hou.

KaterinaKat ·

Ek hoef nie te se hoe gewalg ek is deur hierdie aanval nie. That is a matter of course. Wat ek wel wil se is dit: Mense, begin om glasdeure uit te faseer uit alle geboue waarin jy woon. Ons moet begin besef dat ons in n oorlogsone moet probeer oorleef. En ons witmense veral. We are trapped behind enemy lines. Ons moet enige en alle voorsorgmaatreels tref. Ons moet so veilig as moontlik lewe, wat hier in die helhool beteken ons moet in huise soos forte leef. Our old way of life is lost and gone. We are living in a war zone. Live in bunkers and fortresses, not in glass houses and open spaces.

Helena. ·

Ek moet net iets sê..sal probeer om nie te vloek nie want dis nie in my aard nie.. DIE LAE KLOMP GEMORS..LAFAARDS..kan net onskuldige ou mense aanrand..dis afgryslik en onmenslik..wat ek nog wil sê kan maar on gesê bly..

Philip ·

Nee wat moet ‘n mens nog sê. Dis afgryslik en hierdie aanvalle word nie eers afgekeur deur die regering nie maar as dit hulle raak dan is die hel los. Dis alles polities en uitmoor en nie roof en plunder nie. Lg is bysaak om net die aandag vd moord en doodslag af te trek.

Dries du Toit ·

Nettie ons kan mos nie van die ANC enige iets verwag wat goed is nie. Kan ons ?? As die blankes saamstaan en ons kan getel word as n volk gaan ons druk op die ANC sit namens n volk. Is jy bewus van die feit dat ons grondwet voorsiening maak vir selfbeskikking van volke. Dit is ook n reg wat erken word as n reg deur die Wereld. Die VF+ en Afriforum is deurgans besig om ondersteuning vir ons reg om onsself te regeer aan die wereld te verkry. Die probleem is solank ons gesetel is in verskeie politieke partye wat hierdie selfbeskikking teenstaan gaan die wereld nie na ons luister nie

Dries du Toit ·

Nettie lees die artikel verder aan van Solidariteit in Flaandere

Tina ·

Klomp lafaards. Val ‘n oompie van 88 jaar oud aan. Liewe Vader, waar gaan dit stop. Dit gaan nou mal hier om ons. Oom Boet, Tannie Jessie, jul is ons gebede.

Frans ·

Die regering is nie bevoeg om misdaad en geweld te bestry nie, want hulle weet nie hoe nie. Ou mense word aangerand, want hulle aanhangers kan nie teenstand hanteer nie. Dit sê baie van ons regering se integriteit en denkwyse. Die aanrand van weerlose ou mense is hulle persepsie van sukses. Dit dui op ‘n baie lae vlak van insig, intellek, tekort aan selfvertroue, wanpersepsie van gesag, geen gewete of enige vorm van geregtigheid nie. Misdaad en geweld is hulle misie. Besef nie impak op toekoms nie. Leef net vir die dag van môre sonder enige toekomsvisie. So hartseer omdat alle rassegroepe onder die leuen leef en “opkyk” na nuttelose leiers wat geen simpatie openbaar nie.

madels ·

Dit was eintlik nie baie wys van die buurtwag om so gou te gery het nie want die Oom en sy vriendin het dan nog gesit en gesels toe hydie aanvallers binne sy huis gewaar het. Miskien moes hulle bietjie langer vertoef het. Die Oom het sy plig gedoen om die buurtwag in kennis te stel dat hy beweging op sy plaas gewaar het. Dis skrikwekkend dat die vuil aanvallers gevlug het, NET OM weer terug te kom en die arme twee oumense so erg aan te rand. Mag hierdie Oom en sy vriendin vinnig gesond word.

Tienie ·

Ek hoop regtig hierdie fotos bereik die buiteland! Is daar n aksieplan teen hierdie tipe geweld?? Nee! Ons is in hierdie gemors alleen en ons moet onsself toerus met God se Woord en vir beskerming bid oor ons huis en familie! Sterkte aan dié twee bejaardes.

Jc ·

Tyd dat die kommando’s weer ingestel word om plase te beveilig.
Vandat hulle gesluit is gebeur die rooftogte en moorde op plase.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.