Bejaarde met mes gesteek in Kirkwood-plaasaanval

Argieffoto: Nico Strydom

’n 83-jarige man is beseer toe vyf mans hom en sy 80-jarige vrou Sondag in hul plaashuis in die Kirkwood-omgewing in die Oos-Kaap met messe oorval het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die vyf mans het omstreeks 09:00 die plaashuis met messe ingestorm. Die plaas is in die Malmaison-omgewing naby Kirkwood geleë.

Die mans het die bejaarde egpaar oorval en die man in sy regterarm gesteek.

“Hulle het ’n vuurwapen en ammunisie uit die kluis gebuit. Hulle het ook verskeie huishoudelike items gevat en laat spaander,” sê Nkohli.

Die bejaarde man is op die toneel behandel. Sy vrou was ongedeerd.

“’n Saak van huisroof is aanhangig gemaak.”

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan die ondersoekbeampte, kapt. Freddie Moss, by 082 319 9227 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

LAFAARDS!! Kom altyd in groot groepe om weerlose ou mense aan te val. Daar sit beslis iemand agter al hierdie plaas aanvalle

Plaaskind

Net ‘n saak van huisroof? Die land se wette en regstelsel beskerm darem net die boosdoeners.

Onnie

Erg as dit met jou eie familie gebeur. Volgens hulle het verskeie van die verdagtes deur die loop vd week kom “werk soek” of hulle self voorgedoen as “plantkundiges” wat opsoek is na spesifieke plante wat op die plaas groei. Daar word vermoed dat hulle Zimbabwiërs is.
Dank die Vader hulle lewe. Sterkte Oom Jannie en tannie Anna Potgieter. 2 mense wat reeds kanker en ander ernstige siektes oorkom het, maar nou in hul 80’s moet veg vir hul lewe op hul plaas wat hulle met bloed en sweet opgebou het tot wat dit vandag is.

Stefaan

Volgens sosiale media het al die verdagtes in ‘n motor ongeluk omgekom

Persheks Adri

Hulle kom altyd in ‘n “pack” weet jy! Dis nie huisroof nie dis verdomde poging tot moord!