Bejaarde met middel ingespuit, vasgebind en beroof

Argieffoto

ʼn Bejaarde vrou van Springs in Gauteng is van ʼn groot bedrag geld beroof nadat sy in haar huis oorval en met ʼn onbekende middel ingespuit is.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Dinsdagaand omstreeks 21:30 in Snymanlaan plaasgevind.

“Die 75-jarige vrou is in haar blyplek deur onbekende verdagtes oorval wat haar met ʼn middel ingespuit het. Hulle het haar met ʼn tou vasgebind, waarna sy haar bewussyn verloor en hulle haar op haar bed neergelê het,” het Tshilate gesê.

Die verdagtes het die vrou se huis geplunder en met ʼn groot bedrag geld gevlug. “Die vrou het die geld uit ʼn belegging getrek om ʼn huis kontant te koop nadat sy haar vorige huis verkoop het. Sy was alleen tydens die voorval. ʼn Jong Zimbabwiese vrou wat by haar gebly het, was nie daardie aand by die huis nie.”

Die Springs-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Genl.maj. Girly Mumsy Mbele, bevelvoerder van die Ekurhuleni-Oos-polisiëringsgebied het inwoners gewaarsku om nie groot bedrae geld te onttrek en by hul huise te hou nie.

Enigiemand met enige inligting rakende die voorval, word versoek om hul naaste polisiestasie te kontak of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

gawie ·

Genade hierdie diewe raak nou gesofistikeerd. Hulle dien nou narkose toe sodat hulle rustig kan plunder. As dit nie so ernstig was nie sou mens kon lag.

jopearce ·

Definitief inside job. Iemand het geweet sy het die geld getrek….. mense by die bank?????

Lollie ·

Ja nee, waar was die Zim vroutjie spesifiek daardie aand? Wie het geweet die vrou het ń groot bedrag geld by haar? Als so toevallig! !!

Uvonka ·

Baie toevallig dat mej. Zim daai aand nie by die huis was nie.

Simon ·

So KFC voorval, kis voorval = poging tot moord. Pta noord word n man aangeval deur 3/4 met bakstene, en dis aanranding, n bejaarde vrou word ingespuit deur n onbekende middel, en dis huisroof. Vrou in Centurion, word herhaaldelik ook met n baksteen aangeval, en dis ook net huis roof. Boere word aangeval, soms tot 11verdagtes, aangerand, vasgebind ens en dis ook net huisroof. Is daar net 1 ras wat poging tot moord kry?

Michael ·

Met so n vae beskrywing van die verdagtes kan niemand die polisie help nie

KAREN ·

Wanneer in die lewe gaan oumensee jong mense oumense se kinders en vriende of selfs kennisse asb leer die “vriendelike buitelanders” is nie hier om jou goed te doen hulle is nie hier om jou ma of pa op te pas !!! Leer niemand niks uit al die misdaad waar buitelanders op erf bly !

ZeeBee ·

Wie in vandag se lewe koop ‘n huis kontant ????? Dit moes baie kontant gewees het ! Stem dan ook saam oor die inside job.

Jakoba ·

Hierdie klink vir my al te veel na iemand wat professioneel opgelui is in soos ‘n verpleer wat weet hoe om die middel to te gedien het.

Marisa ·

Die arme vrou het seker nie kinders of familie-lede gehad vir wie sou kon vertrou nie, want dié sou haar vir SEKER ingelig het dat g’n mens so ‘n groot klomp kontant in jou besit moet hê nie. Van die oomblik wat sy daardie geld getrek het was daar ‘n hele netwerk van ingeligtes oor die saak. Hierdie misdaad was uitgewerk vanaf die oomblik wat sy haar belegging afgekoop het en begin het om planne te maak om ‘n nuwe huis te koop. Wie het vir haar gesê dat die huis in harde kontant betaal moet word? Vir watter rede?

Bernard ·

Hoe dom kan mense nie wees nie. Hoeveel keer word mense nie gewaarsku om nie groot hoeveelhede kontant by hulle te dra of te hê nie. Die risiko is net eenvoudig net te groot en die skelms het ORAL oë en ore en weet presies wanneer daar groot bedrae geld van hande verwissel.

Jaco ·

Begin die ondersoek by die jong Zimbabwiese vrou. 9 uit die 10 keer is hulle (huiswerkers & plaaswerkers)betrokke by die misdaad.

NPI ·

Kry Nasionale Private Speurder Janine van Rensburg om dit te ondersoek. Sy is die beste.
Hierdie is ‘n Inside Job

Cherokee ·

Julle is genoeg privaatspeurders op hierdie forum met jul brabbeltaal en al.

Sally ·

Nou wonder ek net waar kry hulle hierdie “middel” waarmee sy ingespuit is. Net bly dat sy darem nog lewe en nie ook ‘n statistiek geword het nie. Sterkte vir hierdie dame.

TM ·

Begin by die huishulpie. Sy weet beslis meer “al was sy nie daar nie” .

Flintstone ·

Moet ook nie die teller by die bank vergeet nie!Twee van my vriende ernstig gewond by hulle onderskeie huise nadat hulle bedrae geld vir aankoop van voertuie gedoen het.

Marius ·

DIE MINISTER het gese dat iemand wat vrouens aan rand swaar gestaf gaan word wat van die wat in plaas aanvale aan cerand en vermink word tel dit ook

Rina ·

Wonder ook of daar nie n “boodskap” vanaf bankamptenare waar sy die geld onttrek het, uitgegaan het nie?

Lena Jonk ·

Daar is nou n bewys hoekom pres Trump Amerikaanse president, immigrante uit se land wil hou, ongelukkig stroom hulle ook in, in SA.

Nicola ·

Ons is verlede Saterdag oggend 1h30 oorval in ons nuwe huis deur 4 gewapende rowers. Ons is vasgebind en gedreig met die dood as ons nie saamwerk nie. Vir 40 minute lank het hulle ons gedreig en beroof. Dit was absoluut verskriklik gewees. Ek en my man is in ons 40’s en ons is erg getraumatiseerd hierdeur – soveel so dat ons die einde van die maand weer trek omdat ons nie langer daar kan woon nie. My hart gaan uit na die arme dame. Op haar ouderdom moet dit 100 maal erger wees. Sterkte tannie.

Yolandi ·

Ek is ook nou moeg van ou mense wat so dom is om al hul geld te trek en met moon bags te gaan loop en rekeninge betaal. Hoe dom kan mens wees? En dan, hoekom kan hulle kinders hulle nie reg help nie? My oom sê altyd, as jy dom is moet jy ….. mmmmmm you know what I mean.

anton ·

Ons mense vertrou mos die volksvreemdes nog al die jare en ons gaan ook nooit leer nie.!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.