Bejaarde met pistool teen kop wakker gemaak 

Argieffoto: Maroela Media

ʼn Bejaarde man is vanoggend terwyl hy geslaap het deur drie gewapende aanvallers oorval.

Johan Kunneke (72) van Tonteldoos in Limpopo woon alleen op die plaas en is afgetree. Volgens Kunneke het die aanvallers deur die agterdeur toegang tot die huis verkry.

“Ek het vanoggend so 04:00 se kant wakker geword met ʼn pistool teen my kop. Hulle het my begin slaan en wurg en heeltyd geld geëis. Hulle het ook die sleutel van die kluis gesoek,” het Kunneke gesê.

Hy het vir hulle die sleutel gegee en hulle het twee haelgewere, ʼn 9 mm-pistool en ʼn .22-geweer gesteel.

Volgens Kunneke het die aanvallers sy hande en voete met elektriese kabel vasgebind en hom op die grond gelos terwyl hulle deur die huis gegaan en onder meer ʼn televisie en R3 000 gesteel het.

Hulle het ook ʼn kombers oor sy kop gegooi. “Ek verstaan bietjie van hulle taal. Twee van hulle het heeltyd die ander aangesê om my dood te maak, maar die een het gesê ‘nee los’.” Die aanvallers het met Kunneke se bakkie op die vlug geslaan.

Hy kon ongeveer ʼn halfuur later daarin slaag om sy hande los te wikkel en na die bure te gaan vir hulp waarna die polisie in kennis gestel is.

Sy bakkie is met ʼn Tracker-opsporingstoestel toegerus. “Ons wag nog om van Tracker te hoor. Hulle het my selfoon reeds opgespoor en die polisie is nou hier op die toneel. My buurman is verlede week deur vyf aanvallers aangeval. Ek en die polisie vermoed dit is dieselfde aanvallers en dat die ander twee buite wag gehou het.”

Kunneke het beserings aan sy skouers en nek opgedoen asook waar die elektriese kabels om sy polse en enkels vasgebind was. “Ek is nog baie geskok en getraumatiseer.”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Kristalwater in Tonteldoos plaasgevind.  ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Volgens Ngoepe is Kunneke langs sy bed vasgemaak. “Die drie gewapende aanvallers het met die slagoffer se Chevrolet-bakkie van die toneel af gevlug,” het Ngoepe gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Theresa ·

BAIE sterkte, Mnr Kunneke! So bly jy is nie doodgemaak nie! Hoop jou voertuig word gou opgespoor en dat die kriminele gou gevang word. Dis ‘n gewapende aanval en daar is goed geroof en u is aangerand. Glad nie net ‘n saak van huisroof nie.

Piet ·

Ek hoop hulle gooi die bakkie om, word vasgepen in die bakkkie en die bakkie slaan aan die brand Dit sal nou ‘n lekker nuusberig wees

Niccy ·

Mnr Kunneke ons is die Liewe Vader dankbaar dat jou lewe gespaar is. Hoop hul word gou gevang.

Veronica ·

Ook dankbaar teenoor GOD dat jy lewe Johan
Maar iets moet gedoen word om die Plaasmoorde te stop!!!
Kom julle help my dink aan nuwe idees vir vensters en deure . . .tralies geldmors en veiligheidshekke n grap!
Ons kort iemand met n SPLINTERNUWE KONSEP!!!!

Adam ·

Ja Haan, inderdaad ‘n ongelooflike konsep. Indien my geheue my nie in die steek laat nie het ‘n mannetjie met die naam Oscar selfs vir hom tyddeel met ‘n Glock 19 gekoop.

Karma ·

“‘n Saak van huisroof word ondersoek”???

WDH – wat van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, betreding, diefstal algemeen en voertuig-diefstal??? O nee kyk, die oortreders en misdadigers word defnitief en baie beslis in hierdie land beskerm ………

LB ·

Ek is dankbaar dat mnr Kunneke leef, so jammer vir die trauma wat nou saam met hom sal wees vir baie lank. Ek herhaal maar weer wat almal elke keer sê…jou vuurwapen hoort nie in hierdie tye in die kluis nie maar naby jou hand en sluit jou binnedeure ook dat hulle eers moet raas voordat hulle jou kan bereik en jy kan wakker word en jouself kan verdedig. As die mense net kan besef elkeen is ‘n teiken, of jy ryk of arm is maak nie saam nie. Wees wakker!

Basie ·

Skiet dood, begrawe op jou eie grond. Gewere hoort nie in n kluis nie. Sterkte oom.

WakkerSlaap ·

Mense!
As julle te oud is en nie meer kan hoor wat in jou huis aangaan nie moet jy DORPTOE trek!
As jy so vas slaap dat jy nie hoor wat in jou huis aangaan nie moet jy nie boer nie!
Ongelukkig woon ons NIE in n feeverhaal nie. Ons moet realiteite in die oog staar.
Boere moet paraad wees en wakker slaap – of na n townhouse toe trek
n Krimineel land nie uit die lug net voor jou bed nie…..

Sunette ·

Mense soos jy maak my fies. Hulle kan my maar nou kom doodslaan voor ek so moet leef.

Claudie leR ·

Dit is nie vir almal moontlik om net ‘n plaas op te pak en te trek nie, daar is mos finansiele implikasies.
Plase gaan ook nie meer so maklik verkoop word nie.
En waarom mag moordenaars doen wat hulle wil maar belastingbetalers moet trek.
En watter waarborg het jy dat die dorp veiliger gaan wees.
En as mens op ‘n plaas gewoon het en grond onder jou voete gevoel het wil mens dalk eerder daar bly.

Stella ·

Wat is verkeerd met Tracker dat daar vir hulle gewag moet word? Waarom aktiveer hulle nie onmiddellik hul opsporingstelsel nie?

AB ·

Volgens tracker het die oom dit nie opgradeer soos hy moes elke 6 maande nie, maar hulle het hom nie eers daarvan verwittig nie – tot en met hulle vandag gebel was om te vra om die bakkie te track nie. Nou is die arme oom se hande afgekap want hulle kan of wil nie help nie!

chris ·

Kan die ouer mense wat op plase bly ,asb vir hulle hond kry , een in die huis , een in jou slaapkamer.As die hond nie geleer is om nie sy besigheid buite te doen nie, tel maar op maak skoon, die hond kan jou lewe red. Wanneer die honde buite tekere gaan , moet nie net uitstorm en gaan kyk wat gaan aan nie, probeer om vas te stel wat aangaan deur , deur die venster te kyk.
Skakel ligte aan rondom jou huis, sny enige struike wat die sig belemmer af.Jou lewe is meer werd as enige iets anders.

Chrisjan ·

Chris. Julle praat oor goed waarvan julle niks weet nie. Die honde word vergif of gemanipuleer. As jy een struik snoei gebruik hulle ‘n ander, as al die struike af is gebruik hulle die blompotte, mure, ens. Dit maak nie saak wat jy doen nie daar is altyd ‘n manier om jou by te kom. Dieselfde geld vir alarms, kameras, elektrisie drade, diefwerings, slotte en wat ookal. Alles geldmors wat ‘n vals gevoel van veiligheid skep.
Die aanvallers is weke, soms maande vooraf besig met verkenning en beplanning. Dit is nie onkundige mense wat die terreur dade pleeg nie, dit is opgeleide terroriste. Die terreur aanvalle word met millitere presisie uitgevoer. Die gemiddelde boer het geen verweer nie en is uitgelewer aan die terroriste se dade.
Al wat werk is vooraf kennis van die aanval, spesialis opleiding en geskikte wapens. Die kennis is beskikbaar en derduisende boere is besig om hulself voor te berei.

chris ·

Kan die ouer mense wat op plase bly ,asb vir hulle hond kry , een in die huis , een in jou slaapkamer.As die hond nie geleer is om nie sy besigheid buite te doen nie, tel maar op maak skoon, die hond kan jou lewe red. Wanneer die honde buite tekere gaan , moet nie net uitstorm en gaan kyk wat gaan aan nie, probeer om vas te stel wat aangaan deur , deur die venster te kyk.
Skakel ligte aan rondom jou huis, sny enige struike wat die sig belemmer af.Jou lewe is meer werd as enige iets anders.

Anarchy ·

By al die plaas aanvalle word so baie vuurwapens gevat….dalk is die beste ding om nie vuurwapens in die kluis te stoor nie.Net n gedagte.

Haan ·

Wat soek jou gewere in die kluis oom?? Jy bly ALLEEN op n plaas en hulle kon tot in jou kamer kom voordat jy WAKKER geword het. glad nie paraat/voorberei nie en veroorsaak nou dat daar nog vuurwapens in die omloop is waarmee n volgende boer vermoor gaan word.
As jou wapens in die kluis lê gaan gooi die goed eerder weg

Claudie leR ·

Daar is geen waarborg dat as jou wapens by jou is jou reaksies vinnig genoeg gaan wees nie.
Een bejaarde man teen drie waarskynlik jong mans/moordenaars?

Haan ·

Nou dan gaan mens vir opleiding Claudie. Al is dit net n draai by die plaaslike skietbaan. Ek is moeg vir hierdie “ons is wit en uitgelewer so nou moet ons maar gaan lê” houding. Gaan lees die artikel oor die rysmierbult aanval van so n rukkie terug. Die tannie het twee skote met n haelgeweer afgevuur en die drie “opgeleide” terroriste het soos lafaards gevlug. En Indien mens nie n wapen aan jou lyf wil dra nie, gaan raak dan ten minste ontslae van die wapens in die kluis. Dan kan dit nie in die hande van die moordenaars opeindig nie. Julle is bitter vinnig om op te merk dat bewapening n slegte idee is, maar traag om alternatiewe te bied

AB ·

Die oom se pistol was NIE in die kluis nie. Dit was by hom gewees, maar hulle het hom so onverwags verras dat hy nie kon kans kry om dit te gebruik het nie.

Haan ·

Lees nou die buurman is n week vantevore aangeval. Nee waaragtig oom…

Pierre ·

Veronica, daar is iets wat hulle heeltemal stop…. n HAELGEWEER! … Glo my maar.

Tanya ·

My simpatie vir die man wat aangeval is op sy plaas. Maar wat soek ‘n ou mens alleen op die plaas, al het hy werkers, is hy tog alleen in die aand as hy bed toe gaan.

Frikkie (Nie pienk) ·

72 Jaar oud en bly alleen op ‘n plaas in LIMPOPO?? Die man kan die sterre dank dat hy nie laaaankal ‘n lyk is nie.

Claudie leR ·

En wat sou die alternatief wees? Almal het mos nou nie die finansiële vermoë om net op te pak nie. Die berig maak nie melding van watter veiligheidsmaatreels daar was, of nie was.
Wat is die praktiese en bekostigbare voorstelle?
Die oorsaak van die probleem moet aangespreek word, die lafhartige aanvalle op blankes is ongelukkig net ‘n simptoom. Dit alles neig ongelukkig net na een rigting van oplossing, dalk is dit tyd?

AB ·

Is dit nou regtig nodig om die oom die skuld te gee????? Wat sou jy gesê het as dit met jou gebeur het? Hy het ‘n alarm stelsel ens in plek, maar die “nag mense” weet presies hoe elke stelsel werk en kan dit binne ‘n paar sekondes disconnect voordat jy nog weet wat jou tref. Die oom se bure is verlede week ook so amper amper aangeval, en hulle het ‘n top alarmstelsel in plek, maar tog het die “nag mense” kon inkom tot amper in hul huis in.

Boet Fasie ·

Nou ja kyk daar is sulke wonderlike sensor ligte, kameras en waarskuwing toerusting dat dit nie nodig is dat jy in die bed verras word. Ook gaan ordentlike diefwering en ‘n hek binne die huis wat die kamer en badkamer afsluit van die res van die huis baie help.

Chrisjan ·

Jy droom, die terroriste word opgelei om elke hindernis wat die sekuriteits bedryf uitdink te omseil. Boere spandeer miljoene rande aan sisteme wat geen afskrik waarde het nie.

Andrea ·

@Chrisjan. Dit klink fantasties. Ek weet jy kan seker nie veel sê hieroor nie, maar hoe kry die boere hierdie inligting? Soveel van.my familie is op die plaas en natuurlik bekommer mens oor hulle.

Anoniem ·

Buiten jou vuurwapen wat altyd binne jou bereik moet wees, is honde binne en buite die huis ‘n noodsaaklikheid. 2 Klein honde, Jack Russel/Foxterrier/Miniatuur Worshonde tipe binne die huis. Hulle het goeie ore en sal dadelik ‘n geraas maak as onraad vermoed word. Dit maak nie saak hoe groot die honde buite die huis is nie, hulle hoef nie noodwendig die aanvallers op te vreet nie, hulle moet jou net betyds wakker maak. Moenie uitgaan en gaan probeer Rambo speel wanneer jy onraad vermoed nie. Bly binne jou huis waar jy beskermd is. Bykomstige stelsels is goed, maar kan soos hierbo genoem omseil word. ORE is die beste waarskuwing.

Boet Fasie ·

Chrisjan jou stelsels is net so goed soos jy dit self maak. Sekuriteit help nie as jou hele plaas weet wat jy het en hoe dit werk nie.

Chrisjan ·

Boet Fasie, dis reg, maar daar is geen manier om jou stelsel geheim te hou nie. Daar is altyd mense binne wat inligting verkoop of teen hul sin moet deel, maak nie saak hoe betroubaar jy dink hulle is nie. Fotos op verdagtes wat ondervra word, se fone wys gereeld hoe die slagoffer se huis binne lyk, waar die kluise is, watse alarm stelsel daar is, wie dit moniteer, die cctv kameras en waar die video opnemer versteek is.
Raak jy van die lospraters ontslae sal die terroriste doodeenvoudig die een opsie na die ander oor ‘n tydperk toets tot hulle agterkom waar die swak plek in jou stelsel is. Hulle word opgelei in misdaadskole en weet presies wat om voor te kyk.

Mense wat voor ‘n aanval wil weet hoe, waar en wanneer dit gaan plaasvind kan gerus met die groep kontak maak. http://www.akskagroep.com

Claudie le R ·

Haan,
Nerens het ek gemeld dat ons net moet opgee nie. Die bedoeling is dat die praktiese aspekte ook in ag geneem moet word. ‘n Persoon van 72 se reaksietyd is nie meer so vinnig nie, opleiding gaan dit nie verander nie. Dit kan wel baie mense baat ja, maar ons sit hier met ‘n probleem wat op ‘n groter vlak ook aangespreek moet word. Oorweging moet aan kommandostelsels gegee word.
Iewers moet iemand met kennis aksielys saamstel: van grondvlak basiese voorbereiding/opleiding tot hoër vlak stelsels/kommando/sekuriteitsfirmas.
Die ongelukkige waarheid is dat dit finansiering sal kort. As iemand plan van aksie kan saamstel kan ons begin fondsinsamelings hou?

Rina Strydom ·

Ons kan nou redeneer net soos ons wil. Die kern van die probleem en die kern van die oplossing le by ons regering. Dit is hulle grondwetlike plig om te sorg vir wet en orde en vir die beskerming onder andere van ons landsburgers en belastingbetalers. Wat vrywaar jou in die dorp van n aanval. Ons SAPS het wonderlike werk al wat hulle die meeste van die tyd doen is om afskrifte van dokumente te beeidig. ALLE misdaad word net erger. Ons regering behoort na due Wereldhof toe geneem te word vir hierdie Slagtingvwat nou plaasvind onder ons mense op die plase.

RESENSIE ·

My opinie is dat waneer hierdie persoon se vuurwapens gebruik word om ander mense te vermoor hy saam aangekla word oor die nalatigheid met sy vuurwapens

Claudie leR ·

En as daar nou ‘n mes, hamer, graaf of wat ook al iewers opgetel/gesteel word en iemand word daarmee vermoor wie word dan aangekla?
Hoe (en hoekom) kla jy wettige wapeneienaar aan wie se wapen uit ‘n kluis gesteel word of die persoon word oorrompel terwyl die vuurwapen aan sy/haar lyf is?

Punt is dat daar tegnies totale anargie is en ons moet beter voorberei. Families moet op voetsoolvlak begin en elkeen se sekuriteit/weerbaarheid ontleed. Prakties? Kom met voorstelle. Samesprekings is bitter nodig om die pad vorentoe te bepaal. Fondsinsamelings dalk die oplossing?

Chrisjan ·

Dan moet dieselfde gebeur met mense wat se karre gesteel word. In elke roof, kaping, transito roof,ens, word gesteelde voertuie gebruik. Is die wettige eienaars nou medepligtig?

Michelle ·

Kom nou minister van polisie, gaan kry vir ons die wreede aanvallers, sodat hul more op borg kan uit en nog ‘n paar aanvalle of moorde kan byvoeg, dan kan ons belasting betalers sorg dat hul gevoed word en warm slaap. Waar die onskuldige familie hier buite die trauma moet deurmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.