Bejaarde met tuinvurk aangeval

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Wes-Kaap is op soek na ‘n man wat glo ‘n bejaarde vrou van George met ‘n tuinvurk aangeval het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die 66-jarige vrou is Vrydag in haar huis in Hoopstraat aangeval. Die aanvaller is glo deur die vrou gehuur om tuinwerk te doen. Pojie sê die vrou is aangeval terwyl sy besig was om wasgoed in die badkamer te was.

“Sy moes hom afveg nadat hy haar verskeie kere met die tuinvurk geslaan het. Die vrou het beserings aan haar gesig en ander wonde aan haar liggaam opgedoen.”

Pojie sê die man het na die aanval gevlug en die vrou kon daarin slaag om uit die huis te hardloop en ‘n polisiemotor wat verby gery het voor te keer.

Hy sê die vrou is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal. Pojie het ‘n beroep gedoen op diegene wat dalk inligting het oor die voorval om hulle te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.