Bejaarde motorfietsryer sterf

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Motorfietsryer, in sy 70’s, is Dinsdag in ʼn ongeluk in Cresta in Randburg, Gauteng, oorlede.

“Die man het met sy gesig na onder op die pad langs sy motorfiets gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. Die ongeluk het op die hoek van Judgesrylaan en Woodleyweg plaasgevind.

“Hy het verskeie noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar,” het sy bygevoeg.

Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adriana ·

Enige nuus oor die identiteit van die oorledene? Ek ken n ou oom wat motorfiets ry in Randburg area, is nou bekommerd.

BoereBikerBaby ·

ai dis so hartseer om nog ‘n “broer” te verloor op die pad deur mense wat natuurlik nie hul oophou vir motorfietse nie. Keer op keer word motorfiets-ryers beseer of verloor hul lewens deur mense wat u-draaie op paaie maak. Al wat ek vra aan die publiek is, asb, maak julle oe oop wanneer jul ry vir ons bikers, ons ry vinniger as wat jy dink, wag tot ons verby is voor jy van baan verander of watookal. Ons is ook mense met gesinne.

Wie ookal die broeder is, Rus in vrede en my innige simpatie aan sy gesin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.