Bejaarde non van KZN glo verkrag, versmoor

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn 86-jarige non van KwaZulu-Natal is Saterdag gevind nadat sy na bewering verkrag en versmoor is.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê Getrud Tiefebacher se liggaam is omstreeks 19:00 in haar kamer op die perseel van die Sacred Heart Home-klooster gevind. “Daar word beweer dat sy by haar woning was toe sy deur die aanvaller oorval en haar hande met ʼn tikmasjienkoord vasgebind is. Sy is ook met ʼn handdoek versmoor,” het hy gesê.

Volgens Zwane word daar vermoed dat Tiefebacher verkrag is voor sy doodgemaak is. Buitelandse geld word glo uit haar kamer vermis. Zwane het gesê Tiefebacher was oorspronklik van Oostenryk afkomstig, maar het al sedert die 1950’s in Suid-Afrika gewoon.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om met ao. Thembelihle Hlangu by 076 828 9582 of ao. Zindela Madondo by 076 919 0372 in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Dis afskuwelik walglik !!! Hoop die ergste tref julle wat dit aan die Non gedoen het.!!!!!!!

Elize ·

Mense ons moet almal saamstaan want so kan dit nie in ons land aangaan nie. Elke dag lees ons van moord, verkragting ens. Kan ons nie iets drasties doen om die doodstraf terug te bring nie?
Enige iemand met n idee. Kan AfriForum ons nie help nie ASB? Ek stel myself bereid willig om enigiets te doen, tot toi-toi in die straat voor Nkandla!

Gina ·

Volgens my is n NON n dame wat vir GOD lewe en glo aan Maagdelikheid. Met ander woorde die vark het haar nie net verkrag nie, hy het haar maagdelikheid van haar af weggevat. Vir 86j
lewe en werk sy vir God en die stuk gemors kom en vat als van haar af en neem haar lewe. Hy het niks gevoel vir haar gehad nie. Hoekom moet daar n gevoel vir hom getoon word deur n paar maande tronk toe en as hy daar uitkom doen hy presies net dieselfde. Maar vir die regering is dit mos net nog n nommer. Daar is net 1 manier dis die doodstraf

Liz ·

Liewe genade!!! verkragting bly verkragting maar ‘n non!!! die bastards ontsien nie eers ‘n rein ligaam nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.