Bejaarde ontvoer, dae lank aangehou

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Bejaarde man van Welkom in die Vrystaat word in die waakeenheid van ʼn plaaslike hospitaal behandel nadat hy uit sy huis ontvoer en dae lank gevange gehou, aangerand en beroof is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die 70-jarige man het in sy huis in Reitzpark gelê en slaap toe twee mans Maandagoggend omstreeks 01:00 toegang tot sy huis verkry het. “Hulle het die man uit sy huis gedwing en in sy bronskleurige Toyota Corolla geboender. ʼn Televisiestel is ook in die voertuig gelaai voordat hulle met die man weggery het,” sê Thakeng.

“Die slagoffer is na ʼn afgeleë gebied geneem en in ʼn plakkershut toegesluit. Die verdagtes het hom aangerand en herhaaldelik sy bankkaart se PIN-nommer geëis waarmee hulle uiteindelik geld onttrek het.”

Volgens Thakeng is die man tot Donderdag in die hut aangehou waarna sy ontvoerders hom vrygelaat het. Hy is daarna in die hospitaal opgeneem.

ʼn Saak van ontvoering en voertuigkaping word deur die polisie ondersoek. Volgens Thakeng is niemand nog in hegtenis geneem nie en is die man se voertuig ook nog nie opgespoor nie. Die nommerplaat van die voertuig is HFF 384 FS.

Enigiemand met meer inligting wat die polisie kan help om die skuldiges vas te trek, word versoek om speurkaptein Pieter du Plessis by 079 884 2179 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oujongvrou ·

Die kriminele raak al hoe meer brutaal en waaghalsiger. Help nie eers ons vra wat die regering gaan doen omtrent hierdie misdadige nasie nie. Hulle het die situasie geskep en nou is hulle hande ook afgekap.

Liberaal ·

Dis die gevolge van linkse liberale regte vir kriminele. Bedank al jou vriende en familie wat liberaal gestem het en liberale ondernemings ondersteun.

Lana ·

Beslis nie net sake van ontvoering en voertuigkaping nie!
Daar was aanranding, aanhouding en diefstal.

Michael P ·

Hierdie land is op sy knie en dit is die ANC se skuld niks anders nie

Christa ·

Weet regtig nie wat goeds het uit die land se oorgawe gekom nie. Net moord en doodslag. Alles het net agteruit gegaan. Jy Moet jou waardes verlaag om aan te pas, danksy FW en Sy trawante. Nie eers oumense word ontsien nie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.