Bejaarde op kleinhoewe doodgeskiet

Levyno Botha (70) is Saterdag op sy kleinhoewe doodgeskiet. (Foto: Verskaf)

’n 70-jarige man van Kameeldrift-Oos buite Pretoria is Saterdagoggend op sy kleinhoewe doodgeskiet toe minstens vyf gewapende rowers by sy huis ingebreek het.

Levyno Botha wat onlangs van ’n ernstige Covid-19-infeksie herstel het, is deur die einste venster geskiet wat deur aanvallers oopgebreek is om toegang tot die huis te verkry.

Die diefwering is ook afgebreek.

Botha se skoondogter, Nadi, sê haar skoonpa is een keer in die rug geskiet.

“Die aanvallers was reeds besig om te vlug toe een van hulle omgedraai en hom deur die venster geskiet het.”

Volgens Nadi het die voorval omstreeks 01:00 plaasgevind.

Botha is glo in sy slaapkamer oorrompel waarna ’n stoeiery tussen hom en die aanvallers op sy bed uitgebreek het.

Sy vrou, Amelia (64), was ook in die huis, maar in haar eie slaapkamer.

“My skoonma het beweging in die huis gehoor en in een van die aanvallers vasgeloop toe sy gaan ondersoek instel het. Hulle het haar gegryp en sy het om haar en my skoonpa se lewe gepleit.

“Die aanvaller het haar laat gaan en sy het by die agterdeur uit gevlug.”

Amelia het haar seun, Marcel, wat op dieselfde perseel woon, geroep om te kom help.

Een van die foto’s wat Levyno Botha, ’n kranige fotograaf, voor sy dood geneem het. (Foto: Levyno Botha)

“Sy het vir Marcel gesê ‘jy moet dadelik kom, daar’s fout met pa’”. Hy het nie in dié stadium besef daar is nog aanvallers in die huis nie.”

Volgens Nadi het die aanvallers geskrik toe Marcel by die huis instorm.

“Marcel het by die sitkamer ingehardloop en op die aanvallers geskree.”

“Hulle het eers op my man geskiet, maar hom gemis. My skoonpa het toe van sy kamer af na die sitkamer gehardloop en gevra of Marcel oukei is.

“Dis toe dat een van die rowers, wat in dié stadium reeds buite was, my skoonpa deur die venster geskiet het.”

Volgens Nadi het die aanvallers verskeie items probeer steel, waaronder Botha se skootrekenaar en kameratoerusting.

“Hy was baie lief vir fotografie. Dit was sy stokperdjie. Hy en my skoonma sou volgende week met vakansie na die Karoo vertrek, so sy toerusting was op die kombuistafel uitgepak.

“Die aanvallers het egter daarsonder gevlug en net sy selfoon en beursie gesteel.”

Sy sê haar skoonpa was uiters lief vir die natuur.

“Hy en my skoonma is albei buitemense. Sy is weer baie lief vir tuinmaak,” sê Nadi.

Botha het boonop onlangs van Covid-19 herstel en het baie na dié wegbreek uitgesien.

“Hy was amper dood, maar het tog gesond word.”

Sy sê haar skoonma ly tans erg aan skok.

“Dit was ’n baie moeilike dag. Nie een van ons het al ’n oog toegemaak sedert dit gebeur het nie.”

Volgens Nadi was die polisie asook die K9-honde-eenheid Saterdag op die toneel. Die gesin het egter nog nie ’n saaknommer van die polisie ontvang nie.

“Hier was ook ’n forensiese fotograaf en my skoonpa se liggaam is ongeveer 07:00 weggeneem.

“Die Kilo Delta-veiligheidsgroep was ook op die toneel sowel as Koot Momberg, ’n pastoor van die Doxa Deo-gemeente in die omgewing.”

Maroela Media het ’n navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Paul ·

Dit verstaan ek.nie. ek.kan verstaan as n rower homself defend . Maar as jy nou klaar uit die huis .. hkm dan nou terug draai en skiet

Joe Olivier ·

Want hulle kom eintlik om te moor. As daar ‘n ou ietsie is om saam te neem is dit ‘n bonus. Sterkte aan die familie.

Werner ·

Net die media wat eintlik n terroris n rower noem.Hy is daar om jou dood te maak.

ONTPS ·

Innige simpatie met julle groot verlies. Mens het nie meer woorde nie

Jannie van Niekerk ·

Solank as wat daar ANC, EFF, SAKP, COSATU, BLM, en BLF ondersteuners en simpatiseerders in SA is, sal plaasmoorde en aanvalle NOOIT ophou nie.

Joe Olivier ·

Die ergste is dat die wit ja stemmers hulle in 1992 in bewind gesit het. Daar is geen omkeer .

Jannie van Niekerk ·

Gelukkig is my gewete skoon. Ek is een van die wat Nee gestem het omdat ek nie De Klerk se lawwe bangmaalpraatrjies van “oorlog wat sal uitbreek as jy nie JA stem ” geglo het nie.

JohanR ·

In watter ander land in die wereld word die persone wat die lands se kos op die tafels sit, daagliks soe afgemaai en dit is vir die goverment nie eintlik ‘n krisis nie?

Jannie van Niekerk ·

Net in SA want Ramspoedphosa sê mos daar is nie iets soos plaasmoorde nie.

Rooikoos ·

“ Media het ’n navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.“

Julle sê dit altyd maar ek het nog nie een keer gelees oor julle terugvoer nie. Die blyk maar ‘n standaard sin vir julle.

Martie Smartie ·

Wat is jou punt ou grote? Die berig gaan oor ‘n sinlose moord, dis nou rerig nie nodig vir lesers om te kyk of daar iets irrelevant of bitsig teenoor MM kwyt geraak kan word nie.

Harley Davidson ·

Net so met die polisie ondersoek die saak maar geen terugvoer nie,seker nie genoeg sensasie in dit nie.

JACF ·

Amelia.
Baie sterkte en seenbede jou toegebid.
Jou vertroosting sal jy ontvang van ons Almagtige God en Hemelse Vader.
Sal vir Levyno altyd onthou vir goeie mens en vriend wat hy was.

Harley Davidson ·

Kameeldrif is ‘n misdaad hool die polisie weet dit maar geen proaktiewe misdaad voorkoming word geimpliminteer nie,hulle is te besig om die plakkerskamp op hulle terrein te beskerm.

Jack ·

Maar net weer duidelik dat roof sekondere motief is by die moordenaars. Moord en vergelding teen wit mense is die dryfveer.

Prikkie ·

Nou sal ons maar moet wag om te kyk of Hoed ook die naasbestaandes sal gaan besoek.

Swerwer ·

Hoekom Hoed. Wanneer is jy van plan om teen jou makkers te begin optree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.