Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dat Groenewald se 74-jarige vrou omstreeks 8:00 die egpaar se winkel, Charlie’s General Dealer, oopgesluit het. Die winkel is langs die egpaar se huis. Twee mans het die winkel binnegekom en gesê hulle wil meel koop. Groenewald se vrou het die deur vir die twee mans oopgesluit waarna een van die mans haar oorval en begin wurg het.
Die ander verdagte het intussen die egpaar se huis binnegegaan. Hy is na die agterste slaapkamer waar Groenewald gelê en slaap het. Van der Merwe sê ‘n struweling het tussen die twee uitgebreek en Groenewald is in die bors geskiet. Hy is later deur paramedici op die toneel dood verklaar. Van der Merwe sê Groenewald en sy vrou woon al vir 40 jaar in die omgewing. “Almal het oom Charlie geken en dit was ‘n groot skok.”
Van der Merwe sê die twee verdagtes het van die toneel gevlug. “Die een verdagte is later naby die toneel dood gevind. Hy is in die maag geskiet.” Van der Merwe sê niks is gesteel nie. Die tweede verdagte is steeds soek. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.
Veragtelike lafaards. Ek kan nie in beskaafde woorde myself uitdruk nie.
Rus in vrede – GEEN mens, allermins ‘n bejaarde verdien om gemartel en vermoor te word nie.
Jammer albei die skuim is nie bokveld toe nie.