Bejaarde op kleinhoewe gemartel; waghond se rug gebreek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde man van Pretoria is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem nadat vier gewapende mans hom Maandag op sy kleinhoewe aangeval en gemartel en sy hond se rug gebreek het.

Kapt. Marissa van der Merwe, die stasiebevelvoerder van die Boschkop-polisie, het  aan Maroela Media gesê die 80-jarige man bly alleen op sy kleinhoewe in die ooste van die stad. “Hy is vanoggend vroeg uit sy huis om die boerboel te voer,” het Van Der Merwe gesê. “Die vier mans het hom tussen 05:00 en 06:00 buite sy huis oorval en aangerand. Hy is in sy slaapkamer in gedwing waar die mans hom met ʼn strykyster gemartel en sy vuurwapens geëis het.”

Die aanvallers het die huis geplunder en waardevolle items in sy motor gelaai. Die aanvallers het selfs van sy kruideniersware, waaronder bokse melk, gebuit.

“Iets het die aanvallers moontlik gesteur, want hulle het alles in die motor gelos en te voet met die vuurwapens gevlug,” het Van der Merwe bygevoeg. “Die polisie vermoed hulle het dalk gevlug toe die huishulp omstreeks 06:00 vir werk opgedaag het. Die huishulp het haar werkgewer in die kamer gevind en hulp ontbied. Die aanvallers wou moontlik ook die man in sy kamer aan die brand steek, maar dit het darem nie gebeur nie.”

Van Der Merwe sê die aanvallers het die man se hond só erg aangerand dat die hond se rug gebreek het. “Die hond moes van kant gemaak word,” het sy gesê.

Die man is tans in ʼn stabiele toestand in die Wilgers-hospitaal.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en huisbraak. Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gawie Botha ·

Poging tot Moord en Roof,,,,waar kom Polisie aan Huisbraak!

Venesa ·

Ag nee dit breek my hart om sulke goed te lees, Skiet die gemors.Martel hulle soos hulle ons arrme ou mense martel, hulle verdien nie om te leef.Ek is so onsteld sal iets se wat ek nie moet nie.

Annel van Rooyen ·

Weet julle wat is vir my die ‘HEEL BESTE’? Aan die einde van elke liewe berig…….
Niemand is nog I.v.m die voorval in hegtenis geneem nie!!!!
Dis OORLOG, mense!!!! Dit kom nie, dis reeds hier!!! Ons is net te onnosel (goed gelowig, noem dit wat jy wil) om dit te besef!!!!!

kt ·

Jy slaan die spyker op sy kop! Die probleem is net dit: tussen al die ellende worstel ons almal om n bestaan te maak, en kom ons nie altyd agter dat die water in die pot al hoe warmer en warmer word nie….. tot dit te laat is!!!

Tokkie ·

Wanneer God die dag hierdie land aan ons gaan teruggee en FW leef nog is hy die eerste een wat voor die vuurpeleton moet sterf vir al die onskuldige bloed aan sy hande.

Theresa ·

Ek stem Venesa. Ek moet liewers nie kommentaar lewer nie. Mens het nie meer woorde vir al die goed nie. Dis elke dag dieselfde – oor en oor en oor. Hoekom die arme oom so martel en die arme hond se rug breek. Wat de hel kry hulle daaruit? Ek het ook die naweek gelees van ‘n man wat se perde keelafgesny is en sy hele plek afgebrand is deur mynwerkers.

kt ·

Mens noem dit HAAT!!! Hierdie is maar net die begin. Gaan kyk bietjie op ytube wat haat kan doen, hoe die radikale moslems die christen POW op strepe soos rotte doodskiet. Ek is seker hulle verdien dit nie, en ek dink ook hulle het gepleit en gebid vir genade. DIS FREAKEN SCARY. En moenie die fout maak om te dink as jy goed en gaaf is jy in n ander klas sal wees as die verkeerde mense jou in die hande kry nie. GOD EN GOD ALEEN kan ons red, maar gebruik ook die verstand en mense kennis wat God jou gegee het,

Nandi ·

Toe ek gisteraand die stukkie lees op enuus wou ek huil van woede én hartseer. Om ‘n ou oom en sy hond so te martel. Wat se goed doen soiets? Barbare? Ongediertes? Dit is tyd dat ons reg in eie hande begin neem, want daar is nie wette in ons land nie. Wat ‘n hartseer dat die oom, wie se hond dalk sy beste vriend was, moet terug kom by sy huis en sy vriend is uitgesit omdat hy/sy so beseer is. Dis lankal tyd [of moes nooit gebeur het nie] dat die doodstraf teruggebring word. Wat se lafaards van 4 – 5 val ‘n enkel ou oom aan en ‘n hulpelose dier!!! Wag, ek moet begin swyg!!!!!!

M BESTER ·

Miskien moet die SPCA en nie die SAPS die ondersoek behartig, ek dink hulle sal gouer
resultate kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.