Bejaarde op kleinhoewe geskiet

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

’n Bejaarde man (72) is Woensdag op sy kleinhoewe naby Hankey in die Oos-Kaap geskiet en word tans in die hospitaal behandel.

Die man het glo sy honde hoor blaf en ondersoek ingestel toe rowers op hom losgebrand het. Hy is een keer in die been geskiet.

“Hy het by die kombuisdeur uitgestap toe ’n onbekende aantal verdagtes, wat ’n paar meter van die huis af gestaan het, op hom begin skiet het.

“Een van die koeëls het die slagoffer in die onderkant van sy been getref. Die slagoffer was ook gewapen en het skote op die aanvallers afgevuur,” sê sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder.

Volgens Nkohli het die aanvallers van die toneel gevlug en dit is in hierdie stadium onbekend of een van hulle tydens die voorval beseer is.

“Die polisie ondersoek tans ’n saak van poging tot moord.”

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om die speurkapt. Trevor Engelbrecht by 082 441 7735 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Miskruier ·

Oom het jy die ligte in die huis afgeskakel voor jy uitgestap het? Tien uit tien darem gewapend.

Frank ·

En hoe weet jy dit was in die aand? Ten minste het hy, anders as baie ander, ‘n wapen in sy hand gehad.
Jy moet buiteligte hê (as dit aand is).
Jy moet ‘n afstand om jou huis skoonhou om wegkruip plek te verminder.

koos10 ·

Miskruier, verduidelik asb meer oor die ligte afskakel? As dit nag is is dit donker in die huis, loop jy in die huis in kan een van twee dinge gebeur.
1. Jy loop in ‘n donker huis in en daar is rowers in jou huis, is jou en die rowers se oë is die donker gewoond. Die rowers het die voordeel dat hulle in die donker in jou huis kan weg kruip.
2. Jy skakel die ligte aan en die rowers weet dadelik waar jy is (by die skakelaar).
Nee wat, los die ligte aan en die grodyne oop, om jou kans te gee om moontlike beweging te kan sien terwyl jy nog buite is.
Die beste raad is om nie jou huis na donker te verlaat nie, en sluit altyd jou huis as jy dit verlaat. Beams buit jou huis is ook ‘n goeie belegging, saam met ligte wat aangaan op beweging.

Persheks Adri ·

Hierdie vervlakse misdadigers met hulle onwettige wapens weet jy maak my warm onder die kraag!

Persheks Adri ·

Hulle versondig my siel en die woordeskat darem deesdae Mariana.

Hennie J ·

Vanaf die vroegste tye soek hulle net sagte teikens.Bravo dat jy jouself kon teesit!

Harley Davidson ·

En meestal is dit voorheen benaadeeldes wat huidige benaadeeldes aanval.

Natalie ·

Ek Bid vir die Oom.. hulle gee nie om hoe oud mens is nie, wat hulle verniet kan vat sal hulle.. ai

E ·

Hy moet nou eers sy sekuriteit opskerp. hulle kom altyd terug en sy honde ook baie goed oppas.

Surfer ·

Gee daai oom n ………………………………………………………nog n wapen Cele!

piper ·

as hy nie n wapen gehad het nie sou ons n treurige einde gehad het. nou wil hulle wapens vir selfverdediging opskort.

Harley Davidson ·

Mooi so gewapende, paraat,terugeskiet en sy lewe is gespaar en die terroriste sal twee keer dink voor hulle weer voet op sy plaas sit.

Aai ·

Hi oom jy het jou eie lewe gespaar, jammer om dit te se maar gaan met jou wapen na badkamer dit is die tye waarin ons lewe.(I CARRY A GUN because when seconds count the cops are minutes away)

Anoniem ·

Lafaards!! Moet altyd meer as een opdaag om te moor/plunder/breek en brand. Hardloop weg as daar op hul vuur geantwoord word. Sterkkte my Oom, mag jy ten volle herstel. Jy is ‘n voorbeeld vir duisend anders.

Hendrik ·

Die goue reel vir enige woning dorp, stad, plot of plaas. Moenie buite toe gaan as daar beweging is nie. Bly in jou veilige dop en roep hulp in van buite.

Cherokee ·

As cele se poging slaag, dan het die gewonde die wet oortree deur homself te verdedig.

ES ·

Gelukkig was die oom bewapen! Die uitkoms kon soveel erger gewees het.

E ·

Ons hoef nie meer wilde weste flieks te kyk nie.Ons leef in die wilde weste. Elkeen MOET ‘n handwapen he en meer dikwels eers skiet en dan vrae vra.

judbox ·

Bly in die huis en bel buurman of polisie. Waarom stap jy uit. Ag ja ek het nie woorde nie????????

Deon ·

En dan kom die buurman daar aan en die buurman is buite,en die boer binne?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.