Bejaarde op kleinhoewe met breekyster aangerand

Frans van Loggerenberg ná die aanval. Foto: Verskaf

Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat ʼn bejaarde man Dinsdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in Noordwes deur twee boosdoeners met ʼn breekyster aangerand is terwyl hy geslaap het.

Frans van Loggerenberg (70) het in sy huis op die kleinhoewe in die De Wildt-omgewing geslaap, toe aanvallers hom oor sy kop en bene begin slaan het. Rubin van Rooyen, ʼn lid van die plaaslike buurtwag wat kort ná die aanval op die toneel was, het aan Maroela Media gesê Van Loggerenberg het ʼn hartprobleem en het aan die slaap geraak voordat hy sy deur kon sluit.

Die boosdoeners het kort ná middernag deur die oop deur toegang tot die huis verkry. Volgens Van Rooyen is daar drie huise op die kleinhoewe, maar Van Loggerenberg bly alleen in sy huis.

“Toe hulle hom slaan, het hy net begin skree. Sy bure bly amper reg langsaan en het hom gehoor en die ligte aangesit. Dit het die verdagtes vermoedelik die skrik op die lyf gejaag, want hulle het daarna gevlug.”

Volgens Van Rooyen is net ʼn selfoon, beursie en ʼn paar items uit die huis gesteel. “Frans het net twee aanvallers in sy huis gesien, maar ons het vier tot ses mense se spore buite die huis gekry. Ons weet nie of dit nóg verdagtes was of mense wat net vroeër buite geloop het nie,” het Van Rooyen gesê.

Van Rooyen het gesê Van Loggerenberg het oop wonde en erge kneusplekke opgedoen, maar het geweier om hospitaal toe te gaan. ʼn Buurvrou het sy wonde verbind. Volgens mediaberigte is hy wel later die dag na ‘n hospitaal geneem.

Konst. Matsobane Mabusela, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ʼn saak van huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

G ·

Natuurlik moet die mense liewer trek plaas en hoewe moorde is aan die orde van die dag !! Die boewe is oral !!

Karin ·

@G – en waarheen moet die mense nogal trek !!! Ons bly op ‘n kleinhoewe, en kan nie net oppak en trek nie !!! Dit maak vandag nie meer saak waar jy bly nie, ons almal is uitgelewer aan die elemente……….

Alida ·

G. Kan jy vir al die mense blyplek bied? Ek dink nie so nie. Dit is hulle eiendom en kan bly waar hulle wil. Dit is maklik om te praat terwyl jy in die toegespande veiligheidskompleks woon. Daar is net soveel misdaad.

Skepties ·

it is al heenkome en inkomste en beroep wat meeste mense op plase het. Of sal jy vir my werk en blyplek gee G?

G ·

Kloon-G, waantoe wil jy vlug? Oorsee is daar netso baie aanvalle, al sê almal hul slaap met oop deure en vensters. Kyk hoe word massas doodgeskiet by klubs, in kerke. Kyk hoe ry trokke in massas in (ek weet S.A.) begin nou daai voorbeeld volg, maar nogsteeds.

Willie ·

Matsobane… dis poging tot moord, inbraak, diefstal, doel om erenstig te beseer… Fakile het gese die SAPS is 99,9% effektief… Jy is seker die 0.1%

Eish ·

Dis die probleem. Gewoonlik n oormag waar teen jy jou nie kan verweer nie.

Elsa vd Berg ·

Ag nee man, die die deure moet altyd gesluit wees!!!! Dit is baie onverantwoordelik om jou deure oop te los selfs in die dag wat staan nog as dit alreeds donker is. Dit gee in elk geval die mense nie die reg om hom aan te val nie. Sterkte

G ·

Elsa, hoekom moet deure altyd gesluit wees? Hoekom moet ons in vrees lewe? Ons regering is pateties. Dalk was sekere dinge van die verlede nie so erg nie. Toe kon kinders ten minste buite speel, en deure kon oopstaan.

Andre ·

Mooi beskrywing “boosdoeners”? Hulle is niks anders as rampokkers en moordenaars. Miskien moes hulle “ontevrede besoekers” genoem gewees het.

MERAAI ·

Oop deur??? regtig !!! leer die mense nie alles moet toe gesluit wees voor jy gaan slaap!

Leahim ·

Nog n sagte maklike teiken by die huis ingeloop , terwyl die plot en plaasbewoners gesien word as maklike sagte teikens gaan hierdie voorvalle toeneem

Jaco ·

As hulle net wou steel dan sou hulle dit doen terwyl die man gele en slaap het. Hoekom n slapende man met ysters slaan terwyl jy klaar gevat het wat jy wou en stil kon spore maak? Die is poging tot moord ….

Bly in groepe nie alleen op plase ·

Hieruit leer ons hoe belangrik dit is vir mense op plase en plotte om bymekaar of langs mekaar te bly, want die teenwoordigheid van bure is baie belangrike afskrikmiddel vir misdadigers. Boere moet asseblief huurders by kry, al bly hulle verniet.

Leahim ·

En kry daardie mense om ook die plaaswerk te doen twee vlieëmet een klap.

Louise ·

@G – stem 100% saam met Karin, mens kan nie net op pak en trek nie dit is nie so maklik nie, waarheen gaan jy? En hoekom moet ons vlug, dit is nog steeds ons tuiste, sulke dinge gebeur in die dorpe ook.

G ·

Ek stem saam met jul almal, mens kan nie net vlug nie. Waarheen trek mens? En as mens nou wel ‘n verlate plek kry waar almal sal kan gaan bly, hoeveel jaar gaan dit nie vat om als op te bou nie? Dan is die probleem ook dat, as daar ‘n suksesvolle ‘dorpie’ iewers begin gaan word, met hoë mure ens., gaan dit makliker wees om aangeval te word as die sekuriteit nie van die hoogste graad gaan wees nie. En kriminele is altyd ‘n stappie voor. So dan maak mens dit net makliker om duisende op een slag uit te wis, ipv een-een. Die oomblik dat jy jou kop by die hek gaan uitsteek, is jy ook dood. KLOON-G se plan sal nie kan slaag nie.

MOEG VIR DIE LAND ·

JINNE KYK DIE OOM SE HARTSEER GESIGGIE DIT BREEK MY HART SO OM SULKE OU MENSIES SO TE SIEN WAT SEERGEMAAK WORD. ASB LIEWE JESUS HELP ONS :-(

SANA ·

Is so jammer wat met die oom gebeur het. Ek bid regtig dat die ons Hemelse Vader ons sal help dit breek my hart om elke dag te sien hoe ou mensies seer kry

marianne ·

My oom, dat jy nog lewe is ‘n wonderwerk. EK bid dat jy sal herstel. Is daar nie iemand wat na die oom kan omsien nie, by is oud, broos en sieklik.
Waarheen gaan die lewe? Is daar nêrens vir ‘n mens meer runs en veiligheid nie?
DAAR IS SO ‘N GROOT AANTAL STERK GESONDE MZNS EN VROUE WZT WERKLOOS IS, IS DAAR NIE IEMAND WAT ‘N STAANDE MAG OF ARMED RESPONSE KAN FORM, AM HIERDIE MENSE OPLEIDING GEE EN TOERUS DAT HUL, SELF VOORSIENDEND JUL DIENSTE KAN AANBIED EN BESKERMING KAN LEWER NIE???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.