Bejaarde op kleinhoewe met yster aangeval

Polla du Plessis (Foto: Verskaf)

’n Bejaarde vrou is Dindag in die vroeë oggendure in haar huis op ’n kleinhoewe buite Vanderbijlpark in Gauteng oorval en aangerand.

Die 79-jarige Polla du Plessis is in haar slaapkamer vermoedelik met ’n ystervoorwerp in die gesig geslaan voordat sy op die grond geval en gemaak het of sy dood is en die boosdoeners vort is, vertel haar skoonseun, Johan van Emmenis, Dinsdag aan Maroela Media.

Du Plessis woon saam met haar twee seuns en dié se gesinne op ’n omheinde kleinhoewe hoewel sy in haar eie huis op die kleinhoewe woon.

Volgens Van Emmenis het drie verdagtes omstreeks 04:00 die veiligheidsdeur voor sy skoonma se voordeur uit sy skarnier gebreek waarna hulle dié deur oopgebreek en die gang af is waar sy in haar slaapkamer gelê en slaap het. Du Plessis het wakker geword voordat die verdagtes haar kamer bereik het.

“Hulle het niks gesê nie. Hulle het net die slaapkamerdeur oopgeskop en haar begin slaan. Daar was geen waarskuwing nie,” vertel Van Emmenis.

Du Plessis se neus is in die voorval gebreek en sy het ander beserings aan haar gesig en arms opgedoen voordat sy bewegingloos op die grond gaan lê het. Die verdagtes het toe haar kaste se deure en laaie oopgeruk voordat hulle na die ander drie slaapkamers is en die inhoud van die kaste ook uitgegooi het. Die verdagtes het selfs die deksels van die toiletbakke verwyder op soek na iets waardevols, vertel Van Emmenis.

Die verdagtes het eindelik glo met net ’n selfoon op die vlug geslaan. Du Plessis het stil gelê totdat die verdagtes vort is waarna sy alarm by haar oudste seun in sy huis op die kleinhoewe gemaak het.

“’n Mens kan nie verstaan dat sulke goed moet gebeur met iemand van 79 jaar wat niemand skade sal aandoen nie. Hoekom moes hulle haar so seermaak?” wou Van Emmenis weet.

Du Plessis is vanoggend in ’n hospitaal opgeneem vir mediese behandeling. Sover Van Emmenis weet is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het die polisie genader vir kommentaar en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Walda ·

Maar vra nou die polisie om egte misdaad soos dié te polisiëer? Dan skitter hulle in hul afwesigheid, want hulle is te besig om die klein besigheids-eienaars uit te snuffel wat probeer om ‘n lewe te aanhou maak….

Die Wolf ·

Slegs lafaards sal dit doen. Was en is nog steeds lafaards.

Werner ·

100% n terroriste aanval storm in begin aanval en vlug met n selfoon net om dit kamstig na misdaad te laat lyk

JM ·

” . . . niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie . . .” ag tog!

Hekwag ·

Hulle bly nou maar eenmaal Lafharts; val alewig weerlose mense aan. Wag maar, julle dag sal kom!

Genis ·

Dis n skande, weereens le ek dit voor die ANC se voete… Niks word van die terrorisme gedoen nie…inteendeel vat hulle poliseering weg, GPF ents…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.