Bejaarde op kleinhoewe vermoor

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-11.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

’n Bejaarde man is Maandag tydens ’n aanval op ’n kleinhoewe in Mnandi buite Centurion vermoor. Sy bejaarde vrou is tydens die aanval gewond en in ’n kritieke toestand vir mediese behandeling na ’n hospitaal vervoer.

Maroela Media verneem sy is sedertdien aan ’n ventilator gekoppel.

Emer-G-Med sê paramedici is Maandag net ná 19:00 na die kleinhoewe ontbied. Die man se liggaam is met paramedici se aankoms buite die huis in ’n plas bloed aangetref. Hy is kort daarna dood verklaar.

Die man se vrou is met ernstige beserings in die huis, glo in die slaapkamer, aangetref.

Die vrou is inderhaas gestabiliseer voordat sy vir mediese behandeling na ’n spesialishospitaal vervoer is.

Voorlopige inligting dui daarop dat die egpaar albei steekwonde tydens die aanval opgedoen het.

Dit is nie in die stadium bekend hoeveel aanvallers op die kleinhoewe toegeslaan het óf hoe hulle toegang tot die eiendom verkry het nie.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vrystaat2109 ·

Dit is steeds die lafhartigste nasie seker ter wereld, hulle kom altyd in ‘n groep om weerlose oumense te vermoor

Harley Davidson ·

Soos dit die norm is by meeste aanvalle wie is die aggressors.

Marcello ·

Aai !!!, dit is so hartseer, sterkte vir die tannie en haar geliefdes.. ‘n Mens besef maar net weer, hulle is lafaards, want hulle “target” veral bejaardes, want hulle het nie verweer nie.

Fluisterwind ·

Wie en of hoeveel mense moet nog dood gemaak word voor daar iets gaan gebeur wat die situasie in ons land gaan omkeer?

George ·

Wie gaan wat doen Drikus, byvoorbeeld, wat doen jy om die situasie te verbeter?

JohanR ·

Kommentaar van Squirrel…..moenie bekommer nie mense, dit sal eendag regkom. Onthou ons is nog net 28 jaar die regering.

Danie ·

En dis al wat die lafaards kan doen om bejaardes wat weerloos is te vermoor.En so gaan ons net aan dalk moet ons ook n streep trek in die sand.

Catherina ·

By die families van die wrede aanvalle , word nooit deur die regering besoek nie. My hart bloei vir die oorblywende. Kon net sovel ons gewees het wat op plase bly. Sterkte aan die dame en familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.