Bejaarde op Noordwes-kleinhoewe vermoor

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Bejaarde man is Dinsdagmiddag op ʼn kleinhoewe naby Broederstroom in Noordwes vermoor.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die moord het vermoedelik tussen 15:00 en 18:00 gebeur. “Die 79-jarige man se bure het glo onraad vermoed toe hulle hom nie buite op die kleinhoewe gesien het nie en het gaan ondersoek instel. Hulle het sy liggaam in sy huis op die vloer aangetref met sy hande vasgebind,” het Moleko gesê.

Sy het gesê die man is vermoedelik met ʼn tou of elektriese koord verwurg. Daar was nie tekens van gedwonge toegang tot die huis nie en die deur het oopgestaan.

“In dié stadium probeer die polisie nog vasstel of daar iets uit die huis gesteel is. Die man het alleen gebly, so dit was nie onmiddellik duidelik of iets uit die huis vermis word nie,” het sy gesê. “Die kluis in die huis het oopgestaan, so die polisie sal ondersoek instel of die man ʼn vuurwapen gehad het.”

Moleko het gesê die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien sy naasbestaandes nog in kennis gestel moet word. ʼn Saak van moord en huisroof word ondersoek.

Lees die reeks indiepte-artikels wat Maroela Media in Februarie oor plaasaanvalle in SA gedoen het hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jakalas ·

Hoe lank moet Boere nog lei onder hierdie elende? Genoeg is genoeg. Hulle moor die boere nou uit. Iets moet gedoen word. Daar is ‘n agenda agter dit alles. Die regering en EFF speel net dom.

ken benoni ·

God hoeveel bloed moet nog vergiet word voordat U gaan ingryp en hierdie diktatuur beëindig? Help ons asseblief dat dit eindig! Amen

Christo ·

Afrika die Vampier , Beeldskone Ondier!! Hier gaan nog baie bloed vloei voor ons van ons stoele gaan opstaan en trug seer maak. Ongelukkig!!

Annie ·

Daar is n adder met verskeie koppe… hierdie moordenaars word uitgestuur met n doel. As die regeering onskuldig was sou hulle al aksie geneem het. Daar word tot aan wit polisie gese ek gaan jou vrou en kinders moor en verkrag !!!!!

marous ·

Vervloek is almal wat ‘n aandeel in hierdie boosaardigheid het , insluitend die wat dit goedkeur!

Morne ·

Ek voel naar en siek tot diep binne my siel. Die barbaarse moorde het geen einde in sig nie. Die afgelope 2 maande is ongelooflike BAIE moorde gepleeg. Ek en my vrou is besig om te pak. Ons gaan binne 2 maande na Europa trek om permanent daar te woon. Ten minste is ons daar deel van ‘n meerderheid en nie deel van ‘n minderheid nie. Ek en my vrou wil ook nie kinders in SA he nie want daar is geen toekoms vir kinders nie. Ons sal wag tot ons in Europa is. Vaarwel SA !

Ice ·

Waar is die EFF en ander wat kommentaar lewer op stupid voorvalle soos die Spur. Lyk my dis erger as moord

Aniannerkant ·

Kan ons nie n woord maak vir hierdie tendens van die bottomfeeders(laer as hiëna en aasvoël en stink muishond) se tendens om weerlose mense te vermoor of andersins uit te buit nie????

Vlooi ·

Tyd dat ons begin terug baklei. Hulle het gisteraand by my kinders ingebreek maar is gevang net toe hulle die venster uit gehaal het. Twee gewapende nagadders Dankie Here vir U hand oor my kinders

Riaan ·

Die scenario is heeltyd dieselfde. Mense word aangeval en vermoor en die vuurwapens word uit die kluis gesteel. Leer niemand iets uit die media berigte nie? Jou vuurwapen moet aan jou sy wees en ‘n onafskeidelike deel wees van jou. Veral as jy op ‘n plaas woon.

Santa ·

Liewe Heer al Hierdie moorde…martelinge…laat Dit asb stop Heer . Net U kan ons help En ons die wapendrag gee om Ons self te beskerm . Soveel onskudige sagte teikens se lewens word wreed geneem…..

Delta Mike ·

Altyd snaaks hoe baie van julle altyd kerm tot God om die land te verlos, wens net julle wil begin wakker word en jul bietjie logika gebruik dat God nie tot jul redding sal kom net vir julle nie, God die Almagtige Skepper sal slegs tot n nasie se redding kom wat bereid is om op te staan en bewys dat hy wel werklik in die naam van die Almagtige Skepper opstaan teen die vyand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.