Bejaarde op NW-kleinhoewe oorval

Argieffoto: Maroela Media

ʼn 83-jarige man is die afgelope naweek in sy huis op ʼn kleinhoewe in die Swartruggens-omgewing in Noordwes vasgebind en selfs van ʼn stofsuier beroof.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdag omstreeks 22:00 plaasgevind.

“Drie verdagtes het toegang tot die man se huis verkry en ʼn vuurwapen op hom gerig. Hulle het hom met toue vasgebind terwyl hulle verskeie items gebuit het,” het Moleko gesê.

Die verdagtes het ʼn yskas, ʼn televisie, ʼn DVD-speler, ʼn CD-speler, ʼn klankstelsel, ʼn stofsuier en ʼn selfoon in die slagoffer se wit Colt-bakkie gelaai en daarmee op die vlug geslaan.

Volgens Moleko het die man alleen op die kleinhoewe gebly en is hy nie ernstig beseer nie.

Die Swartruggens-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

S van zyl ·

Ons moet nou begin om rowers te merk kap hand net agter vingers af sodat almal hom sal ken vir moord tot by elmboog en vir verkragting sy hele arm. As hy dit weer doen dan aan anderkant begin regs dan links almal sal weet en hulle sal te skaam wees km in openbaar te verskyn. Dis darem net te erg hoe dit nou in ons mooi Suid Afrika gaan

rafel ·

Ek stem. Net jammer die regering beskerm di krimineel en sal dit nie doen nie

fm ·

Dit is moeilik om by te bly met die getal mense wat daagliks aangeval, gemartel en vermoor word in stede, dorpe, kleinhoewes en plase in Suid-Afrika. Sommige is egter gelukkig en oorleef die aanvalle. Baie sterkte aan almal wat in Suid-Afrika woon en wag vir die onvermydelike – om aangerand en vermoor te word.

Gert ·

HIER KAN JY SIEN WAT IS DIE DOEL VAN VOORVAL. DAAR WORD NET N DING GEVAT DAT DIT NA ROOF MOET LYK MAAR KAN NIKS MINDER WEES AS OM OUERIGE BOERE AAN TE RAND OF DOOD TE MAAK.

Koos B ·

S van Zyl dit word in sekere lande gedoen hoekom nie hier nie.As dit daar werk moet dit hier werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.