Bejaarde op plaas aangeval

’n Bejaarde is op haar plaas in die Oos-Kaap aangeval. (Argieffoto ter illustrasie)

’n 77-jarige vrou is Donderdag skuins ná 17:00 in haar plaashuis in Sleepy Hollow, Gqeberha (Port Elizabeth), in die Oos-Kaap aangeval.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer is met haar tuiskoms deur drie mans oorval toe sy omgedraai het om die deur agter haar toe te trek.

“Hulle het haar gegryp en na ’n ander vertrek geneem waar sy vasgebind is.

“Hulle het onder meer met drie televisies en ’n kluis in die slagoffer se silwer Toyota Hi-Rider-bakkie gevlug.”

Volgens Naidu het die slagoffer daarin geslaag om haarself te bevry en na haar seun se huis op dieselfde perseel gery.

Haar seun was egter nie tuis nie en sy het by die bure om hulp gaan aanklop.

“Sy het ligte beserings aan haar gesig en arms opgedoen en is na ’n hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Volgens Naidu word die saak deur die polisie ondersoek.

Die aanval volg enkele dae nadat John Viedge (79) op sy plaas naby Nqanqaru (Maclear), ook in die Oos-Kaap, vermoor is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Fedup ·

Every single day someone is either attacked or killed in this country, but the circus sit an watch.
Am I the only one who are really really fedup with this.?

Persheks Adri ·

No Fedup we all feels like this! It makes me sick and to think they want our weapons gggmmmfff

Yolandie ·

No you are not the only one. What you must get is that the circus that is in charge do not care…..because there is a agenda to get rid of our farmers…..no logic or commonsense to that but what does that matter they want the empty farms!!!!

Misky ·

Mens het werklik waar nie meer woorde nie, want dit gebeur nou daagliks. Bly die tannie is ongedeerd ten minste

Mieke ·

Ongedeerd,’n paar beserings maar ‘n lewenslange trauma waarmee die arme vrou gaan moet leef…

JM ·

En Cyril sê nie ‘n woord nie! By implikasie dra dit sy goedkeuring weg. Mag God vir ons uitkoms gee, want dinge kan waaragtig nie so voortgaan nie!

Persheks Adri ·

Dankie tog die tannie is nog lewendig!!!

Ons is al moeg vir moord en dood en roof en aanvalle maggies, brand en breek en korrupsie natuurlik.

Kom hoed jou mense moet ons mos kan beskerm nou hoe nou?

Filistyn ·

Sjoe. Sterkte aan die dame – hoop die boosdoeners word gevang en gevonnis. – maar dit is seker wishfull thinking?

Vernon ·

Ons se al van seker so 2000 af dat dinge nie so kan aangaan nie,maar dit gaan aan. Die ANC gaan niks doen nie…dis nou oorlewing ! Ons bly hamer op die deuntjie dat kos verskaffing daar onder gaan lei. ANC het nie n saak met dit nie,hulle soek ons grond!!!

Juls ·

Net jammer jy kannie grond eet nie. Maar dit sal hulle gou agterkom.

Erika ·

If ” certain persons ” Are who they say – Persons with interity they are they are they would have done something about the farm attacks on the minority long ago….By doing doing Nothing you are just as Guilty Cyril. as those committing the murders
If it was a member of one of the majority group and they took justice in their own hands because those people are fed up too it will most likely be swept under the carpet…..
But when a minority Group member defend himself to survive in an farm attack he will quickly arrested…for defending his family
Changing the Gun Law as the Government makes an farmer less likely to survive an Attack…Exactly .

Juls ·

Die HEL is los in hierdie land, dan het Gun Free South Africa die vermetelheid om die voorgestelde wysiging aan die wapenwet te ondersteun. Dit in ‘n land waar die polisie USELESS is om sy burgers te beskerm, nog minder om kriminele te vang en toe te sluit. Die krims hardloop vry rond met wapens maar ons wat deur kursus en paierwerk moet stoei om ‘n legitieme wapen te besit word die reg nou ontse om onsself te beskerm. Neewat, BASTA met hierdie korrupte land!

JohanR ·

As daar 4 boere ‘n week doodgemaak word is dit 16 boere ‘n maand en 192 boere ‘n jaar. Waar is enige ander land in die werel sal dit geduld word? VSA, Frankryk, Australia ens ens. En skielik kan die boer nie eers ‘n geweer aanskaf om homsel te verdedig nie. Wat gebeur met, en op ‘n plaas elke keer wat ‘n boer vermoor is? Dit is nog een plaas wat nie meer vir die land kos verskaf nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.