Bejaarde op plaas buite Brits doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

‘n 69-jarige man is Maandagaand op ‘n plaas in die Mamogalieskraal-omgewing buite Brits in Noordwes doodgeskiet.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die bejaarde man was glo saam twee ander persone toe drie verdagtes die huis binnegestorm en op hulle losgebrand het.

Mokgwabone sê die bejaarde man is deur een van die skote getref en is op die toneel dood. Die verdagtes het met die oorledene se wit Isuzu-dubbelkajuit-bakkie gevlug.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Mokgwabone sê die polisie ondersoek ‘n saak van moord en gewapende roof.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Brits-polisiestasie by 012 381 6000 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hester ·

Is dit nou toevallig dat ons elke dag lees van n ander bejaarde wat sterf deur aanvallers. Is dit n skrikbewind. Of is daar meer sterftes van bejaardes daagliks net een word gepubliseer.

Ria Maritz ·

‘n Mens se lewe word geneem ter wille van ‘n voertuig !

Nogmaals ‘n bejaarde … mag God vinnig uitkoms gee.

alberts ·

mag die man se naas bestaandes miljoene rande eis by staat vir pyn en lyding en skade wat hul aan gedoen is .

Janine ·

Ek hoop Brits se polisiestasie tel hulle fone op indien iemand enige inligting hieroor het…

Baie sterkte aan die bejaarde se familie en vriende! Dit is verskriklik!

estelle ·

Janine stem saam! bel vandag ‘n polisiestasie, glo my die fone lui vir tot 10 min aan een voordat iemand antwoord!

As jou lewe regtig in gevaar is, is jy dood voordat hulle aan die ander kant antwoord!

Monica ·

Dit is die manier waarop die sogenaamde grondhervorming in SA toegepas word.

Elaine Myburgh ·

So word ons boere en blankes een vir een ge-elimineer Baie sistematies Die Media mag nie meer daaroor berig nie want dan kan die oorsese mense sien wat aangaan!! En dit wil hulle ten alle koste vermy!!! Dis nag vir elke blanke in die land. Ons beur kom stadig maar seker vir elkeen van ons Hulle is slimmer as die houtjie van die galg!! Ons kan net bid vir genade vir ons blankevolk Net DIE GROOT VADER kan ons uit hierdie ellende red!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.