Lt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê die man en sy vrou huur ʼn huis op die plaas. Die vrou het glo Woensdagaand deur die huis se venster geloer en ʼn indringer gesien.
“Die man het na buite gegaan om uit te vind wat aangaan en is in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood,” het Hani gesê. “Niemand anders is beseer nie en niks is gesteel nie. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”
Hani het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Ai hoekom moet daat so baie misdaad wees.
Ai mense……leer uit die tragiese dood van die boervan Sasol…..moenie uit jou huis gaan as jy nie seker is wat buite aangaan nie…..bly in die huis en bel bure of die polisie (vir wat dit werd mag wees).
Lekker om goed uitgelegde en ordentlike afrikaanse nuus te lees!!!!
moord bly moord Net soos verkragting moet dit met die doodstraf vergeld word