60-jarige op plaas in Oos-Kaap aangeval

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn 60-jarige man is Donderdagaand deur ten minste vyf mans op sy plaas naby Joubertina in die Oos-Kaap aangeval.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het die mans die plaashuis by Krakeel omstreeks 18:00 bestorm. Ten minste een van die mans het ʼn vuurwapen gehad. Die ander mans was glo ook gewapen, maar dit is nie bekend met watter soort wapens nie.

“Die slagoffer is met ʼn geweer aangehou en toe in sy inloopkluis gedwing. Die verdagtes het hom in die kluis toegesluit en toe die huis omgekeer op soek na kosbare items,” het Nkohli gesê.

Die slagoffer se vrou het egter hulp ontbied deur ʼn paniekknoppie te druk en die verdagtes het gevlug. Hulle kon nietemin daarin slaag om twee selfone en ʼn skootrekenaar te buit.

Nkohli sê ʼn saak van huisroof word ondersoek en die polisie doen alles in hul vermoë om die verdagtes vas te trek.

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, speursers. Regard Wagener by 042 279 1600 of 073 738 3335 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ovelia

Ek dink hul is bang om een een op te tree daarom is hul so klomp. Lagaards

Adri

“alles in hul vermoë”? ☺

pompies

Huis braak en nie poging tot moord en roof nie???

JM

Die vloeke hou net nie op nie!

Pieter9

‘n Sestigjarige is verseker nie ‘ ‘n bejaarde’ nie – die meeste 60-jariges van vandag sal vandag se plomp millenials in all opsigte, ore aansit!