Bejaarde op plaas vermoor

Die oorledene se uitgebrande voertuig. (Foto: Facebook)

Die Oos-Kaapse polisie is op die spoor van ’n onbekende aantal verdagtes nadat ’n bejaarde man oor die naweek op ’n plaas tussen Stutterheim en Cathcart vermoor is.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring ’n boer in die omgewing het Sondag by sy 75-jarige buurman op sy plaas ingeloer en op sy liggaam afgekom.

Volgens Kinana is die oorledene na bewering oor die naweek aangerand, waarna hy vermoedelik aan sy beserings beswyk het. Sy uitgebrande voertuig is later verlate gevind.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Werner ·

Wonderlike Ubuntu aan die werk volgens die libs moet hulle nou vergewe word en ons moet net geduldig ons beurte afwag

Roelf ·

Bly maroelamedia rapporteer nou ook oor Plaasaanvalle/ Moord op Boere in OOS Kaap. Roelf

Gretchen ·

Wat daar nie gese word nie is dat die boer wreed doodgemaak is en dat die aanvallers daarna nog geparty het in sy huis. En toe sy bakkie gevat het en uitgebrand het. Dan se hulle n mens moenie haat nie. Onskuldige ouman wat niemand gepla het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.