Bejaarde op Potch-plaas doodgeskiet

Die haelgeweer, mes en selfoon waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 69-jarige man is Vrydagaand op ʼn plaas buite Potchefstroom doodgeskiet.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 22:30 in die Vyfhoek-omgewing plaasgevind.

“Die man en sy seun het gaan ondersoek instel toe die alarm afgegaan het. Hulle is na buite waar hulle drie verdagtes by die heining gesien het,” het Makau gesê.

ʼn Stoeiery het glo ontstaan en een van die aanvallers het die man met ʼn haelgeweer van ʼn kort afstand in die bors geskiet. Sy seun het die aanvallers teengestaan en het hulle van die haelgeweer en ʼn mes ontwapen. Die verdagtes het ook ʼn selfoon laat val voor hulle te voet van die toneel gevlug het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se liggaam is buite die erf aangetref. “Hy is ondersoek en het geen tekens van lewe getoon nie. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Pieter ·

Ag dis net nog n plaasmoord is daar nie iets belangriker soos iemand wat iewers in die sestigs of sewentigs verselfmoord of wat ookal nie?

Karin ·

Dit is UITERS onsensitief van jou!!!!! Hierdie oom was een van d beste mense Wat ek Al ooit ontmoet het op Hierdie wreede aarde. Ek hoop van harte dat as jy ooit so iets moet deurgaan soos sy familie nou doen,dat jy jou onsensitiewe kommentaar sal onthou!!!!

Karin ·

Uiters onsensitief van jou! Dink bietjie waardeur sy familie moet gaan!!!!!

Veritas ·

Pieter ek dink ek verstaan wat jy probeer sê. Plaasmoorde het iets alledaags geword. Soveel so, dat die nuuswaardigheid daarvan aan die afneem is. Vir diegene wat direk daarby betrokke is, soos naasbestaandes en vriende, bly dit egter traumaties en vir ons as lede van die Boerenasie bly dit weersinwekkend. Ek glo dat jy, in jou hart, ook so voel maar die magteloosheid om iets daaraan te doen, het jou hierdie opmerking laat maak.

Leahim ·

Ek stem saam met jou Pieter die boere wil nie luister nie gryp die sambok en gaan stel ondersoek in

Pieter ·

Karen-duidelik verstaan jy nie mooi nie…..hulle sal moeite dien om goed te probeer oplos wat niemand eers kan onthou nie en hierdie moord sal vir hulle niks beteken nie,ek self is n boer op n plaas waar my buurman geskiet is…8 keer en vir wat? En wie is gevang? Noemand want hulle gee nie om nie

G ·

Karin, Pieter was sarkasties. Lees van die vorige MM-berigte, dan sal jy verstaan wat hy bedoel. (Die een van die man wat hul gedink het selfmoord gepleeg het, maar glo by ‘n venster uitgegooi is – JARE gelede).

Mielie ·

Die boere moet leer om nie uit te gaan om ondersoek in te stel nie……Dis lewens gevaarlik. Wag eerder vir hulp. Hulle moet dalk nood sirenes hê wat baie ver gehoor kan word. Amper soos die “evacuation/emergency alarms” wat in industrieele gebiede gebruik word. Kameras om die huis is oom n moet alhoewel dit nie die mense sal uithou nie gee dit die mense binne die huis n idee van wat buite aangaan. Dis verskriklik dat ons so moet leef.

pieter cronje ·

Hoekom moet wets gehoorsame burgers hulle lewens verander en soos kriminele agter tralies lewe ? ek het n baie beter plan !

Johan ·

My diepe simpatie met die boer se gesin.
My vraag is net dit: Waarom uitgaan en gaan ondersoek instel. ??? Bel dadelik al die buurplase vir hulp.
Jy gaan nie uit nie, hulle wag vir jou om dit te doen.

Chrisjan ·

Het julle al die wolf- wolf storie gehoor? Die terroriste ook…. Hulle hou aan om die alarms te aktiveer totdat niemand die boer meer kom help nie of hy te sleg voel om die bure en sekuriteits firma weer te pla. As jy al drie keer op een aand “onnodig” na jou buurman se plaas gejaag het sal jy weet waarvan ek praat.

Johan. H. ·

Dis hoekom mense oor alle kleurgrense haat en dit gaan Bacfire, Gelukkig het ons n goeie polisie diens en hulle gaan gou gevang word omdat hulle i selfoontjie op die toneel gelos het.

Haan ·

Geweer. By jou. Ten alle tye.

Sterkte aan die familie en vriende van die oom. Geregtigheid SAL geskied… Al is dit nie in hierdie lewe nie.

al ·

Ek stem saam met jou. Hul vonnis gaan baie erger wees in die hel.

M ·

Selfoon het agter gebly. Kyk waar is die mense wat onlangs geskakel is, dalk kan hulle met die ondersoek help. En dan is daar natuurlik die RICA wetgewing wat se elke nommer moet n eienaar he.

Vermeende ·

En so kom die kring al hoe nader aan jou tot dit jou beurt is om te betaal omdat jy blank is.

Alle sterkte aan almal wat die oom geken het en treur oor hom, mag sy mens beristing vind.

Pinkie ·

Jy is gevoelloos
Sies man dink aan die familie. Jy is n diep ongelukkige mense

zoom zoom ·

Wanneer die skuldige/s gevang word word borgtog onmiddelik toegestaan. “SIC”

Johan ·

Ons almal is gevoelloos want al wat ons kan doen is ,jammer ,sterkte,ons dink aan julle wat agterbly.Word wakker julle mense gaan dood ,en julle is te sleg om iets te doen te sleg om op te staan vir jou mense of het jy te veel om te verloor, jou huis jou kar jou naam. Jou werk is op die spel jou familie word bedreig dood gemaak en julle doen niks sleg se ek wanneer is dit jou beurt!!!!!!!!

Hoekom ·

Wanneer gaan die media hierdie as rasse-moorde begin berig?

Mielie ·

Hulle gaan nie. Hulle berig eerder oor skoolkinders wat deur die rooispan aangehits word om skoolreels te breek en as die skool ootree teen nie onskuldige bloedjies is dit meet nuuswaardig want dan word daar teen hulle ras gediskrimineer. Moord op plaas boere is niks vir hulle nie…..nie nou nie.

Doempie ·

Johan, na wie verwys jy as jy sê “julle is te sleg..”? Mielie, was jy al op ñ plaas? ‘n Plaas is baie groot en die alarm gaan nie eens by die hoofhek gehoor word nie. Wat nog te sê die Buurplaas?

Mielie ·

Ja as kind was ek baie op n plaas. Die alarm waarvan ek praat is amper soos n toeter (ek weet nie wat hulle dit noem nie) maar dit word in industrieele gebiede gebruik en kan baie ver gehoor word, veral snags. Ek self was deur 3 mense met messe oorval wat nie naastenby dieselfde is as wat die boere deurmaak nie en ek glo vas dat jy nie uitgaan en ondersoek instel nie.

Pop ·

Karin ek dink Pieter was sarkasties omdat die regering dit nie met erns wil vat nie. Wel ek hoop so want dis hoe ek dit sien. Hierdie regerig neem die moord van boere as n nationale sport. Daagliks moet ons die vreeslikheid hoor. ???

Anna ·

Ons innige simpatie. NOOIT uitgaan nie. Ontbied dadelik hulp van bure. Ons doen so al vir etlike jare. Daar is weekliks aanslae op ons en ons bure. Beveilig jouself. Baie sterkte.

Johan ·

Doempie ek verwys na elke wit man in sa. En ja ek bly op n plaas nog in potch aree ook nog. Is gatvol vir julle simpatie. Moet my woorde mooi kies !? Mense in die dorp is in gehok met julle huinings en pale nou moet die boere ook toegesluit word op hul plaas watse vryhuid is dit ,demokrise!?!?!?!

Blits ·

Johan jy kort n klap teen die kop, dit gaan nie om boere in te hok nie dit gaan oor jou VEILIGHEID en die van jou GESIN. en om gatvol te wees vir mense se simpatie moet jy n sielkundige gaan sien. jy moet besluit wat is vir jou die belangrikste?, is dit om te sien hoe jou vrou en dogters voor jou verkrag word, gemartel word en dan vermoor te word en jy daar na vermoor te word of is dit om saam met jou GESIN oud te word, die aanvalle vind nie in die dag plaas nie maar in die na wanneer n mens afsluit en tot ruste kom, Ek sluit eerder my en my gesin toe voor ek hulle ne my lewe ingevaarstel omdat ek dink ek is braaf om teen 4 aanvallers te gaan wat ek nie weet wat en hoe en waar hulle hulle bevind of gepan is nie, ons weet hulle intensies is om te moor en te verkrag en te martel, omdat hulle baie genot daar uit kry, My gesin se lewe is vir my meer werd as om maanhaftig en arrogant te wil wees.

Wat van jou gesin se lewe???????????????

Leahim ·

Die plaasboere bly in n staat van oorlog nie julle skuld nie maar pas net aan en beskerm julle en julle gesinne

Blits ·

Hier in die dorp waar ek bly, waar daar al n paar plaasaanvalle was, is een inhegtinis geneem vir n anne oortreeding, hy het vir die mense wat saam hom in die polisie stasie gesit het, vertel dat as hulle sy ID vat gaan hy nie uitloop nie omdat hy een van die is wat die wit varke (Witmense) op plase vrek maak, bltkbaar het hy gespog en gelag daaroor.
Die klomp wat plaasaanvalle loots spog daaroor en vir elke blanke persoon wat hulle doodmaak en die vrouens verkrag is vir hulle n oorwinning en n kompliment.
Mense ons het te doen met mense wat geen geen gevoel het vir witmense nie, ons as witmense word gehaat met n passie.

Wonne of Maroela die sal plaas

Domvraag ·

Wou hierdie 3 ook nie net skroot of lemoene kom steel het nie?? Wanneer die hulle gevang word dan wil hulle voorhou hoe onskuldig hulle is..

Potchefstroomer ·

Baie sterkte aan die familie. Werklik ‘n familie wat ‘n positiewe verskil aan Potchefstroom maak.

Eskimo ·

Maak my ook gatvol as mense maar die heeltyd roep simpatie, jammer , sterkte en al die twak terwyl hulself niks onderneem nie, mense bedoel dit miskien goed maar dis nog altyd beter om julle woorde om te sit in dade.
Mense roep van die kantlyn af wat en hoe jy dit moet doen terwyl hulle self nie weet waar hulle oor praat nie.

anton ·

Blitz, ek dink Johan is net erg keelvol vir die omstandighede in die land wat misdaad betref teen ons mense en dat niemand iets werklik daaraan doen nie en net praat.
Dalk verstaan jy/ons hom net verkeerd.

Eskimo ·

Blits, dit gaan nou nie oor jou gesin nie maar oor boere, wat het jy al vir die boere in jou omgewing beteken?
Jy verkeer nog in winterslaap.
Ek werk by n boer in Kwazulu Natal.

Blits ·

Eskimo.

Ek doen nag patrolies en jy? ek help boere waar daar vermoed word van moontlike plaas aanvalle en jy wat vir n boer werk?? ek is n boer, natuurlik gaan dit oor jou gesin ook, as jy uit gaan dan plaas jy natuurlik jou gesin in gevaar en verhoog die kans om verkrag vermoor en gemartel te word ????? of is ek nog in n winterslaap ??

Leahim ·

Die boere is sagte maklike teikens en terwyl dit die geval is sal die aanvalle net toeneem

Tiger ·

Die’ moord op die boer is verskriklik.Word sommer net doodgeskiet.Dis ‘n daad van terrorisme.Baie geluk aan die seun wat die 3 terroriste so’ goed bymekaar gemaak het!Hy verdien ‘n medalje.Net jammer hy kon nie sy pa red nie en die 3 die huidige met die ewige laat laat ruil het nie.Alle sterkte vir die familie wat rou.
Ons boere is aan onsself oorgelaat vir oorlewing deur die anc terroris regering so ons MOET mekaar help sou daar terroriste op iemand se plaas kom.Bly binne en kontak jou plaaswag mense om te kom kyk.Sterk ligte wat die wereld goed en wyd om jou woning verlig is ‘n vereiste.Dan ‘n handwapen aan jou lyf 24/7 is absoluut noodsaaklik.Maar die belangrikste ding is om GEEN kanse te waag nie.

Christo ·

As die skuldiges ooit deur die SAPD aangekker word sal hulle borgaansoek seker nie teengestaan word deur die gemeenskap nie.

Nico ·

Waarom moet ons soos gyselaars leef en in ons eie tronke lewe……? Mag ons nie n normale lewe lewe in SA nie en moet ons te alle tye in vrees leef. ???? Op elke hoek en draai is groot borde ” Hi jacking hotspot ” of ” be aware for your own safety “. Abnormale omstandighede vir n land wat nie in oorlog is nie …

Johannes Meintjes ·

Meegevoel met die familie. Ja, so hou dit aan, plaasaanvalle en geweldsmisdaad dag na dag. Iewers, na mening, sal die burgers en boere op die grond eenvoudig die streep moet trek en eie paraatheid, perseel reaksies, buurtwag, buurman, GPF, SAPD en in gevalle waar van toepassing, sekuriteitsfirmas, beter moet benut. Dit bly ‘n moeilike situasie in hierdie land waar die SAPD en die regering nie die burgers beveilig nie, en ook nie die ekonomie effektief uitbou nie. Daar word in sekere kringe nou gekyk na beter samewerking en rolverdeling tussen beveiligingskundiges, maar die “soldate” is ongelukkig weens heersende omstandighede, Jan, San, Boeta, Sus, Ouma en Oupa Alleman en Jan die Boer. Soos wat buurtwagte groter samewerking en meer suksesse bewerk so moedig dit na mening en observasie ander areas ook aan om beter te doen wat Burgerlike Beveiliging op grondvlak in die Nuwe SA betref. Kan groepe plase saamwerk t.o.v. sekuriteit, kameras (ook m.b.t. nagsig hommeltuie) en patrollies vir beter beveiliging?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.