Bejaarde op Pta-kleinhoewe vermoor

Polisie op die toneel. Foto: Verskaf

Polisie op die toneel. Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn 77-jarige man, wat alleen op kleinhoewe noord van Pretoria gewoon het, is Vrydagmiddag sowat 800 meter van sy huis af in ʼn veld aangetref.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die man het op ʼn kleinhoewe in die Hakdoringboom-omgewing, naby Rosslyn, gewoon.

“Daar is nog min inligting beskikbaar oor die moord op die man. Die polisie is op die toneel om ondersoek in te stel. Wat ons in dié stadium weet is dat iets die man na buite gelok het of hy het na sy vee gaan omsien, want sy oond was nog aan en hy was besig om kos te maak. Hy het ook groot honde wat die huis beskerm; ons kon amper nie eens naby die huis kom nie,” het Müller gesê.

“Dit is nie duidelik wanneer hy vermoor is nie. ʼn Verbyganger het omstreeks 15:30 op sy liggaam afgekom en hulp ontbied. Die man het erge beserings regoor sy lyf asook kopwonde opgedoen.”

Müller het gesê die slagoffer is vermoedelik Donderdag tussen 18:00 en 20:00 buite sy huis aangeval.

“Sover vasgestel kan word, is niks uit sy huis gesteel nie. Die slagoffer het ook ʼn selfoon by hom gehad wat in sy sak gevind is.”

Dit is nie dadelik bekend hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was nie.

Die polisie het ʼn moordondersoek van stapel gestuur.

Die naam van die oorledene is aan Maroela Media bekend, maar word weerhou totdat al sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Fritz ·

Die hoeveelste plaasmoord in 2017????? Hulle roei ons vinniger uit as die renosters. En weereens n bejaarde. Lafhartige oppotunistiese gemors. Net mooi gatvol vir die plaasmoorde. Drastiese aksie moet geneem word..

jou Ma ·

Wie is die “hulle” na wie jy verwys? En wie is “ons”

Alida ·

Die honde het 10/1 die moordenaar geken. Asb SAPD vang die vieslike ding.

lulu ·

Grote genugtig wat gaan ons maak my volk God ASB beskerm ons ons kan dit nie sonder U doen nie Amen

Annie ·

Daar word niks aan dit gedoen nie.Zuma steek hulle op.ons moet ook begin saam staan.laat hier maar oorlig wees tussen nasies

Stefaans ·

Dis maar die biedjie aanvalle wat mens van hoor. Niks daarvan op radio of tv nuus nie. Maar ou matie moet net nie die daai betreder aanrand op jou grond nie, dan haal dit tot e-nuus

Bekommerd ·

Dit is baie hartseer en terselfte tyd kook die woede in my. Die probleem met ons is dat ons nog te veel het om te verloor daarom sal ons net kla en geraas maak en nie oorgaan tot aksie. Elkeen van ons ag ons self beter as die buurman. Ek boer ook en ja as beeste gesteel word is almal daar as daar vuur is help ons almal maar die dag as daar n hof saak is dan is daar niemand want almal besig met hulle dinge,ek inkluis. Die dag wat ons niks het en almal gelyk is dan sal hulle die Afrikaner ervaar en voel.

Stefaans ·

Ek stem 100% saam. Ek is nie bereid om alles te verloor deur oor te gaan op aksie nie. Tog lê mens in die aande en dink wat jy sal doen.

al ·

Ek stem. Ek glo daar is n klein persentasie vd massas wat volhoubare data kan bekostig deur aktief te bly op sosiale media. Dus sal hierdie aanhitsing tot moord en aanvalle heel moontlik in geslote vergaderings en byeenkomste bespreek word.

Manie ·

Maak soos Donald Trump vanaand gesê het. Hou op praat en begin iets doen

Bolla ·

Elke dag lees ek van nog n moord, nog gruwel dade. Wat gaan van ONS word???

lokasievark ·

Dit is hartseer om die minste daarvan te se, ou mense het seer soos dit is waarom nog die wrede aanval? Mense iewers moet ons werklik nou net iets begin saamdoen want binnekort is dit ons wat daar in die veld le!! Wonder wat het geword van ons eens bekend as van die beste weermagte ter wereld eens bekend as tweede beste na Scotland Yard met ons speurders almal is nou in die privaatsektor, kan ons tog nie maar breinkrag saamsmelt en iets doen aan die blxms wat ons oumense so vermoor nie???

sue ·

Almal sê altyd hou op praat en begin iets doen. My vraag is nou wat kan ń handjievol individue nou eintlik doen. Los trek en skiet? Julle sien self wat gebeur as mens net slaan. Optogte? Nog niks het daaruit voortgekom nie. So wat moet ons doen?

Chris ·

Die arme mens! Dink net wat hy moes deurmaak in daardie 800m van sy huis af. Waar gaan alles eindig met hierdie sinnelose moorde?

Netekke ·

Die groot probleem dink ek, ons nasie weet nie meer wat dit beteken om saam te staan soos een mens nie. Want almal is te besig met hul eie lewe en wil nie betrokke raak nie. Dis maar my opinie.

What a joke! ·

Daars niks wat jul kan doen nie Suid Afrika is op die punt om soos die res van afrika te verval tot wanhoop…verkoop en trek as jy kan en laat hulle vrot van swaarkry!!!!

Wapen ·

Vir die laaste 32 jaar loop ek soos bang Jan pal met my vuurwapen. Ek het net eenkeer in 2000 die wapen nodig gekry. Dog dit was/is die moeite werd. Daardie 9 mm word so deel van jou dat jy dit nie eers agterkom nie. Moenie slap raak in jou paraatheid nie, nie eers vir ‘n sekonde nie. Veral in die nag waar die natuurlike kamoefleerdrag saamsmelt met die omgewing.

nic ·

Hoop Steve gaan na trump om helse sanksies teen zuma en sy trawante in Te stel .is zuma Te banggat om n referendum te hou om die doodstraf terug te bring ons nou mooi gatvol vir die moorde op blankes

Odette Gonsalves ·

Ons as Haakdoornboom Gemeenskap is geruk deur Oom D se Moord. Raak ontslae van al hierdie buitelanders neste en onwettige shebeens al word hul oor en oor gedeporteur. Haakdoornboom val onder Pretoria Noord Distrik Saps ook.

Elmarie ·

Janee dis vreeslik hartseer en so onnodig om ou Den so dood te maak hoop regtig hulle word gevang en goed gestraf!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.