Bejaarde paar in huis aangerand

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Bejaarde paar is Maandag in hul huis in Kemptonpark aangeval.

Kapt. Lesibana Molokomme, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê patrollievoertuie van die polisie het verby die huis is Okkerneutlaan in Edleen gery toe hulle noodvoertuie buite die huis sien staan het.

Die voorval het omstreeks 17:00 plaasgevind.

“Toe die polisie die huis binnegaan het hulle die bejaarde paar aangetref. Hulle was erg aangerand,” het Molokomme gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het erge kopbeserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Sy is op die toneel van noodbehandeling voorsien. “Die man is ondersoek en daar is vasgestel dat hy matige beserings opgedoen het tydens die aanval,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is die vrou 81 en die man 87. Molokomme het egter gesê die man is 85.

Albei is volgens Meiring na die Arwyp-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

“Dit is in dié stadium onduidelik hoeveel aanvallers daar was. ʼn Saak van poging tot moord word voorlopig ondersoek. Wanneer ons onderhoude kan voer en kan vasstel watter items gesteel is en of daar wel iets gesteel is sal ons ʼn klag van huisroof ook byvoeg,” het Molokomme gesê.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die polisie by 011 391 1814/5 of 08600 1011 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jan ·

Vra die premier van Coligny om sy kommentaar. In wie se hande is hierdie ou weerlose mense aangerand en vir dood agtergelaat?

al ·

Jip! Die Noordwes Premier is besonders stil – ek dog hy sou ALLE geweld veroordeel??

Elsa ·

nou wanneer word die misdaad stop
gesit, hoeveel moet nog deurloop? ons artesteer bose planne ten ons mense in Jesus se Naam…ons stuur nou perdebye onder hulle in
veiligheids minister kom tot aksie..soos in nou…..anders….

sies ·

Hulle teiken die swakkes en hulpeloses. Kan mens nie net in vrede aftreë nie??

Magda ·

Stem met jou 100% saam – wat uitgedeel word kan ook ontvang word.

Jean ·

FAMILIE EN VRIENDE —– GAAN STRATE TOE MENSE, GAAN BRAND ONSKULDIGE MENSE SE HUISE AF – dit is mos geoorloof in SA. Die polisie staan en kyk en die joernaliste neem fotos .. GO FOR IT!

Genieve ·

Ai die arme mense kan niks vir hulle self doeni..so magteloos.

Landau ·

Die arme bejaardes van hierdie land. Dis maar al wat ek kan sê.

Siska ·

Ek stem 100% saam met Jean. As hul kan uitdeel kan hul die selfde ontvang ook.

John ·

?.. het daar verbygery… eh? Oppad kafee toe vir ‘n coke?

Ada ·

Wanner doen Gerrie Nel iets? Waarom is hy so stil?
Kan hy nie die premier en vir Zuma aankla nie? Iets moet begin gebeur.

Cherokee ·

Waarom lê jý nie ‘n klag teen die premies en zuma? Waarom moet ànder dit altyd doen?

Marianne ·

Swakkelinge, sadiste en laffaards val ou mense aan.
Dis so onsettend hardseer en wreed.
DIE GOED MOET DIE DOOD STRAF KRY…..

Lynette ·

Verstaan berig glad nie. Toe SAP verby ry het hulle noodvoertuie buite sien staan. Dis waarom hulle toe binnetoe gegaan het en toe die aangerande mense aangetref het. Wat het die noodvoertuie daar gemaak en hoekom het hulle nie die mense aangetref ipv die SAP? Wie se noodvoertuie was dit?

Hanna ·

Kom ek raai: hierdie was net n “gewone” misdaad aangesien die slagoffers wit was?! Sterkte aan die oom en tannie.

Alberta ·

Dit is so so hartseer dat ou mense so vermoor en aangerand word. Wat word van ons mooie land so so erg om te dink hierdie barbare het geen skaamte nie sies Liewe Jesus gaan hulle swaar straf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.