Bejaarde PE-egpaar dood gevind

Polisiebeamptes op die toneel waar ʼn bejaarde egpaar se liggame in hul huis aangetref is. Foto: Met vergunning van AlgoaFM Nuus

ʼn Bejaarde egpaar is Maandagoggend dood in hul huis in Summerstrand in Port Elizabeth aangetref nadat hulle vermoedelik met ʼn byl vermoor is.

Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn nutsman het net na 07:00 by die huis opgedaag, maar daar was geen antwoord toe hy klop nie. Die man het die egpaar se dogter gebel, wat saam met haar man by die huis opgedaag het. Toe hulle ook geen antwoord kon kry nie, is die polisie ontbied.

“Die polisie moes ʼn deur oopskop om toegang tot die huis te kry en het die egpaar se liggame op die vloer aangetref. Hulle was met kabelbinders vasgebind en het albei kopwonde gehad. ʼn Byl is ʼn ent weg van die liggame af gevind,” het Labans gesê. Hy het gesê die egpaar was albei in hul 70’s.

“Die huis was heeltemal omgekeer, maar ons kan nog nie bevestig of enigiets gesteel is nie.” Hy het gesê die egpaar is Saterdag die laaste keer lewend gesien.

Volgens Labans is die erf in twee dele gedeel en het die egpaar op een gedeelte gewoon en ʼn paar studente op die ander gedeelte. Die egpaar se tuinier het ook op die perseel gewoon. “Die tuinier was met die polisie se aankoms op die toneel nie daar nie, maar sy televisie in sy woonkwartiere was nog aan. Die polisie is op soek na hom om meer inligting oor die saak te bekom.

Labans het beklemtoon geen verdagtes is nog amptelik geïdentifiseer nie. ʼn Dubbelmoordsaak en saak van huisroof word ondersoek.

Die egpaar se name word weerhou totdat al hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Drie mense wat gesoek word in verband met ʼn rooftog van ʼn egpaar in Summerstrand. Foto: SAPD

Die moord kom nadat nog ʼn egpaar Woensdag buite hul huis in Summerstrand deur gewapende rowers beroof is. Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê ʼn 47-jarige man, wat in ʼn rolstoel is, en sy 46-jarige vrou het omstreeks 17:15 by hul huis, wat op ʼn skool se gronde geleë is, aangekom toe die rooftog plaasgevind het.

“Toe die man die huis se deur oopsluit, het drie verdagtes, twee vroue en ʼn man, hom van agter gegryp. ʼn Vuurwapen is op die man gerig en die verdagtes het sy sak met sy beursie, selfoon, kontant en sleutels in geroof. Hulle het daarna op die vlug geslaan.”

ʼn Saak van roof word ondersoek. Enigiemand met meer inligting oor dié voorval word versoek om sers. Constance Brooks by 041 504 5222 of 082 442 1354 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

kat ·

Dit is totaal onaanvaarbaar. Die mense is nie paraat genoeg nie – hulle moet NIEMAND vertrou nie.Jammer om te hoor en wens die familie en vriende sterkte toe.

Rene ·

Nee heng hoe paraat moet mens nog lewe. Jy bly in ‘n tronk, jy gaan net buite jou hek dan word jy aan geval, jy kan nie eers meer winkels toe gaan op petrol in gooi nie. Ek se nie ek het nie simpatie met pare of mense wat dood gemaak word nie maar ou mense regtig waar, watse tipe mens vat dit om so iets te doen aan iemand wat so oud is en homself nie kan verdedig nie

Adri ·

Ai, dit is ‘n wrede manier om te sterf! Kabelstroppe was nooit bedoel om mense mee vas te bind nie! En die ander egpaar wat beroof is: miskien is dit omdat die skool te veel “gronde” het. As daar net een skoolterrein was, kon daar dalk beter toesig gehou word.

VYE ·

Nog ‘n WREDE moord op ‘n wit egpaar en almal probeer die RASSEKWESSIE wegredeneer deur te se daar is moorde op ALMAL, ja ek glo so maar skielik het die moorde JUIS op blankes toegeneem en tweedens WIE IS DIE MOORDENAARS in 99% van die gevalle?

Denise ·

Ek stem 100% saam met jou en hoe moeilik kan dit wees almal moet net saam werk !!!!!

Niks ·

So neem die moorde op blankes toe en daar is geen gevolge nie. Die moordenaars en moordenaars-in-wording neem dit beslis waar en gaan verseker die knyptang harder begin aandraai..

Gideon ·

Eers was daar een of twee plaasmoorde…..toe begin dit in volle swang tot byna daagliks…..toe neem die wreedheid in hierdie moorde n ander wending…..marteling……

Nou word bejaardes in dorpe geteiken…..en vermoor……kapings en die bestuurder word vermoor

As dit nie lyk soos n slim plan om blankes uit te roei nie dan weet ek nie…..

Nes destyds, op die ou Suidwes grens.

Aangesien dit onder moord en huisbraak tel…..kom niemand niks agter nie…..

Nee wat iewers is daar iemand wat toutjies trek…..nie noodwendig die regering nie…..iets is aan die broei…..iemand wil n burger oorlog ontketen.

Ek besef daar is moorde ens oor alle kleurgrense maar hierdie staan darem net te veel uit.

Johan. H. ·

Is enige iemand nou nog in die donker oor moord???
Word Wakker wittes!!! Jaag weg en moet nie enige iemand vertrou nie..

James ·

Vir die gene in hierdie wonderlike land van ons wat nogsteeds met n blinde oog die land probeer pragtig hou leef in n droom wêreld. Ja mens moet eerder die goed probeer raaksien as die sleg maar in n stadige oorlog land kan dit net so ver. As een groep mense opstaan vir plaas moorde, n ander vir geweld teen vrouens en kinders en n ander teen geweld in inforele vestings m.a.w. elke ras van die land mars saam dan sal dit die goverment dwing om minder geld beskikbaar te hê vir korrupsie en meer te gebruik vir die bekamping van terrorisme…….

Gesiggie ·

Elke dag… oor en oor… weer en weer?? nog iemand vermoor”’ dit maak n mens so Depro, gaan daar nie vir een dag n berig wees wat n mens n bietjie kan laat lag of beter laat voel. Wanneer gaan die Moorde eindig? , maybe eendag wanneer daar n besluit geneem sal word om die DOODSTRAF terug te bring. Mense wat moor, word nie hard genoeg gestraf vir hul dade… My innige meegevoel aan die Familie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.