Bejaarde Potch-egpaar se seun: ‘Hulle moet trauma nog verwerk’

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Cyril Cooks, die seun van die bejaarde Potchefstroomse egpaar wat Donderdag op hul kleinhoewe by dié dorp in Noordwes aangeval en gemartel is, sê sy ma is vroeër vandag uit die hospitaal ontslaan terwyl sy pa weens sy swak toestand in die hospitaal herstel.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar, Victor (75) en Gwen (74) Cooks, is Donderdagoggend kaal uitgetrek, aangerand en met kookwater en warm olie gebrand tydens die aanval op hul kleinhoewe net buite Potchefstroom.

Cooks het gesê in dié stadium is dit nog net bekend dat die rowers twee selfone, ʼn rewolwer, ʼn diamant- en pêrelring en ongeveer R300 kontant tydens die voorval gesteel het.

Hy sê sy pa gaan soggens vroeg uit die huis om om te sien na die mak tarentale wat hulle op die kleinhoewe aanhou. Die egpaar is waarskynlik ʼn geruime tyd lank dopgehou omdat die aanvallers hulle gewoontes en roetine geken het.

“Hy het die oggend omstreeks 07:30 uit die huis uit gegaan om na die tarentale om te sien. Hy was skaars 15 m van die hek af, toe een van die mans hom oorval. Ons vermoed in dié stadium hy was bewusteloos gewees. ʼn Ander man het by die huis ingehardloop en my ma in die kombuis oorval. Een van die mans het toe my pa by die huis ingesleep en hulle begin martel.”

Volgens Cooks het die aanvallers sy ouers ure lank gemartel en aangedring op kontant. Hy sê daar was egter geen kontant in die huis buiten ʼn paar honderd rand in sy pa se beursie nie.

“Hulle het water gekook, olie op die stoof warm gemaak en my pa daarmee gebrand. Hulle het onder meer die olie op sy gesig en rug uitgegiet, en dit het diep blase gebrand. Daar is ook erge brandwonde aan die kant van sy been. Hulle het verder ook plastiek gesmelt en dit oor my ma se borste en maag gedrup sodat dit haar kon stukkend brand. Dit was ongelooflik wreed, en dis net ondenkbaar dat ʼn mens ʼn ander mens so kan martel,” sê hy.

Cooks sê sy ma is intussen uit die hospitaal ontslaan aangesien haar wonde nie lewensgevaarlik is nie. Sy pa is oorgeplaas na die Mediclinic in Vereeniging.

“Die dokters meen dat hulle vinnig sal herstel. Hulle is wel ietwat bekommerd oor my pa se brandwonde, en gaan hom nog tot minstens Maandag of Dinsdag [21 en 22 Augustus] in die hospitaal moet hou vir waarneming. Die mediese span sal eers volgende week ʼn besluit oor die toekoms kan neem. Die skok is egter nog nie verby nie; hulle moet nog die trauma verwerk.

“My pa het vroeër in die hospitaal gevra vir ʼn koppie tee, en toe voorgestel dat ons in die kombuis gaan sit. Ek het gekeer en gesê ons is in die hospitaal en kan nie in die kombuis gaan sit nie, waarna hy in die sitkamer wou gaan sit. Dit moet nog werklikheid word sodat hulle dit kan verwerk.”

Volgens hom is dit die eerste keer dat só ʼn voorval op sy ouers se kleinhoewe plaasvind. “Hulle het vantevore een keer op die plot ingebreek, maar my ouers was met vakansie. Dit is die eerste keer wat hulle nou in die huis ingekom en my ouers aangehou en gemartel het. Dit is ongelooflik erg, ʼn mens besef nie die skade nie.”

Cooks sê sy ouers is nog deurmekaar en verward, maar die gesin sal binnekort besluit oor die pad vorentoe, en of die egpaar weer sal terugkeer huis toe.

Kapt. Mvula Chaka, woordvoerder van die polisie, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Chaka sê die saak word tans deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Tiger ·

Dis sulke onmenslike behandeling wat net eendag ‘n kruitvat gaan laat ontplof in die land en dan moet die anc regering pa staan vir die gevolge.Alle sterkte vir die oom en tannie.Mag jul herstel volkome en spoedig wees.

Carin Botha ·

Natuurlik sal niemand in hegtenis geneem word nie. Mens kan nie meer die polisie vertrou. Hulle ondersoek kastig ALTYD die plaas aanvalle maar daar is geen resultate, wat beteken hulle sê dit maar net want hulle moet iets sê. Ek bid vir die tannie en oom, onthou die Here slaap nie, eendag sal daai gevoellose mense moet antwoord voor Hom. Dan sal geregtigheid geskied.

Yolandé ·

My hart breek vir d oom en tannie. Ek het nie woorde nie…..

SNEL ·

Ek stem Yolanda, as so iets met iemand se ouers gebeur voel dit of dit my ouers kon wees, en my hart is stukkend vir hulle. Wat daai arme oom en tannie nie moes deurmaak nie, die vernedering en pyn, dis vreeslik. Baie sterkte vir die kinders ook, hoop julle ouers herstel van die vreeslike ding.

As net ·

As al die wrede, onmenslike mense almal kan verdamp na ‘n eiland toe om mekaar uit te roei en te martel sodat die res van ons Suid-Afrikaners kan aangaan om hierdie land weer op te bou tot sy volle potensiaal

Anri Bester ·

Die Mars-program kort nog mense. Ek is seker hier is genoeg martelaars, verkragters en moordenaars om die projek vol te maak. Dan is hulle sommer van die planeet af en nie net uit die samelewing uit nie.

Johan ·

Baie hartseer. Ongelukkig skitter Afri-forum in hulle afwesigheid in die geval.

w ·

Swak ANC regering moet pa staan vi al die misdaad want die wette beskerm di krimineel

Hanna ·

R50 000 beloning gister vir taxi verkragter uitgeloof, maar hierdie uiters wrede aanval geniet weinig media dekking en/of polisie betrokkenheid. Komaan, Afriforum help n bietjie daar.

Hanna ·

Ai Johan Agri Forum doen hul bes om oral te help. Hul kan ook net soveel doen.

Drikus ·

Die voorval gryp my so aan dat ek nie vannag kan slaap nie. Dit was een te veel.

Vry hand ·

Kyk wk was ook erg geskok as n potch inwoner..en op plotte..dis om die draai van ons..ons het darem 2 rigting radios in..en alarms..maar jy slaap nogsteeds nie. .jou oè en ore is oop saam die alarm..spoedige herstel word oom cooks toegewens en ons bid saam julle

Bets ·

Nou vra ek. Ek stem ni met alles saam ni. Maar di twee wat nou weens di sogenamde doodskis in di nuus is, di spur voorval en so kan ons aangaan dit verdien hoogs prioriteit oral in di nuus ag en di buiteland moet tog net sien hoe swaar kry hulle. Dan lees jy van di storie en dit is NIKS. Wat gaan aan mense word alles dan so raak gesien en dis maar OK want dit is hoe dit gaan. Nee dit is n ma en pa, kinders wat seer kry en verneder word in die proses. N familie wat omgee en Lief is vir mekaar. Hoe gaan n mens aan na so iets. Sterkte aan julle almal ek is so jammer dat dit moes gebeur. Ek gaan op my kniee en bid vir krag en verwerking van hierdie aan geleen the I’d vir julle as gesin. Ek weet di woord se vergewe 70 x 70, maar eerlik ek dink nie ek sou dit kin doen nie. Jammer tannie en Oom dat julle in hulle hande moes geval het. Dit is om van te huil en nie op te hou ni. Geen woord kan di wreedheid in di hoogtste graag beskryf ni. Sterkte.

Linda ·

Bets, inteendeel, mense in die buiteland sien goed wat nie in ons koerante en media gepubliseer mag word nie. Hulle vertel ons soms van goed wat ons nie eens van weet nie.

Johan ·

@ Hanna, wat baie hartseer is dat daar geen woord deur Afriforum oor die plaas aanval gerep is nie. Nerens lees n mens dat n verteenwoordiger van hulle die ou mense besoek het nie. Maar al wat n mens nou lees is van hullle met die mugabe-sage.

Frik ·

MM hoekom nie fotos van die oom en tannie nie. Hoekom wys julle ook nie hoe hul lyk na hul gemartel en gebrand is nie. Julle het hoeveel fotos van die KFC mans gewys met elkeen van jul berigte. Hoekom nou die geval anders hanteer. Laat ons sien wat die aanranders gedoen het en of dit erger is as die kfc geval

Fj ·

Ek hoop dat julle wat so te kere gaan oor Afriforum n maandelikse bydrae lewer. Afriforum en Solidariteit doen ongelooflik baie vir die gemeenskap. Die regering van die dag moet n slag hulle werk doen. Dankie vir die handjie vol wat wel iets beteken. Sterkte vir die familie.

Jot ·

Vir jou inligting gee ek n bydrae. Maar heel duidik is Afriforum se prioriteite elders.

Ron79 ·

“Kapt. Mvula Chaka, woordvoerder van die polisie, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Chaka sê die saak word tans deur die polisie ondersoek.”

My enigste gedagte op die woorde is: “Whatever….!!!!!”

Plaasaanvalle is nie prioriteit vir die mense in beheer van misdaad nie.
En julle wat so aangaan oor Afriforum, gaan doen bietjie julle huiswerk en gaan vind uit aan “wie” julle maandelikse bydraes gegee word…

Niemand is so blind soos hy wat nie WIL sien nie!

Baie sterkte aan die oom en tannie. Sal julle in ons gebede hou x

Johan ·

Afriforum se mandaat is nie by die boere nie. Hulle mors ons held op ander onbenullighede. Maar wanneer daar nie meer boere is nie en die winkel rakke staan leeg. Dan wil julle almal immigreer omdat julle lamsakkig is om Agriforum tot orde te roep.

Thea ·

Sterkte vir die oom en tannie dis n ongelooflike traumatiese ervaring! Mag God julle beskerm en dra en volkome herstel. Sterkte aan die familie wat nou die oumensies moet onstersteun en bystaan. Julle is in my gebede xxx

Cas Swanepoel ·

Ag nee mense, wat kerm julle so oor AfriForum!! Hul is nie n Polisiemag of ondersoek eenheid nie. Ja, hul het n Gerrie Nel en Glennys Bteytenbach, maar daardie eenheid gaan julle nie beskerm nie. Stig jul eie Beskermingseenheid en hou op kerm! Eers was alles wat verkeerd gaan die arme Broederbond se skuld en nou is dit weer AfriForum!! Kom sterk jul wat so kerm dan AfriForum se hande deur aan te sluit en betrokke te raak. Hul kort nog nuwe lede. Jul behoort ook n plaaslike Burgerlike organisasie te he wat hierdie soort aangeleenthede hanteer. Plaaswag, Buurtwag ens. Sterkte vir die oom en tannie.

Uwe Kroh ·

Hierdie soort van aanvalle en marteling sal aangaan totdat ons opstaan en sê genoeg is genoeg. Dit help nie ons praat en moan op sosiale media ,maar eintlik doen ons niks. Elke dorp kan iets reël en dan op selle datum aksie neem.
“Eendrag maak mag”. Kom ons kan dit doen.

jeannine ·

is dit nou die mooi suid Afrika wat hulle beweer in die media in Europa ek is helemaal onderste bo van wat ek lees baie serkte vir die arme tannie en oom mense word wakker by julle en laat al die berigte deurstroom na Europa dan sien hulle hier wat daar aan gaan ons gaan nie meer kuier in SA ondanks ons het daar vriende woon ek kry hoender vleis as ek dit lees met die mooi regering daar baie moed gewens

Nel ·

@ Linda hierbo: In Engels word dit “omission” genoem – m.a.w. nuusgebeure wat ons almal raak word eenvoudig doodgeswyg, want dit kan ernstige skade berokken aan die vyand se agenda. En wat hierdie agenda is weet ons mos teen die tyd al – die totale uitwissing van die blanke Afrikaner!!

Nel ·

@ Linda hierbo: Ek het jou probeer antwoord maar blykbaar trap ek iewers op ‘n baie seer liddoring…

karen ·

Dis so ongelooflik wreed Wat my verstom is 74 en 75 ALLEEN op plot maak nie saak of hulle dopgehou is feit is hulle was alleen !!! ek wil nie eens dink aan die angs en verlatenheid van die ou mense. Did wreed !! Ag nee Hannah – Afriforum dien waar dit vir die noembare persoon “eer is om te dien” ! dit was so belaglik – Statistieke en Nuus konferensies ! en Jeannine bly net daar waar jy is Verseker is jy en jou gesin baie veiliger waar jy nou is.

Jay ·

Suid afrikaners gaan moet begin saam staan en nog ‘n oplossing op ‘n manier moet ons mense begin wêreld aandag kry. Ek woon oorsee en niemand hier het ‘n idee wat werklik in Suid Afrika aangaan nie. Al wat hier genoem word is Apartheid. Ons moet ‘n gevolg bymekaar kry en ander lande wys hoe word ons mense gemartel ens en sodoende sal iets begin gebeur. Nes destyds guderende Apartheid toe die wêreld ons regering begin druk vir verandering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.