Bejaarde Potch-egpaar: Victor sterf weke later in hospitaal

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Victor Cooks (75), die man wat saam met sy vrou Gwen (74) op hul kleinhoewe in Potchefstroom aangeval en gemartel is, het vanoggend gesterf.

Cyril Cooks, hul seun, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

“Die susters het ons vanoggend 06:20 gebel en gesê dit lyk nie goed nie, en voor ons daar kon kom – 06:30 – was alles verby. Ons is baie dankbaar dat hy rustig gegaan het; hulle sê hy was baie rustig,” het Cooks gesê.

Volgens Cooks het hulle Victor baie onlangs na die Trimed Frailcare in Drie Riviere geskuif uit die Mediclinic in Vereeniging.

“Ons dink maar sy organe het net ingegee;, hy het baie breinskade opgedoen. My ma het haarself dink ek vir so twee of drie dae al voorberei maar ek dink die skok het nog nie ingesink nie,” het Cyril vertel.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is 17 Augustus kaal uitgetrek, aangerand en met kookwater en warm olie gebrand tydens die aanval op hul kleinhoewe net buite Potchefstroom.

Die rowers twee selfone, ʼn rewolwer, ʼn diamant- en pêrelring en ongeveer R300 kontant tydens die voorval gesteel.

Hy het gesê sy pa gaan soggens vroeg uit die huis om om te sien na die mak tarentale wat hulle op die kleinhoewe aanhou. Die egpaar is waarskynlik ʼn geruime tyd lank dopgehou omdat die aanvallers hulle gewoontes en roetine geken het.

“Hy het die oggend omstreeks 07:30 uit die huis uit gegaan om na die tarentale om te sien. Hy was skaars 15 m van die hek af, toe een van die mans hom oorval. Ons vermoed in dié stadium hy was bewusteloos gewees. ʼn Ander man het by die huis ingehardloop en my ma in die kombuis oorval. Een van die mans het toe my pa by die huis ingesleep en hulle begin martel.”

Volgens Cooks het die aanvallers sy ouers ure lank gemartel en aangedring op kontant. Hy het gesê daar was egter geen kontant in die huis buiten ʼn paar honderd rand in sy pa se beursie nie.

“Hulle het water gekook, olie op die stoof warm gemaak en my pa daarmee gebrand. Hulle het onder meer die olie op sy gesig en rug uitgegiet, en dit het diep blase gebrand. Daar is ook erge brandwonde aan die kant van sy been. Hulle het verder ook plastiek gesmelt en dit oor my ma se borste en maag gedrup sodat dit haar kon stukkend brand. Dit was ongelooflik wreed, en dis net ondenkbaar dat ʼn mens ʼn ander mens so kan martel,” het Cooks vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Johann Marx ·

Jip…en steeds doen ons NIKS aan die situasie nie….

Johann Marx ·

Hoe lekker bang praat Irene nie nou die “krims” nie……Sê hulle Irene!!

Anoniem ·

Johann, jou sarkasme is in swak smaak gegewe die omstandighede. Ons weet daar is geen waarborg dat die aanvallers gevang en regverdiglik gestraf sal word nie. Die één troos wat die geliefdes van hierdie oom het, is dat hy nou by die Here is waar daar nie meer seer en trane is nie, en dat die aanvallers eendag voor die Almagtige sal moet rekenskap gee van hul bose dade.

Drikus ·

Ja, almal wat so seker gemaak get dat die KFC-manne en die doodskis-twee vervolg en aangehou word, ons wag: Wanneer gaan julle stem opgaan vir die moord aanklag teen die walglike aanranders van die twee onskuldige ou mense?

Stem vir geregtigheid ·

Ek stem asseblief die wat kan maak ‘n bohaai en gaan se ook die moordenaars mag nie vrygelaat word nie. Ek neem glad nie ons mense kwalik wat die reg in hul eie hande neem soos die doodskis nie. Hy is nie eens met kookolie gebrand met gesmelte plastiek gebrand of dood nie maar nou kry hy ROYAL TREATMENT. Arme diewe, moordenaars, geweldenaars, barbaarse dade, kry selfs TV dekking en almal se aandag en ons mense wat so wreed vermoor en gemartel word hoor of sien niemand op die nuus nie. Daar word nie ‘n bohaai opgeskop as hulle moordenaars in die hof verskyn nie, ja want hul is uit op borgtog, Loop vry rond en hul familie kry huise en geld, ons belastingbetalers se geld. Shame!!!

Johann Marx ·

Hehehe Drikus…..”ons wag” sê jy? Wanneer gaan jy ophou wag, en die situasie aanvat en stopsit? Maar dis lekkerder en makliker om hier te verduidelik hoe “ons wag”, né?

Lynett ·

Toemaar julle, die wiel draai – stadig, maar seker. 10 dood oor die naweek in ‘n tromp-op botsing tussen ‘n Avanza (taxi) en bakkie. God laat hom nie stilmaak nie en God beskerm sy volk. Elke keer as ‘n boer sterf tydens of na ‘n plaasaanval, word daar so ‘n tien-paar of wat deur taxi-ongelukke uitgeskakel.

Hoewel dit hartseer is dat die ou oom só moes ly en sterf, is dit beter so. Sy laaste paar dae op aarde moes louter hel gewees het. Ek hoop die klag van ‘huisroof’ word nou verander na moord. Of hoop ek vir wors in ‘n hondehok???

Sterkte aan die tannie – in haar herstelproses, en ook aan die kinders – in aanvaarding dat jul Vader se lyding nou oor is en dat Jesus nou sy brandwonde gesond sal maak.

Charmaine Coetzee ·

Baie sterkte aan die tannie en hul familie en kinders dit is vit my so wreed wat hulle aan oumense en plaas mense doen dit is brutal barbaars mense met geen brein of gewete nie !!!! Ons dien n regverdige GOD verseker sal elke knie buig

Vir oom Victor ·

Jou hande het die grond bewerk
In jou jongdag was jy fiks en sterk
Maar die tyd het tog sy gang gegaan
En ouderdom sy slag geslaan
Op jou oudag het hul jou kom haal
Uitgetrek – gemartel… Kaal
n Brose oom, swak van vlees, en tog, die sterkste van Gees. Want Oom het hul vergeef, sodat ons, die kinders, vry van haat kan leef.

Rus in vrede oom

Therese van Schalkwyk ·

Haan, pragtige woorde, neem aan jy het dit geskryf.

Hierdie tipe geweld, moord en doodslag teen ons mense in die ‘nuwe’ Suid-Afrika laat ‘n mens sprakeloos. Dit voel by tye amper onwerklik dat dít is wat regtig weekliks gebeur en dis asof dit nou as die nuwe normaal aanvaar word. Meestal is mense met wie gepraat word nie eers bewus daarvan nie?
Verstommend.

PJ ·

En nog steeds is daar mense in hierdie mooi land van ons wat nie die realiteit wil aanvaar van waarmmee ons te doen het nie en in watter posisie ons onsself bevind nie. Dit noem ons liberalisme of dalk net onnoselheid.

Johann Marx ·

Amper Lourens, amper…..maar nie heeltemal nie. “Vang” gaan nie gebeur nie, want die “vangers” is die “krims” se boeties. Gaan lees wat “GENOEG” sê……Hy is reg. Een van ons, veertien van julle. Nog een van ons, NOG veertien van julle. Binne ses maande is hierdie gedrag op ‘n einde…

Chrisjan ·

Ek hoop regtig nie hy het hulle vergewe nie. Dit sal beteken hy herstel hulle tot hul vorige posisie, voor hulle die daad gepleeg het, asof dit nooit gebeur het nie. Dan kom hulle skotvry daarvan af sonder enige berou, bekering of restitusie. Daar is voorwaardes aan vergifnis.

Haan ·

Chrisjan om die waarheid te sê ek weet nie of hy hulle vergewe het nie. Ek vra om verskoning as ek namens n oorlede oom gepraat het… Om die waarheid te se, ek weet waragtiwaar nie meer wat om te voel nie. Dus probeer ek maar vasklou aan die laaste greintjie mooi wat ek uit hierdie siek situasie kon kry. Al is dit vals… Want die feit van die saak bly staan dat die oordeel ons nie toekom nie. Ek wil nie soos johann marx en kie my roer gryp en onskuldige mense gaan vermoor nie. Want wat maak dit ons dan beter as hierdie moordenaars?
Maar in dieselfde asem wil ek sê dat elke “able bodied man” (én woman) nou sy gat in rat moet kry en hom/haarself weerbaar moet maak. Want ons wag soos klomp naïewe sotte vir n amptelike oorlog om verklaar te moet word voordat ons sal wakker skrik, terwyl die stille volksmoord al hoe meer van ons goeie en onskuldige mense eis.
Matteus 10:28 GAAN LEES DIT en sord dat jul saak met ons God, die God wat ons voorouers al deur veel erger gelei het, reg is. VOORDAT julle wil inklim en links en regs skiet… Ek preek eintlik bleddiewil vir myself :'(
Groete

Louwboepens ·

Is dit Vic Cooks wat vir baie jare by Buffelsfontien myn in Stilfontein gewerk het?

Colette ·

Die is geweldig hartseer en wreed. Rus in vrede oom Victor. Die breek mens se hart.

Pastoor ·

Sinneloos. Die weerlose oumense is op so n onwaardige wyse aangerand. Een is nou dood. Die geweld3naars spog oor wat hulle vermag het. God sal hulle laat boet vir hulle dade. Die oumense se marteling was vir n paar uur. Hulle gaan vir eeue en eeue gemartel word. Daar sal n geween en n gekners van tanne wees

Johann Marx ·

En hier’s NOG enetjie wat dreig met “God”…..want dis soveel makliker as om verantwoordelikheid te vat vir jou self-gemaakte situasie, en dit te verander….

Anoniem ·

Aitsa Mnr. Marx, “selfgemaakte situasie”? Jy kort ‘n goeie loesing met ‘n sambok!

Sputnik ·

Skrikwekkend dat daar so baie sulke, wrede en gewetenlose karakters tussen ons beweeg!

Johann Marx ·

Sputnik, hoekom is dit nou “skrikwekkend”? Hulle was nog altyd daar….in die ou Suid Afrika onder beheer, en in die nuwe Suid Afrika losgelaat op die gemeenskap.

Louis ·

Breek mens se vetroue in ‘reenboognasie’, tensy jy liberaal is en hierdie nie as die werklikheid wil sien of aanvaar nie. Jammer vir die Oom se familie en vir homself. Bok van Blerk se eie woorde, Donker Afrika, bly donker. Nie vanwee die donker woude nie, maar vanwee die donkerte binne die inheemse inwoners van hierdie kontinent…

Hendrik ·

Nog ‘n trotse oomblik vir Zuptas in samewerking met die nimlike Hell-Snotingger kolonialiste!

REAList ·

Dis tyd om ‘n standaard beloning vir plaasmoordenaars – dead or alive uit te reik.
Ek is seker R100 000 sal die ding doen.
Kan iemand nie ‘n groot maatskappy kry om dit te doen nie asb.
Jannie Mouton gee nou biljoene weg vir “liefdadigheid”.

Johann Marx ·

REAList, so nou wil jy dit in ‘n geldmaak speletjie omsit? Het jy al opgelet wat gebeur as jy mense ‘n “beloning” aanbied vir byvoorbeeld renoster stropers? Die stropery neem net toe. Geen “beloning” behoort aangebied te word vir “inligting” oor “krims” nie……Gaan lees wat sê “GENOEG”….hy is absoluut 100 000% REG!!! Hierdie plaasmoord situasie kan in SES maande heeltemal stopgesit word…..

Johann Marx ·

EN HIER IS DIE ENIGSTE PERSOON WAT VERSTAAN HOE DIT WERK!! Jou 10 moet eintlik 14 wees, maar dis ‘n begin. Nog EEN van ons, NOG 14 van julle…..en hierdie plaasmoorde sal stop binne 6 maande. Daar is iemand daar buite wat WEET wie hierdie aksies beplan, en uitvoer. Dis ‘n bewese militêre opleidings metode om die “groep” te straf vir die oortredings van individue in daardie groep……en die gevolg is dat die groep daardie individue in lyn trek. ‘n Boelie sal aanhou met sy streke as hy toegelaat word, en dit stop sodra hy hard en aanhoudend terug geboelie word. Die individue wat hierdie moorde beplan en uitvoer, doen dit want hulle word toegelaat om dit te doen.

Chevy ·

Genoeg en Johann Markx ek stem volkome saam met julle, ons denkwyse kom ooreen met mekaar.

Theresa ·

God sal jou dood vergeld, oom. Wat ‘n tragiese geval van ondenkbare pyn, lyding en vrees. Onnodig, as die swak regering nie swak regstelsels dryf nie. Swak en strafbaar.
Haatwekkend.
Mag die familie en vriende hierdie moeilike omstandighede verwerk kry.

Paulus Roos ·

Skokkend! Tragies! Twee word aangekla vir moord en allerhande klagtes en dit word onophoudelik oor die radio uitgesaai. Net omdat hulle hulle eiendom wil beskerm. Maar van hierdie barbaarseheid is daar min te sê. Die SAPS en howe van Suid Afrika stink na verrotte eiers. En nou moet jy nog saam met die polisie werk. Ek het meer vertroue in n klomp moordenaars en verkragters as ons staatsdepartemente! Dis nie haatspraak nie! Net die waarheid!

Penellope Jones ·

Nog ‘n persoon wat die kriminele en die wat daar niks aandoen nie, van hul lys afmerk.
Rus in Vrede Oom Victor.

jan ·

Ek dink ook dit is tyd dat dinge moet gebeur in die swart buurte Gaan vir die jonges

Theresa ·

Kan hierdie walglike dade wat daagliks gebeur dalk ‘n uitlokking wees vir ons wat al hoe meer besef hul hou nie op nie?? Waaksaam asb., asb. asb!

Tanya ·

My hart bloei vir hierdie mense. Dat mens so op jou einde moet kom. Rus sag oom. U het geen meer pyn nie.

oumie ·

Johann Marx ek hou van jou somme maak maar waar begin ons en geen selfoon word toegelaat nie dit is nou vir die ouens wat jou somme wil opsom ASB hierdie is so wreed as kan kom so jammer aan family sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.