Bejaarde PTA-egpaar dood in meenthuis gevind

Lees ook:
Seun kom op bejaarde ouers se liggame af

Argieffoto

Argieffoto

Die Pretoria-Wes-polisie is op die toneel by ʼn meenthuiskompleks in Claremont waar ʼn bejaarde egpaar se liggame Dinsdag in hul meenthuis aangetref is.

Kapt. Bonginkosi Msimango, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die hulle omstreeks 10:00 na die toneel ontbied is nadat die egpaar se kind op hul liggame afgekom het.

Msimango sê die oorsaak van hul dood word nog bepaal, en hy sal later meer kommentaar oor die voorval kan lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

charmaine ·

So lees ons van ander tot dit naby jou voordeur gebeur. Hierdie 2 oumense is my Pa se vriendin se suster en man, en hulle is bure tans op vakansie in oos london en moes vanoggend met hierdie slegte nuus wakker word en hulle vakansie kort knip.

Trippie ·

Nogmaals hartseer om te lees – die egpaar is met ‘n stomp voorwerp VERMOOR !

Trippie ·

Die aanslag op ons bejaardes raak al hoe feller. Daar gaan nie een enkele dag verby wat daar nie een of meer vermoor word nie. Dikwels op die mees gruwelikste wyse.

Ek aanvaar die moordenaar(s) – (hulle maak mos jag op bejaardes in troppe) is steeds op vrye voete (pote).

Sterkte aan die familie !

Grassie ·

T…Die aanslag op bejaardes word feller net omdat hulle sagte teikens is. Weens ouderdom kan hulle nie veel teenstand bied nie. Die aanvallers kom in groepe (troppe soos jy tereg sê)
en is boosaardig dapper as hulle die oorhand het, maar papbroekig – lafhartig as hulle teenstand kry. Daarom jag hulle ou mense en dames.
Ek wonder nou – gaan die owerhede nou ‘n beloning van so R100,000 aanbied vir inligting wat lei tot arrestasie van die skuldiges? Gaan die Premier die begrafnis bywoon? Dit word mos SOMS gedoen.
Groete.

Trippie ·

Ons hoop verniet – hulle is Blankes, dus, GEEN beloning vir inligting sal uitgeloof word nie en geen besoek by die naasbestaandes sal gedoen word nie.

Groete, T

Liza Opperman ·

Dit is my jare lange vriendin se tannie en oom. Dit is verskriklik!!! Ek hoop hulle vang die swernote vinnig! Vat net die kar hoekom hulle lewens ook vat????

Louisa Reynecke ·

Geen wonder mense vat die gereg in eie hande nie. Niks word gedoen nie. Dit is my oud onderwyser se skoonsus en swaer wat vermoor is. My hart gaan uit vir die famielie en vriende. Baie sterkte. Ek dra jul almal op aan ons getroue VADER. Amen.

Andries ·

Hulle maak dood om nie uitgeken te word nie, dit het nou n alle daags se ding geword om brutaal vermoor te word. Dit word nie eers op TV nuus gewys nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.