Bejaarde se liggaam in slaapkamer gekry

Die bejaarde man se liggaam is aangetref in sy huis in Manor Gardens, Durban. Skermgreep: Blue Security via YouTube

Die Durbanse polisie ondersoek ʼn moordsaak nadat ʼn bejaarde man se liggaam Dinsdagoggend in sy huis in die voorstad Manor Gardens gevind is.

Andreas Mathios, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Blue Security, het by navraag aan Maroela Media gesê die man van blykbaar 73 jaar oud is vasgebind en met sy mond toegeprop in sy huis aangetref. Daar word vermoed dat sy liggaam dalk twee dae lank in sy huis in Glenturretweg gelê het voor werkers onraad gemerk het.

Die werkers het omstreeks 09:00 vanoggend by sy huis opgedaag, maar hy het nie soos gewoonlik vir hulle kom oopmaak nie. Hulle het Blue Security in kennis gestel, wat ʼn gewapende beampte na die toneel gestuur het.

Nadat hulle toegang verkry het, het hulle die man se liggaam in een van die slaapkamers gekry. Hy was vasgebind, sy mond was toegestop en hy het wonde aan sy liggaam gehad. Mathios sê dit lyk asof hy doodgeslaan is.

“Ek het met ʼn buurvrou gesels en sy het gesê hy was ʼn lekker ou, altyd vriendelik en nogal groot gebou,” sê Mathios. “Dit lyk asof die motief vir die aanval diefstal was en dat die slagoffer moontlik sy aanvallers geken het, want hy het stukwerkers gebruik om met die bouwerk op sy erf te help.”

Mathios vertel terwyl die polisie op die toneel bedrywig was, het die oorledene se seun in ʼn huurmotor daar opgedaag, maar hy wou hom nie identifiseer of met die media praat nie.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het bevestig hulle ondersoek ʼn saak van moord. Sy sê die oorledene is in 1945 gebore, maar kon nog nie sy naam bekendmaak nie omdat al sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andrea ·

Hoe kan die motief diefstal wees as die man vasgebind was en doodgeslaan is. Dan was die motief mos moord.

Liberalis ·

Want ons linkse liberaliste klassifiseer dit so. As die aanvallers blank was was die motief automaties geklassifiseer as rassisties. Welkom in die liberale wereld.

wonder ·

Soms wonder ek wat gaan van ons land word mense? Dis so hartseer, ons gebed gaan uit na almaar wat VERMOOR word, en dis nie net een n dag nie???

Weet jy?? ·

Weet jy, al die laaste moorde word gesien as huisbraak/diefstal. Ek dink hulle begin nou vashak met daai motief. Arme oomie. RIP oomie!! Sterkte aan die familie.

Sputnik ·

Die aanklag is werklik belaglik! Dan kan dit netsowel “betreding” of “luier in die straat” wees!

Jaspaas met sy stil geraas... ·

Hy is duidelik gemartel, soos dit vir my klink…

…en wat ookal die rede…

ons, moet begin hard bid en almal 180 grade draai van ons sondes en Jakobus 5:16 toepas.

en wat sê Matt 28:18-20…

BLOM ·

Die polisie woordvoerder het wel gese hulle ondersoek ‘n aanklag van moord.
So jammer vir die omie.

Alida ·

Ek se mos hulle manipuleer die moord statistieke. Dink mens het nie n IK nie. Dis moord.

Hanna Hoekom ·

Sonder om die ras van die slagoffers of aanvallers bekend te maak, kan mens maar altyd tot die gevolgtrekking kom dat wanneer die terme “huisbraak” of “diefstal” as motief vir n misdaad gebruik word, die slagoffer blank was. Ons almal weet die motief is rassehaat!

Sioux ·

Wil graag weet wat die vermoorde 73jarige oorlede man se etniese herkoms is? Indiër, Chinees, Wit…? Ons reg om te weet…

belinda ·

net een vraag, oorlede se seun kom met huur motor daar aan wil nie met die media praat, hoe het hy geweet van sy pa??????????????

Mthondo ·

Dis nou maar so , kry iemand van die straat of om vir jou te werk en hy vermoor jou ,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.