Bejaarde se liggaam op plaas by Standerton gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

ʼn Bejaarde man se liggaam is Dinsdag op ʼn plaas naby Standerton, Mpumalanga, gevind.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is die polisie na die plaas in Perdekop, in die Gert Sibande-distrik, ontbied waar hulle op Joseph Payne (70) se liggaam afgekom het. Hy het skietwonde opgedoen.

“Payne se hande was met ʼn kabel vasgemaak. ʼn Selfoon en beursie is op die kombuistafel gevind,” sê Mdhluli.

Paramedici het Payne op die toneel dood verklaar en familielede het later sy identiteit bevestig.

Drie rekenaars, vuurwapens en ammunisie – wat moontlik aan Payne behoort het – is op die toneel gekry.

Die polisie moet nog vasstel of die bloedspatsels wat op die toneel gevind is, Payne se bloed of moontlik dié van een van die aanvallers is.

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die verdagte(s) deur die motorhuis se deur toegang tot die huis kon verkry het.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die voorval veroordeel en gesê dat die polisie alles moontlik sal doen om die skuldiges vas te trek.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die polisie se Stop Misdaadnommer bel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

JohanR ·

Is dit nou die derde of vierde aanval in net 10 dae? Wit boere ou Hoed, wit boere!

Danie ·

Daar nou die afgelope 2 weke meer as 10 mense op plase vermoor.Is dit nie wraakaanvalle nie.Dan nog die boere wat vrygespreek is op pampoenkraal.Ons mense moet wakker word en hulself beskerm.

Amelia ·

Ja ons moet maar dan gebeur wat op pampoenkraal gebeur het die our people span saam en lieg en jy sit met allie in tronk vir jare Die wat kan land uit gaan eerder weet meeste is familie plase maar n lewe is belangrikeer

Gert ·

Stem saam George, maar kyk gerus hoe die geskiedenis homself herhaal… Iewers gaan n pot oorkook.

Minnie ·

Die aanvalle is so gereeld. Hoe kan hy dit ignoreer? Of is daar dalk n rede?

Amelia ·

Die polisie sal altyd alles moontlik doen om skuldiges vas te trek maar hoeveel word wel vasgetrek en indien wel vasgetrek word kom uit op borg of kry net n paar jaar nee man lewenslank wat 75 jaar is moet moordenaars opgele word lafaards altyd ou mense

Misky ·

Dit is nou daagliks. En soveel meer wat nie eens die nuus/media haal nie. My hart gaan uit na boere in vandag se tye. Sterkte en julle is in ons gebede.

Marilize ·

Vuurwapens, rekenaars, beursie en foon agtergelos?
Die motief was beslis nie roof nie…

Papsak ·

Ag moedeloos daar word net mooi niks gedoen nie vir boere nie sulke nuus hasl nie eers die tv nie so dit pla hulle niks wys dit op media laat buiteland sien hoe dit in SA gaan en kyk dan of hulle nog belang stel in die land

Minnie ·

Hierdie tipe nuus word weggesteek vir die buiteland. Baie hartseer en kommerwekkend

Samuel ·

Hoe tragies is dit nie. Het ons boere of bejaardes dan nou teikens vir boosdoeners geword wat hoop hulle word nie vasgetrek nie? Sterkte aan sy familie.

Danie ·

Plaasmoorde moet NOU stop.Genoeg is genoeg.Waar is die onbevoede polisie en plaaswagte patrollies.?Al die boere sal vermoor word dan sal daar dalk iemand wakker skrik.

Nettie ·

‘n Mens se hart pyn. En voor die pyn ophou, hoor ons van die volgende aanval. En die volgende. En die volgende. En mens wonder en vra moedeloos en magteloos… hoeveel nog? Hoe lank nog, Here? Want ons weet nie wat om te doen nie. Ons kan net in simpatie die artikels lees, ons meegevoel bely aan die lydende families en ons koppe lig en aangaan. In geloof en hoop dat God iewers gaan intree en sê genoeg is wragtig genoeg. Mag daai dag gou kom.

Sterkte aan die familie. Ons gebede is met julle.

Goldy ·

Al hoe dit gaan stop is as boere deur onafhanklikheidsonderhandelinge grond in klein maar veilige en vooruitstrewende staat kan behou.

Casper ·

Waar is die polisie se 72 uur aksieplan of geld dit nie vir boere nie.

Minnie ·

Hoekom word die plaasaanvalle deur Cele ignoreer?
Dis skokkend. Boere verskaf kos aan ons almal…..die moordenaars ook……

Di ·

Ek glo dat daar IEMAND agter al hierdie plaasaanvalle sit. Het my vermoedens WIE hierdie plaasaanvalle orkestreer, dink almal weet teen die tyd. Begin ondersoek by die een met die groot mond wat dit wyd en syd verkondig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.