Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se liggaam is Saterdagoggend in sy plaashuis gevind. Volgens Otto is die man vermoedelik al twee of drie dae terug vermoor. Hy het alleen gebly.
Otto het gesê hy is vermoedelik aan ʼn kopwond dood. Polisiebeamptes is tans op die toneel. Dit is nog nie duidelik hoe daar toegang tot die huis verkry is, hoeveel aanvallers daar was of wie op die man se liggaam afgekom het nie.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.
Die moord kom net meer as twee weke nadat Jakes van Deventer (35) op ʼn plaas naby Bela-Bela (Warmbad) aangeval en vermoor is. Vier verdagtes het Van Deventer en sy verloofde, Monique de Souza (28), omstreeks 01:00 in hul huis oorval. Lees meer hier.
En die losprys vir inligting wat lei tot die suksesvolle arrestasie en vervolging van die moordenaars, is……………?
Op 64 is ‘n mens beslis nie “bejaard” nie. Was hy in enige ander beroep, sou hy nog gewerk het. Die opskrif sou beter gelyk het as dit die oorledene as “middeljarig” beskryf het. Die moord bly ewe erg. My innigste simpatie aan die familie en vriende. Dit moet vreeslik wees om so te gaan.
my hart is stukkend oor die moord in hierdie land